Menu terloops
In Gons [18 Feb 2025]

‘Plaas van passie’: Nuwe telenovela binnekort op kassie


Ná die sukses van oorgeklankte Turkse telenovelas soos ‘Kind van die noodlot’, ‘In die ysterhand se greep’, ‘Verbode liefde’, en ‘Jy is my seun’, word ’n Brasiliaanse verhaal eersdaags op kykNET&kie verken. ‘Plaas van passie’ word vanaf middel-Maart uitgesaai.

‘Plaas van passie’: Nuwe telenovela binnekort op kassie

Plaas van passie, ’n telenovela uit Brasilië, sal in die plek van My naam is Farah, wat eersdaags tot ’n einde kom, uitgesaai word. Só word kykNET&kie dan ook die eerste plaaslike kanaal wat ’n Brasiliaanse telenovela na Afrikaans oorklank.

Die oorspronklike Portugese titel is Terra e Paixão (Land of Desire in Engels). Dié telenovela is die eerste keer in 2023 uitgesaai en bestaan uit 120 uur lange episodes.

Waaroor gaan dit?

Dié telenovela vertel die verhaal van Aline (Barbara Reis), ’n wiskundeonderwyseres, wie se man, Samuel (Ítalo Martins), op hul plaas vir dié grond vermoor word. Al het sy geen ondervinding met boerdery nie, besluit Aline om alles moontlik te doen om die plaas vir haar en haar seun, João (Matheus Assis), te behou. Aan haar sy is haar getroue vriend Jonatas (Paulo Lessa) en haar ma, Jussara (Tatiana Tibúrcio). Haar grootste teenstand kom van ene Antônio La Selva (Tony Ramos), die man agter Samuel se dood.

Plaas van passie
Aline (Barbara Reis) en Jonatas (Paulo Lessa). Foto: Verskaf

Maar daar is ook ingewikkelde liefdesake wat vorendag kom as haar pad met dié van Daniel (Johnny Massaro), Antônio se seun, kruis. Dinge word verder bemoeilik as Caio (Cauã Reymond), Daniel se halfbroer, ook vir Aline in sy visier kry. Boonop is daar konflik tussen Caio en Antônio. Caio se ma, Agatha (Graça Junqueira), het met sy geboorte gesterf, en Antônio verkwalik hom daarvoor.

Dan is daara ook Irene (Glória Pires), Antônio se vrou, Daniel en Petra (Débora Ozório) se ma, en Caio se stiefma. Sy is magsbehep en sal enigiets doen om te sorg dat net Daniel en Petra die familiebesigheid oorneem.

Wie is die Afrikaanse stemme?

Die spelers wat vir die Afrikaanse stemme sorg, is Claudia Jones (Aline), De Waal Stemmet (Caio), Rowlen von Gericke (Daniel), Andreas Jordaan (Antônio), Elma Potgieter (Irene), Donovan Pietersen (Jonatas), Ilse Klink (Jussara) en Jacky Carpede (Menah, Jonatas se suster).


Plaas van passie begin op 18 Maart om 20:00 op kykNET&kie en DStv Stream (DStv-kanaal 145). Episodes sal ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar wees.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies