Menu terloops
In Redakteurskeuse [1 Sep 2023]

Redakteurskeuse vir September 2023: Baie meer as net rugby op die TV-speelveld


Daar is baie rugby om vandeesmaand te kyk, maar daar is ook ’n ellelange lys van nuwe reekse en flieks op my kyklys. Jennifer Aniston in die derde seisoen van ‘The Morning Show’, asook die bekroonde Edwin van der Walt in ‘Fraksie’ op Showmax tel as deel van my redakteurskeuse vir September.

Deur Rozanne Els
Redakteurskeuse vir September 2023: Baie meer as net rugby op die TV-speelveld

Ja, omtrent almal het rugbykoors, maar daar is ook ’n ellelange lys van nuwe reekse en flieks wat vandeesmaand premiere. Eerlikwaar – lanklaas het ek so gesukkel om slegs ’n handvol uit te sonder. Hier is my redakteurskeuse vir September 2023.

Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.

The Super Models

Vanaf 20 September 2023 op Apple TV+.

Dié besonderse vierdelige dokkiereeks belig die ongeëwenaarde loopbane van die supermodelle Naomi Campbell, Cindy Crawford, Linda Evangelista en Christy Turlington. Kyk, ek onthou hoe ek as kind só vreeslik graag nés Cindy Crawford wou wees dat ek eendag my ma se bruin oogpotlood gevat het, ’n “moesie” op my gesig ingekleur het en my winterkouse in leg warmers omskep het om soos “gym Cindy” te lyk. Op hul eie het elkeen groot sukses behaal, maar dié viertal het saam soveel mag gehad dat hulle destyds die modelbedryf op sy kop gekeer het. 

Die storie, met regie deur die Oscar-wenner Roger Ross Williams en Larissa Bills, gee vir kykers ongekende toegang tot die lewens van dié modelle. Ons gaan agter die skerms, verby die wêreld se catwalks, om ’n blik te kry op hoe hulle die modelwêreld oorheers het. Daarmee saam word die noue band tussen hulle bekyk; ook hoe daardie dinamiek die res van die bedryf beïnvloed het. Ná reise na die verlede word hul hede ook bekyk – veral hoe hulle steeds modelkultuur beïnvloed, net van die loopplank af met aktivisme, en sakevernuf.

Soos Apple TV+ se beskrywing lui: “…this is the ultimate story of power and how four women came together to claim it, paving the way for those to follow.” 

Fraksie S1

Vanaf 14 September 2023 op Showmax.

“Geld is vuil,” sê een van die karakters in ’n toneel uit Fraksie, kykNET se Afrikaanse drama wat nou ook vir ’n Showmax-gehoor beskikbaar is om te stroom.

Geld (en geldsug) blyk ’n kragtige dryfveer in die lewe van dié reeks se hoofkarakter, Schalk Smit, te wees. Die vraag is net hoe ver Schalk, vertolk deur die Silwerskermwenner Edwin van der Walt (Troukoors, Donkerbos) sal gaan om te kry wat hy wil hê? Veral as dit kom by sy gierige drome om ’n dollar-miljoenêr te word. Antwoord: Donners ver… Selfs té ver. 

Ook deel van die rolverdeling is Silwerskermwenners Pierre van Pletzen en Roeline Daneel, asook Trix Vivier (hou dop vir haar ongelooflike vertolking in die aangrypende kykNET-dramareeks Juffrou X aanstaande jaar), Marlo Minnaar, Crystal Donna Roberts, Melt Sieberhagen, en Lee-Ann van Rooi.

Buiten geldsug, sluit die reeks, wat in Stellenbosch afspeel, se ander temas onder meer tweede kanse, huwelik-uitdagings en ouer-kind-verhoudings in.

The Morning Show S3

Vanaf 13 September 2023 op Apple TV+.

Jennifer Aniston en Reese Witherspoon keer terug vir die derde seisoen van die bekroonde dramareeks, The Morning Show

Die reeks, wat reeds vir ’n vierde seisoen hernu is, draai om die survival of the fittest-wêreld van TV-nuus. Veral om mornings shows wat ’n groot deel van Amerikaanse se oggendkultuur en nuusinname is. 

In die derde seisoen is die voortbestaan van die TV-netwerk in gedrang en die spanning loop hoog as ’n tech giant dan daaraan dink om die netwerk te koop. (Klink dit dalk bekend…?? Kuggie.) Heel onverwagte alliances word gesluit en niemand se geheime is meer veilig as dit jou ’n tree voor iemand anders kan sit nie. Dis mos ’n cutthroat wêreld dié. Een wat wel almal mettertyd dwing om hul kernwaardes – binne en buite die nuuskantoor – in oënskou te neem.

Hierdie is Aniston op haar beste. Ek kan nie wegkyk nie.

White House Plumbers

Vanaf 11 September 2023 op Showmax.

Dié reeks draai nié om loodgieters nie. Altans, not the real kind.

Die storie is is gegrond op ’n 2007-boek deur die skrywers Egil “Bud” Krogh en Matthew Krogh met die “White House Plumbers” wat eintlik verwys na ’n destydse geheime spesiale ondersoekeenheid. Dié “plumbers” was daarop gemik om te keer dat geklassifiseerde inligting aan die media gelek work. Dit was dié einste groep wat vir die wêreldbekende Watergate-inbraak verantwoordelik was (en wat dan uiteindelik ook tot president Richard Nixon se ondergang gelei het…) “Nixon’s fixers”, soos E. Howard Hunt en G. Gordon Liddy, ook bekend was, word deur onderskeidelik die altyd-briljante Woody Harrelson en unassuming Justin Theroux vertolk.

Aan die stuur van die reeks is David Mandel van Veep-faam. Dis al wat jy nodig het om te weet dat hoewel die bronmateriaal ernstig is, die uitvoering eerder dié stukkie geskiedenis belig vir die klug wat dit is.

Sex Education S4

Vanaf 21 September 2023 op Netflix.

Snik! Dis die heel laaste seisoen van een van die beste Netflix-reekse nog: Sex Education. Nie net het die reeks ons ’n Gillian Anderson soos nooit van te vore gegee nie – die jong akteur Asa Butterfield het ook op onverwagte maniere hier verbaas en geblom. 

Sex Education het nog nooit geskroom om met aanvaarding stories oor byvoorbeeld gay verhoudings, non-binary en queer karakters, seksuele plesier, seksuele aanranding, en soeke na identiteit van welke aard te vertel nie. Só ook is die vierde en finale seisoen sans sensors.

As ’n geheel draai die storie meerendeels om ’n groep tieners op hoërskool wat midde hul seksuele ontwaking verkeer. Dis natuurlik ’n helse ontdekkingsreis vir almal betrokke. Die humor is ingebou in die skerp dialoog met net genoeg van ’n bar ondertoon om dit relevant en real te hou. 

Die nuwe seisoen tel op met geliewe Maeve (Emma Mackey) in Amerika en die ou hoërskool finaal gesluit ná die etlike (etlike!) skandale van die vorige seisoene. Otis (Butterfield) en sy vriende moet nou hul voete in ’n nuwe skool vind… maar hier ontdek hy dat hy nie die enigste amateur sex therapist op kampus is nie. Eintlik ervaar al die voormalige Moordale-leerders, insluitend Otis se bestie, Eric (die ongelooflike Ncuti Gatwa), kultuurskok as hulle by die nuwe skool aanland. Dinge is omtrent anders. Van jogaklasse tot ’n groep gewilde leerders wat cool is omdat hulle nice is. (Who knew?!).

Jinne, ek gaan dié lot mis. 

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

‘Wyfie’: Jou kykgids vir Oktober 2024

Dinge raak ernstig tussen Maggie en Shay en Kyla moet moeilike keuses maak. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer
Sien alle opsies