Tarryn Wyngaard, die SAFTA-bekroonde ster van Noem My Skollie en Stam, vertel oor haar hoofrol in die Showmax Original-rillerreeks, Pulse, nou op Showmax.
Hoe sou jy Pulse beskryf?
Pulse is ’n grinterige sielkundige riller oor ’n groep mense wat probeer om uiterlike malligheid en hul innerlike waansin te oorleef. Hulle moet hulself oorleef, en die wêreld om hulle.
Wat het jou na die projek toe aangetrek?
Die draaiboeke was so geweldig buitengewoon, en soos niks wat ek al voorheen gelees het nie.
Die span wat betrokke is het ook bygedra. Daar is Emmy-bekroonde mense wat aan die produksie-sy betrokke is, soos Steve Lanning. En natuurlik Sallas (de Jager, die veelbekroonde regisseur van Dominee Tienie). As regisseur respekteer hy die kyker. Pulse gaan nie toegeeflik wees nie; dit gaan vir die kykers gee wat hulle wil sien. Dit is altyd sy fokus.
Vertel ons meer oor jou karakter, Jaz.
Ek speel ’n videospeletjie-ontwerper, ’n vrou wat ’n leier in haar veld is, en wat dan hierdie groep na veiligheid moet lei.
My karakter was net so epies! Vir haar is videospeletjies haar kuns, op dieselfde manier wat ek toneelspel sien. Sy sit als daarin; dit is nooit net ’n speletjie vir haar nie. Aanvanklik was dit intimiderend, maar ek het geweet die rol het baie vleis om die lyf, en gaan wonderlik wees, so dit was iets wat ek wou doen.
Speel jy self videospeletjies?
Ek het toe ek ’n kind was. Ek kom uit die Pac-Man en Super Mario-era, daai tipe goed. Dit was meer sosiaal. Ek was nie soos vandag se kinders, wat aanlyn speel nie.
Gedurende die inperking het my kêrel ’n PlayStation gekry en ek het begin om Days Gone saam met hom te speel. Ek was versot op daardie speletjie. Dit trek jou in; dis soos ’n rolprent. Die storielyne is so intens en jy kan self besluit watter roete jy deur die speletjie gaan volg. So ek het aan die speel geraak.
Ek dink videospeletjies het mense regtig deur Covid gehelp. Dit het my kêrel gehelp. Dit was ’n ander ruimte waarheen mens kon ontsnap.
Watter navorsing het jy vir die rol gedoen?
Natuurlik moes ek vir dié rol meer interaksies hê met speletjies en spel-ontwikkeling. Ek luister na baie podcasts, en daar is ’n YouTuber genaamd Jason Weimann. ’n Deel van my opwarming op stel elke dag was om na hom te luister, waar hy praat oor die verskil tussen coding, en om speletjies te ontwerp, en watter veld beter geskik vir jou is. Ek het elke oggend daarna geluister om my terug te bring na die wêreld van videospeletjies.
Ek het ook ’n boek gelees, Blood Sweat and Pixels. Dit was belangrik vir my om nie net speletjies te speel nie, maar om ook te verstaan wat dit verg om ’n speletjie daar buite in die wêreld te kry.
Wat was jou hoogtepunt tydens die verfilming van Pulse?
Daar is soveel waaraan ek dadelik kan dink. Ons sal besig wees om iets te verfilm, om te kruip deur lugtoevoer-stelsels, en hulle sal my nie waarsku nie, maar hulle sal ’n kamera op my fokus en dan iets laat klap of ontplof, en dan skrik ek werklik. Dit sou altyd ‘n rukkie neem om weer te kalmeer. Daar was baie grappe op stel; dit het baie snaaks agter die skerms geraak, met hoe mense probeer het om mekaar te verskrik. Dit was baie beslis ’n hoogtepunt.
Wat was die moeilikste deel van die verfilming?
As gevolg van Covid het ons die geleentheid misgeloop om ons geliefdes by ons te hê. Baie van die spelers het kaartjies gekoop vir hulle families, en toe tref Omicron ons. Dit was letterlik ’n dag of twee voordat hulle sou vlieg, maar toe is daar ’n reisverbod. Om so lank weg te wees van die huis af terwyl jy aan iets so intens werk, is ’n uitdaging. Maar ons was gelukkig op ’n eiland waar jy saam met dolfyne kan gaan swem, wat opgemaak het daarvoor.
Waarom dink jy is daar groei in die gewildheid van die riller-genre?
Om te vrees vir jou lewe is iets universeel wat mense verstaan. Om te kyk hoe mense oorleef en vlug vir hul lewens verbind jou met ’n oer-emosie, so gehore het iets wat hulle aandag hou en wat mense saambind. Maar jy kan ook die genre gebruik om iets van jou kultuur oor te dra, so die gehoor sien ook kulturele nuanses en teksture, soos die tech in Afrika wat in Pulse uitgebeeld word. So die genre strek, en reik wyd.
Hoe was dit om met Showmax te werk?
Ek vind dat ek gereeld terugkeer na Showmax. Daar is daardie lekker local geur, en Showmax slaan die spyker op die kop vir Suid-Afrikaners. Terwyl ons in Mauritius was, kon ek dit voel: daar is niks soos jou huis nie, en jy wil iets hê wat jou aan die huis herinner. Ek dink ’n diens soos Showmax is noodsaaklik. Jy kan dit regoor die wêreld gebruik, en dit beteken dat waar jy ook al is, kan jy ’n smakie kry van plaaslike inhoud, van Suid-Afrika. Ek dink Showmax is briljant.
Sien ook vir Tarryn op Showmax in: