Menu terloops

Stella Murders

Op Showmax [Gepubliseer op 17 Mar 2023]


‘Stella Murders’ is ’n nuwe Showmax-misdaaddokumentêr wat die moorde van hoërskoolleerders Sharnelle Hough en Marna Engelbrecht ondersoek.

Kyk nou

Stella Murders
Kyk lokprent

Die tragedie rondom die dood van Sharnelle Hough (17) en Marna Engelbrecht (16), albei leerders aan die Hoërskool Stella in Noordwes, word in Stella Murders oor die duur van 90 minute vertel. Die twee meisies is op Saterdagoggend, 26 Mei 2018, dood in hul koshuis aangetref. Terwyl Marna in ’n badkamer gevind is, is Sharnelle opgehang by die trap gevind. 

Stella Murders se regie is deur David Enright en die vervaardiging deur IdeaCandy. IdeaCandy is ook die span wat die trefferreeks Devilsdorp geskep het. Devilsdorp (op Showmax beskikbaar) het in 2022 die SAFTA vir beste TV-dokumentêr gewen en is ná sy plaaslike sukses ook internasionaal versprei. 

Stella Murders sluit onderhoude met Ronnie en Sonja Hough, Sharnelle se ouers, in. Só ook met Stefaans, Rianet, en Riané Engelbrecht, Marna se pa, ma en suster. Kapt. Zagaries Human, die stasiebevelvoerder van die Stella-polisiekantoor, kapt. Markus Ferreira, die ondersoekbeampte, private speurder Chris Saunders en die voormalige staatsadvokaat Johan Smit vertel ook oor hul rol in die ondersoek. Die joernalis Marizka Coetzer wat ons ook in Devilsdorp gesien het, praat oor haar beriggewing oor die saak vir Huisgenoot.

Stroom vanaf 17 Maart op Showmax. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies