Menu terloops
In Recaps & Resensies [22 Feb 2024]

‘Op my eish!’ met Brendan Peyper: Dinge raak nou taai en 8 goed wat jy moet weet


Dinge verander in ’n oogwink op ’n bitter koue oggend by die Golden Gate Hotel tydens die sewende episode van kykNET se maatsoekreeks ‘Op my eish!’ waarin die sanger Brendan Peyper na sy pasmaat soek.

Deur Annelene Oberholzer

Stroom nou

‘Op my eish!’ met Brendan Peyper: Dinge raak nou taai en 8 goed wat jy moet weet

Sjoe, ons het nie dáái vroegoggend verrassing op ons nugter mae verwag nie! Die sewende episode van Op my eish! met die sanger Brendan Peyper het beslis nie teleurgestel wat kinkels (en selfs intrige) betref nie!

1

’n Privaatgesprek

Vroegoggend is dit Runet wat eerste uit die blokke is om Brendan eenkant toe af te keer. 

“Dis nie vir my lekker om dit te doen nie, maar ek moet my hart volg,” sê sy vir hom. “Ek het net nie daardie romantiese konneksie tussen ons gekry nie.” Sy voel ook Brendan het nog nie vir haar gewys het hoe hy oor haar voel nie.

Hy erken hy het vasgehou aan haar met die hoop om daardie konneksie te vind. Dis Runet wat die besluit neem om uit die stryd te tree en hy respekteer haar daarvoor.

“As Brendan met sy hart dink, gaan hy alleen hier uitstap. As hy met sy kop dink, gaan hy met die verkeerde meisie uitstap. Maar ek hoop steeds dat hy sy hart sal volg,” sê Runet.

Op my eish! met Brendan Peyper, Runet
Runet hoop Brendan sal sy hart volg… Maar sy waai solank huis toe. Foto: Verskaf
2

En toe is daar net ses! Of nie?

Toe wingman Jo Black die span die oggend inlig dat hulle nog een minder is, word die aankondiging dat Christine huis toe is met gemengde gevoelens ontvang. Chaunte bieg dat sy sterk gehoop het dat Christine sou weggaan en dat Brendan deur haar kon sien. O ja – en dat haar gebede beantwoord is.

Maar Jo Black lag die laaste. Christine het bloot net ’n troue gaan doen en kom weer terug! Hulle is wel geskok om te hoor Runet het gegaan. 

“Ons is nou sewe girls oor en dinge raak nou tough… Die meisies raak net meer gespanne,” is hoe Janae die nuwe verwikkeling opsom.

3

Een, twee, drie . . . 

Runet sou die vierde genooide wees vir die aktiwiteit, maar omdat sy haar tasse gepak het, gaan net drie op die uitstappie gaan. Jo Black waarsku dat dit nie ’n maklike aktiwiteit gaan wees nie en noem dit ’n cliffhanger waar hulle hul harnasse sal moet vasmaak.

Jonelle, Katja en Thelmané het beslis nie geweet wat op hulle wag nie. En dan is daar iemand wat baie ongelukkig is omdat sy nie genooi is nie. Dis Janae se 22ste verjaardag en sy sou baie graag ook saamgenooi word. 

4

“Op ’n skaal van 1 tot 10 . . . sk**tbang”

Dis weer Ollie Esplin van Clarens Xtreme wat Brendan en die drie meisies verwelkom. Hy wys hulle gou wat op hulle wag – ’n 55 meter-hoë krans wat ideaal vir abseiling is. Natuurlik maak Jo Black se woordspeling van die oggend nou meer sin.

Toe hulle uitasem bo-op die krans tot stilstand kom, het Brendan se broek behoorlik gebewe. En dit was nie omdat die laaste stukkie klim “jou soos ’n klein hondjie aan die kuite byt” aldus Ollie nie. Nee, dit was hoog en dit was ver na onder en Brendan het ’n baie gesonde respek vir hoogtes.

Op my eish! met Brendan Peyper. Foto: Verskaf
Brendan se broek het behoorlik oor dié uitdaging gebewe! Foto: Verskaf

Thelmané waag dit eerste. Sy is ook die eerste een wat in die moeilikheid beland toe haar handskoen tussen die tou en die figuur-8-katoeter beland en sy nie verder teen die tou kon afgly nie. Genadiglik kon sy dit loswoel en die res van die afseil sonder enige verdere voorval voltooi.

Jonelle, wat ook hoogtevrees het, kon nie glo sy het haar hele lewe in haar eie twee hande nie. “Dis net jy en die tou.” En toe sy op ’n plek beland waar sy niemand kon sien of hoor nie, het ’n vinnige skietgebedjie opgegaan: “Liewe Jesus, net nie vandag nie. Dis p**p**-hoog!” 

Katja het net die regte outydse raad vir Brendan om sy vrees te help oorkom – in die vorm van ’n bemoedigende soentjie of twee. Planmaker van formaat Brendan erken dat hy doelbewus gewag het vir die ander twee meisies om eerste te gaan sodat hy tyd met Katja alleen op die berg kan deurbring! “Ek kan myself saam met Katja sien.”

Sy het nie ’n bang haar op haar kop nie en waag dit selfs met ’n paar spronge tussendeur teen die berg af.

5

Wag daar meer as koffie op Clarens?

Oor ’n welkome varsgeroosterde koppie koffie voel Brendan asof Thelmané en Jonelle in hul eie kop is terwyl Katja meer interaktief is. 

Terwyl jagstories uitgeruil word, duik Katja se vlakvarkstorie weer op. Benewens dat sy al een geskiet het, het een haar koekies gesteel en op haar afgestorm. Sy het hom letterlik aan die tande gegryp en gegooi dat hy doer trek . . .

Dit bly toe net by die heerlike koffie en ’n soetigheidjie vir almal.

6

Op, hoër en verder

Op my eish! met Brendan Peyper
Daar was nou nie juis geleentheid vir ’n private oomblik op dié lugballon nie. Foto: Verskaf

Chaunte, Rachelle, Christine en Janae word op die volgende uitstappie genooi. Die warmlugballonvaart is op Brendan se ma se emmerskoplysie en hy self het dit ook nog nooit gedoen nie.

Vincent Cook van Hot Air Ballooning is die man wat hulle na nuwe hoogtes voer. Al wat Christine kan uitkry, is dat sy ook aan hoogtevrees ly. Brendan het toe wel vir Janae ingesluit omdat sy die vorige dag verjaar het en hy gedink het abseiling is dalk nie die regte birthday vibes nie.

Love was not in the air,” kla Rachelle want alhoewel sy smag na ’n drukkie van Brandon, kon dit nie in die beperkte ruimte van die warmlugballon se mandjie gebeur nie. 

7

Brendan oor boelies

Tydens die daaropvolgende piekniek word daar oor wenslysies en diep dinge gesels. In ’n onverwagte wending vertel Brendan hy was op skool geboelie. Toe word hy ’n rebel. Meisies het hom verkul. Toe word hy ’n player

“Dit het my gemaak wie ek vandag is – al daai boelies, al daai girls. Op ’n manier het dit my gelei tot waar ek my eie foute kan ken en probeer om ’n beter mens te wees.”

8

Geheime word op die lappe gebring

Tydens die piekniek nooi Brendan vir Chaunte op ’n alleen-afspraak op die dorp. Intussen wag Christine nog op haar alleen-afspraak met Brendan en glo die wag gaan dit die moeite werd maak.

Op my eish! met Brendan Peyper
Chaunte het ’n bom losgelaat tydens haar alleenafspraak met Brendan. Foto: Verskaf

Chaunte deel haar eie moeilike grootwordjare met hom – van verwerping deur modelagentskappe, ’n eetsteurnis en haar stryd met geloof. Tot waar sy op ’n dag by ’n Christelike boekwinkel ingeloop het en ’n boek oor vas daar gekoop het. Sy het vir 30 dae lank gevas en het ’n deurbraak met God gevind.

Dis toe Brendan die onderwerp verander en uitvra oor die ander meisies dat Chaunte ’n bom loslaat. Van die meisies is volgens haar daar maar “nie met reine intensies nie” want hulle het glo ouens saamgenooi en op kamera daaroor gejok. Brendan is allesbehalwe gelukkig oor dié toedrag van sake.

Volgende keer

Die skote klap en die meisies deel hul geheime talente met Brendan. Thelmané konfronteer Brendan en iemand moet waai . . .


Volg Brendan se soektog na liefde in Op my eish! op Donderdae om 20:00 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144). Ook op Catch Up ná uitsending. Ons recaps word direk ná elke nuwe episode omstreeks 21:00 gepubliseer.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer

Redakteurskeuse vir Augustus 2024: ’n ‘Eksie Perfeksie’-romkom, beste seisoen nog van ‘Fargo’, en meer

Wat om te kyk: Die tweede seisoen van die epiese TV-vertelling van 'Lord of the Rings', heerlike humor in 'JACKPOT!', die Afrikaanse romkom, 'Eksie Perfeksie' en die ongelooflike historiese drama, 'The Tattooist of Auschwitz', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies