Menu terloops
In Wat om te kyk [3 Feb 2025]

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’


Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Stroom aanlyn

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Elke maand bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovela, My naam is Farah, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. 

Maandag, 3 Februarie

Rahsan verhoed dat Farah en Behnam onmiddellik trou. Gönül en Bekir deel ʼn oomblik wat hul albei verbaas. Tahir bevry homself van die martelaar wat Behnam gehuur het.

Dinsdag, 4 Februarie

Vera en Perihan probeer hul geheim vir Mehmet wegsteek. Farah dreig vir Rahsan, Behnam probeer vir Farah uitvang en Tahir neem sake in eie hande.

Woensdag, 5 Februarie

Gönül veroorsaak ʼn opskudding as sy haar aandele aan Farah bemaak. Tahir daag op – tot Behnam se ontsteltenis, veral as Mahmoud hom by Tahir skaar.

Donderdag, 6 Februarie

Mahmoud is vreesbevange vir Tahir se onheilspellende teenwoordigheid en dreigemente, en besluit om vir Tahir ʼn geskenk te gee wat hom sal tevrede stel, en die familie in vrede sal laat.

Maandag, 10 Februarie

Mahmoud nooi vir Tahir na die huis toe om besigheid te bespreek. Farah laat weet vir Benham dat Tahir daar is. Benham daag by die huis op en konfronteer vir Tahir.

Dinsdag, 11 Februarie

Tahir bring Farah na ʼn plek van veiligheid waar ʼn ongewone verrassing wag. Met Mahmoud in intensiewe sorg, blameer almal vir Farah.

Woensdag, 12 Februarie

Vera vertel vir Tahir en Mehmet dat hulle broers is, en wat destyds gebeur het wat hul omstandighede so verander het. Behnam laat vir Haydar en Adil in hegtenis neem.

MY NAAM IS FARAH
Engin Akyürek is Tahir Lekesiz in My naam is Farah. Foto: Verskaf

Donderdag, 13 Februarie

Behnam wil vir Mahmoud vermoor, maar iemand tree tussenbeide en ontvoer sy oom. Tahir en Mehmet praat oor hul verlede en moet terselfdertyd sorg dat Mahmoud veilig is.

Maandag, 17 Februarie

Behnam sê vir Merjan dat hy weet dit was sy wat Mahmoud met ʼn mes gesteek het. Hy wil Mahmoud doodmaak, maar die polisie daag op nadat Farah vir hulle ontbied. Albei word gearresteer.

Dinsdag, 18 Februarie

Farah en Tahir laat Kerim voorgee dat hy siek is en vat hom hospitaal toe. Perihan het ʼn woede-uitbarsting teenoor Mehmet en vertel hom dat Bekir en Gönül in ʼn verhouding is.

Woensdag, 19 Februarie

Farah verander Kerim se bloedtelling-uitslae sodat nog ʼn operasie aanbeveel word, wat Behnam in ʼn moeilike posisie plaas en Farah se ma dalk kan bevry.

Donderdag, 20 Februarie

Tahir en Mehmet verras vir Ilyas, Kerim en Farah sit vas, Akbar probeer sy staal wys en Farah sal enigiets doen om haar ma te red.

Maandag, 24 Februarie

Farah se vreugde wanneer sy haar ma vind, is kortstondig as sy besef dat Behnam vir Kerim ontvoer het. Tahir en Mehmet snoer kragte saam, maar Behnam het ander planne beraam.

Dinsdag, 25 Februarie

Behnam het vir Kerim ontvoer en Farah is in ʼn toestand, terwyl Tahir homself vir die situasie blameer. Tahir besluit dan om vir Merjan te ontvoer.

Woensdag, 26 Februarie

Tahir en Farah oorleef die skietgeveg met Sabdullah, Calat, en die ander, maar Hizir daag op die toneel op. Hy ontvoer vir Farah en besorg haar aan Behnam.

Donderdag, 27 Februarie

Orhan word uit die tronk vrygelaat. Hy vind Ali Galip se lyk, wat ook ʼn rimpeling veroorsaak. Mehmet moet dan die moordenaar opspoor.


My naam is Farah word Maandae tot Donderdae om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai. Dit is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies