Menu terloops
In Gons [5 Apr 2024]

‘Op my eish!’ met Brendan Peyper: Kry antwoorde in die reünie-episode!


Brendan Peyper het uiteindelik een van die 16 vroue gekies, maar daar is nog brandende vrae ná die slotepisode van ‘Op my eish!’… Sommer baie!

Stroom aanlyn

‘Op my eish!’ met Brendan Peyper: Kry antwoorde in die reünie-episode!

In ’n spesiale Op my eish!reünie-episode op Donderdag, 11 April 2024, op kykNET (DStv-kanaal 144 en DStv Stream) kan kykers uitvind wat in die vyf maande sedert die verfilming van die laaste episode gebeur het.

Brendan se wingman, Jo Black, sal weer aan die stuur van sake wees en vir die vroue die geleentheid gee om te praat oor alles wat hulle nog op die hart het.

Die top-12 en twee wildcards is almal by die reünie, maar Christine kon ongelukkig nie die geleentheid bywoon nie. 

In dié episode sal kykers uitvind hoe dit met Brendan en Janae gaan en watter van die ander vroue intussen liefde gevind het. En dan is daar ook vroue wat hul kant van die storie kom vertel.

In die laaste episode moes Brendan tussen Rachelle, Katja en Janae kies, en die gelukkige een was toe Janae.

“Ek voel ek het deur die Op my eish!-reis aansienlik gegroei en dele van myself ontdek. Dit was nie net ’n reis om liefde te vind nie, maar ook ’n reis waar ek introspeksie gedoen het en my verhouding met die Here versterk het. Dinge het partykeer onseker gevoel en daarom was dit vir my belangrik om te bly glo aan Jesus se plan,” sê Janae.

Brendan sê dat hy nooit dié ervaring sal vergeet nie.

“Ek het amazing mense tydens verfilming ontmoet en is opgewonde om te sien wat nog voorlê.”

Sy EP (kort-album), Omdat jy mag, is ook vanaf vandag (5 April 2024) beskikbaar.


Lees ons recap van die reünie-episode omstreeks 21:00 ná uitsending van die episode op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144). Dié spesiale episode sal ook op Catch Up beskikbaar wees.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

As jy hou van kosprogramme
0

Afrikaans kook groot! 10+ Afrikaanse kosprogramme om op DStv en Showmax te kyk

Ons is maar net mense, ons dink met ons pense... En daar is wraggies baie kosprogramme – in Afrikaans – waarin lipafleklekker geregte opgedis word.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer
Sien alle opsies