Menu terloops
In Wat om te kyk [28 Mar 2023]

‘Real Housewives’ boer nou in die Wynlande


Eers het vyf vroue van Pretoria die land aan die gons gehad in ‘Die Real Housewives van Pretoria’ – en nou is die mooie Kaap aan die beurt in ‘Die Real Housewives van die Wynlande’.

‘Real Housewives’ boer nou in die Wynlande

In Die Real Housewives van die Wynlande gaan ses vroue hul huise, harte en lewens vir kykers blootlê. Dié ses, wat ’n voormalige skoonheidskoningin, fiksheidsmodel, mediese dokter en sangeres insluit, se name word eersdaags bekendgemaak.

Die Real Housewives van die Wynlande is in en om Franschhoek, Paarl, Stellenbosch en Somerset-Wes verfilm. Die eerste episode sal op 20 April uitgesaai word.

Volgens Barrie Kelly van NBC Universal, die Amerikaanse maatskappy aan wie die Housewives-franchise behoort, is dié nuwe weergawe van die realiteitsreeks asemrowend. “Die ‘stel’ van die Kaapse wynlande is ongelooflik en ek is gaande oor hoe dit in die openingtitels gebruik word,” sê hy.

“Die natuurskoon en pragtige dorpies is as’t ware een van die hoofkarakters van die reeks,” meen die reeksregisseur Pascual Wakefield. “Kykers gaan beslis aanklank vind by die vroue, op die punt van hulle stoele sit as dinge ernstig raak en soms emosioneel geroer word. Daar gaan natuurlik ook baie gelag word; alles in een episode. Hierdie vroue het dalk nie ’n tekort aan geld nie, maar hulle het siel ook.”

The Real Housewives-franchise het in Maart 2006 sy debuut in Amerika met The Real Housewives of Orange County gemaak. Intussen is daar 11 verskillende reekse in Amerika vervaardig met 21 internasionale weergawes waaronder reekse in Durban, Johannesburg en Kaapstad. Die Real Housewives van Pretoria, wat in Oktober 2022 op kykNET begin het, was die eerste reeks in Afrikaans.


Die Real Housewives van die Wynlande begin op 20 April 2023 om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 en DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer

Jou telenovela-gids vir Maart 2025: Die einde breek aan in ‘My naam is Farah’

Tahir probeer steeds om vir Farah te beskerm soos dié verhaal ten einde loop. Hier is ons handige kykgids vir meer oor wat in die laaste sarsie episodes van ‘My naam is Farah’ op kykers wag.

Meer
Sien alle opsies