Menu terloops
In Wat om te kyk [30 Apr 2025]

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Mei 2025


Aline se landerye vat vlam terwyl sy nog sukkel om die plaas se skuld te delg. En dan word sy boonop amper vergiftig! Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Mei. Hier is ons handige kykgids.

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Mei 2025

Elke maand bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se se eerste Brasiliaanse telenovela, Plaas van passie, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. 

Donderdag, 1 Mei

Ademir betaal die paaiement vir Aline se lening om Antônio uit te lok. Jussara probeer Aline oortuig dat Daniel met haar speel. Antônio deel ʼn groot besluit met Daniel.

Maandag, 5 Mei

Caio vertel vir Daniel dat hy op Aline verlief is, min wetende dat sy en Daniel ʼn verhouding het. Antônio wil uitvind wat van Agatha se liggaam geword het.

Dinsdag, 6 Mei

Daniel sê vir Graça hulle moet weggaan en op ʼn strand trou terwyl hy vir Aline sê as sy haar grond verlaat, sal hy met haar trou. Caio verklaar sy liefde aan Aline.

Woensdag, 7 Mei

Wanneer Caio vir Daniel konfronteer oor sy geheime verhouding met Aline, stort Daniel ineen. Hy is in ʼn ernstige motorongeluk. Irene blameer vir Caio.

Donderdag, 8 Mei

Irene verbied eers vir Caio om ʼn draer vir Daniel se kis te wees, maar gee tog later in. Graça gee vir Marino en Tadeu skokkende nuus.

Maandag, 12 Mei

Irene brand Aline se landerye af met Ramiro se hulp. Tadeu hoor Luigi se stem oor die rekenaarskerm en hy en Enzo besef dat die gemaskerde vrou Petra moet wees.

Dinsdag, 13 Mei          

Berenice verlei Antônio. Aline sê vir Caio dat hy haar geen verduideliking verskuldig is as hy besluit om met Graça te trou nie.

Woensdag, 14 Mei

Antônio gee opdrag aan Ramiro om Aline te vermoor en hy probeer om haar in die rivier te verdrink. Onder druk van Antônio vra Caio vir Graça om met hom te trou en sy is ekstaties daaroor. 

Donderdag 15 Mei

Caio maak dit duidelik dat hy weens Daniel en die baba met Graça sal trou. Berenice skrik vir ’n ratelslang in haar kas en vind uit dat Irene verantwoordelik was daarvoor.

Maandag, 19 Mei

Franco verleng nie die sperdatum vir Aline om ’n deel van die skuld te betaal nie. Jonatas en Caio bied aan om Aline te help, maar sy aanvaar nie. Aline sit Jussara se huis op die verkoopsmark.

Dinsdag, 20 Mei

Berenice word uit die kroeg geskop, Luana neem oor en laat Berenice vloere skrop. Caio betaal geld in om Aline se skuld te delg, maar Irene sorg dat die geld na ʼn weeshuis toe gaan.

Woensdag, 21 Mei

Wat bedoel was as die tweede paaiement op Aline se skuld beland in ʼn weeshuis se bankrekening. ʼn Datum vir Graça en Caio se troue word vasgestel.

Donderdag, 22 Mei

Irene daag met ’n bottel sjampanje op by Aline en gooi wit poeier in haar glas. Ramiro se verloofde Raimunda arriveer, maar kort voor lank sien sy Ramiro en Kelvin saam.

Maandag 26 Mei

Aline lyk meer en meer soos die verdagte vir Daniel se dood, maar Caio probeer haar beskerm. Irene is vasbeslote om Aline uit die weg te ruim.

Dinsdag, 27 Mei

Antônio en Irene bespreek hulle gemeenskaplike haat vir Aline. Rodrigo sê vir Caio dat hy vermoed dat sy ma nog leef. Irene waarsku Luigi om nie vir Petra af te skeep nie.

Woensdag, 28 Mei

Antônio word vrygelaat uit die tronk. Menah word van die pad af gedwing en aangerand.

Donderdag, 29 Mei

Berenice oorreed vir Antônio om die kroeg namens haar te koop, maar Nice weier om die aanbod te aanvaar. Irene en Nice span saam om Agatha uit die weg te ruim indien sy eendag sou opdaag.


Plaas van passie word Maandae tot Donderdae om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai. Dit is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar. Die laaste episode word op 17 Maart uitgesaai.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
10

Gesinsvermaak: Kyk dié 10 reekse en flieks saam-saam

Van ‘Finding Optel’ en 'The Wild Robot' tot ‘Fuller House’ en 'Een keer om die son' – daar is heelparty TV-reekse en flieks wat jy oor die lang skoolvakansie as gesin saam kan kyk. 

Meer
3

‘Skemergrond’ in Desember: Hou dié storielyne dop

'Skemergrond' se mense beleef ’n stormagtige Desember met van liefde wat blom tot pynlike herlewings uit die verlede. Hier is die storielyne wat jy vandeesmaand moet dophou.

Meer
Sien alle opsies