Menu terloops
In Sepies [21 Apr 2025]

Antoinette Louw gesels oor ‘Suidooster’ se nuwe feeks: “Sy vermy haar eie seer”


Daar is ’n nuwe sepiefeeks wat die afgelope tyd kykNET se ‘Suidooster’-kykers omtrent warm onder die kraag het! Antoinette Louw vertel meer oor haar karakter.

Kyk 'Suidooster' op DStv Stream

Antoinette Louw gesels oor ‘Suidooster’ se nuwe feeks: “Sy vermy haar eie seer”

Amore Meyer, ’n bombastiese redakteur en trendsetter, is die nuwe ongewilde karakter wat nou die een inwoner na die ander in Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, verkeerd opvryf. 

Amore Meyer, vertolk deur Antoinette Louw, het al swaarde met Angie (Char Carrie) gekruis en verkleineer byna die hele tyd haar nuwe assistent, Demi (René Cloete). Sy het ook vir Elana (Esther van Waltsleben), ’n ou kennis, oortuig om vir haar by Pronk, die aanlyn mode- en stylplatform wat sy bestuur, te kom werk. 

Antoinette vertel meer oor haar omstrede karakter. 

Amore Antoinette Louw
“Met die eerste oogopslag, is Amore manipulerend en sy gebruik mense om te kry wat sy wil hê – dit maak nie saak wat die gevolge daarvan is of wie sy seermaak nie,” vertel Antoinette Louw. Foto: Skermgreep

Wat is jou indrukke van Amore?

“Ek gaan nie jok nie. Die eerste keer toe ek die teks gelees het, het ek gedink Amore is ’n aaklige entjie mens. Ek het absoluut niks van haar gehou nie. Maar my werk as akteur is nie om die karakter wat ek vertolk, te oordeel nie. Eerder om raakpunte te kry. Selfs al is dit nie in die teks nie. 

“Geen mens is of net sleg of net goed nie. En mense soos Amore het redes waarom hulle optree soos hulle optree – gewoonlik as gevolg van eie trauma en persoonlike worstelinge. So, ek het ’n ongelooflike deernis vir Amore ontwikkel. 

“Met die eerste oogopslag, is Amore manipulerend en sy gebruik mense om te kry wat sy wil hê – dit maak nie saak wat die gevolge daarvan is of wie sy seermaak nie. En sy gebruik allerhande selfregverdigings om haar gedrag te verskoon. Sy is al so gewoond daaraan dat sy blind geword het daarvoor. 

“Maar in die werklikheid voel sy ongelooflik eensaam in hierdie wêreld, en sy dra ’n diepe pyn wat sy vir niemand wil wys nie. Sy maak eerder ander seer as wat sy haar eie pyn voel.”

Amore maak haarself baie ongewild in Ruiterbosch, maar het sy darem ’n goeie eienskap of twee?

“Jy sal dit nie glo nie, maar sy het! Amore is ongelooflik passievol en hardwerkend. Ek bewonder dit. En ’n mens sien dit nie altyd nie, maar sy het ook ’n goeie humorsin.”   

Amore Antoinette Louw
“Amore is ongelooflik passievol en hardwerkend. Ek bewonder dit. En ’n mens sien dit nie altyd nie, maar sy het ook ’n goeie humorsin,” vertel die aktrise Antoinette Louw oor haar karakter. Foto: Skermgreep

Hoe dink jy moet ’n mens boeliegedrag van iemand soos Amore hanteer?

“Een ding weet ek vir seker – om dit nie vir jouself te hou nie. Praat met iemand daaroor. Rapporteer dit. Om stil te bly, vererger net die boelie se gedrag. Maar dis ook belangrik dat die persoon wat geboelie word, daaroor praat. Anders kan dit tot emosionele skade ly. 

Wat dink jy is die boodskap van hierdie storielyn?

“Ons almal het keuses in die lewe. En vir elke keuse wat ek maak is daar gevolge – en net ekself is verantwoordelik en moet pa staan vir daardie keuses en gevolge. Ja, ons is individue, maar die individu is nooit belangriker as sy of haar gemeenskap nie. Dis waar ons sterkte lê – in ons saamstaan en ondersteuning van mekaar.” 

Wat het jy geniet van om Amore te speel en op ’n sepiestel te wees?

“Ek het vergeet onder watter geweldige druk en vinnige pas almal werk. In die begin was ek vreesbevange. As dit nie vir elke persoon in die Suidooster-span se geduld en kindness was nie, sou ek ’n senuweeineenstorting gehad het! Die mense in die span was die rede dat ek later myself (en Amore se feeksagtigheid!) kon geniet.”   

Waarmee is jy nog besig?

“Wel, ek opgewonde om te sê dat die nuwe fliek waarin ek speel, Die dekonstruksie van Retta Blom, op 23 Mei in teaters uitgereik word (Ster-Kinekor en Nu Metro). Dis ’n kombinasie van lekker lag en ’n bietjie huil.”


Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies