Reënboogrant is geïnspireer deur Louise van Niekerk se topverkoperboeke vir jong volwassenes wat in die negentigerjare gepubliseer is. Dié telenovela speel in Tshwane af en draai om die Brink-gesin. Minke Marais en Mila de Villiers (Wyfie) vertolk die graad 10-susters Shani en Sunette, met Paul Strydom (Spooksoeker) as hul ouer broer, Dolf, ’n matriekleerder en die skool se hoofseun.
Daar is elke Woensdag twee nuwe episodes op Showmax beskikbaar tot en met 11 Junie wanneer die eerste seisoen tot ’n einde kom. ’n Datum vir die tweede seisoen is nog onbekend. Hier is wat jy vandeesmaand op dié telenovela kan verwag.
Woensdag, 4 Junie 2025
Onderbrekings…
Reënboogrant is in donkerte gedompel. ’n Gebreekte motor, ’n ongenooide gas en ’n skokkende ontdekking veroorsaak vrees en onsekerheid…
Hiep-hiep…
Dit is Marius se partytjie en dinge verloop allesbehalwe vlot. Rachelle neem ’n besluit oor Chris. Maryna is bekommerd oor haar gesondheid. Monique tree vreemd op.
Woensdag, 11 Junie 2025
Somerliefde
Shani besef die Desember-vakansie gaan lekkerder wees as wat sy verwag het. Dolf maak ’n skokkende ontdekking. Ouma Mart probeer om vir Sunette op te beur. ’n Onverwagse besoeker daag op…
Vakansieromanse
Die Brinks geniet die skoolvakansie, maar dit blyk dat drama nooit ’n blaaskans vat nie. Shani geniet Dave se geselskap terwyl Dolf na Monique probeer uitreik.
Een Sprong…
Kersfees bring verrassings vir die Brinks. Dave en Shani se afspraak ontaard in ’n angswekkende situasie, terwyl Chris se besluite groter gevolge het as wat enigiemand kon verwag.
Dubbelepisodes van Reënboogrant word elke Woensdag tot en met 11 Junie 2025 op Showmax beskikbaar gestel. Die eerste seisoen kom dan tot ’n einde. ’n Datum vir die tweede seisoen is nog nie aangekondig nie. Rëenboogrant word ook op Vrydae op kykNET (DStv-kanaal 101) en DStv Stream uitgesaai, maar met slegs een nuwe episode per week.