Menu terloops
In Gons [15 Jan 2026]

Skrum só in ‘Op my Eish!’ Brendan, Neels en Francois se raad aan Ruan 


In die vierde seisoen van kykNET se gewilde maatsoekreeks ‘Op my eish!’ is dit Ruan Smith wat na ware liefde soek. En die reeks se vorige alleenlopers het raad…

Deur Annelene Oberholzer

Kyk solank S2 en S3 van Op my Eish!

Skrum só in ‘Op my Eish!’ Brendan, Neels en Francois se raad aan Ruan 

Ons het Op my eish! se drie vorige alleenlopers gevra oor wat hulle tydens ’n spanpraatjie met die voormalige professionele rugbyspeler – en die reeks se nuwe bachelorRuan Smith sou deel.

Wat sê Neels?

Die gesoute akteur Neels van Jaarsveld, wat in 2021 die eerste maatsoeker van Op my eish! was, het toe nie sy ware liefde tydens die reeks ontmoet nie. Maar hy het van die aanvanklike losgemaal van die liefde ontsnap en het onlangs ’n verloofring aan Gerna Peterson se vinger gesteek. 

“Alle voorspoed vir jou ontdekkingsreis. Vat laag sonder enige vuilspel. Hou kop en volg jou hart’,” is sy doellyn-advies aan Ruan.

Wat sê Francois?

Vir die voëls-akteur Francois Jacobs het in 2022 saam met sy wingman, die grapjas Schalk Bezuidenhout, na die regte een op die program gesoek. Aanvanklik was dit Nykie Pretorius wat ook aan die reeks deelgeneem het. Iewers is daar toe aangeslaan, die rooikaart is gewys en Francois was weer op sy eish! 

Nog ’n ernstige verhouding het gevolg, maar nou speel Francois vir eers van die veld af en in die gim. Hy’s fiks, hy’s gelukkig.

“Ruan, baie geluk, eerstens! Ek is seker jy’s super excited vir die volgende journey in jou lewe. Baie sterkte. Ek hoop regtig jy vind liefde en ja, pasop vir daai jakkalsies daarbuite!” 

Wat sê Brendan?

Hartebreker-troebadoer Brendan Peyper het in 2024 tydens die derde seisoen los- en vasgeskrum met die meisies en ’n paar harte gebreek. Toe kies hy vir Janae Stander in die finale episode nadat die oorgrote kykers hul hoop op Rachelle Fourie gevestig het. 

Die eindfluitjie het egter vroeg reeds ná afloop van Op my eish! vir Brandon en Janae geblaas. Hy moes toe maar van die kantlyn af vorentoe kyk.

“Hey Ruan! Sterkte my vriend. Al het dit nie vir my gewerk nie, bly dit ’n great platform om moontlik ware liefde te vind. Die belangrikste is om die reis te geniet saam die girls wat baie moeite gedoen het om hierdie reis saam met jou te beleef. Ek sien uit na die reeks. Baie sterkte, ek hoop jy kom reg!” is Brandon se boodskap aan hom.

Daar het jy dit, ’n beter spanpraatjie komende van ervare spelers in die veld sonder Kamp Staaldraad-tegnieke mag dalk net vir Ruan die liefde bring waarop hy hoop. 


Op my Eish is Donderdae om 20:00 op kykNET. 

Kyk S2 en S3 van Op my Eish! op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies