Menu terloops
In Wat om te kyk [8 Feb 2024]

‘Op my eish!’ met Brendan Peyper: O jinne, hier kom ’n soen (of meer!) en 10 goed wat jy moet weet


Die Golden Gate-hotel net buite Clarens is waar dinge woeliger begin raak in die vyfde episode van ‘Op my Eish!’ met die sanger Brendan Peyper.

Deur Annelene Oberholzer
‘Op my eish!’ met Brendan Peyper: O jinne, hier kom ’n soen (of meer!) en 10 goed wat jy moet weet

In vandeesweek se episode van die maatsoekreeks Op my eish! met Brendan Peyper is daar nogal baie soene uitgedeel…

1

Hier kom groot ‘pêrre’

Runet, Katja, Christine, Chaunte en Thelmané is die gelukkige vyf wat hul staal in die saal moes toon nadat Eri Makubo van Gladstone Stables hulle vooraf touwys gemaak het. Brendan het Thelmané gekies omdat sy perdespringsport beoefen en vir Runet omdat hy weet sy is baie lief vir perdry. 

Time to ride! Foto: Skermgreep
2

Amper ’n liederlike skop in plaas van ’n spark

Brendan soek tevergeefs na ’n spark met Chaunte tydens die perdrit. Hy koers toe liefs na Christine se kant. Maar haar perd, Leo, is glad nie geneë vir die lukrake vlerkslepery nie. ’n Goedgemikte sydelingse skoppie na Brendan en sy perd het byna amok veroorsaak. “Amper k** ek,” is al wat  ’n verligte Brendan na die tyd kon uitkry.  

3

Runet,  Bloem en ’n klein wêreld

Die donkerkop het ’n verbaasde Brendan ingelig dat sy met saalperde aan perdeskoue by Bloemfontein se skou deelgeneem het. Hy het gereeld soontoe gegaan omdat die beeste en perde hom gefassineer het. Vroeër die dag het hy ook uitgevind dat hy al Runet se sus Efraine ontmoet het. Die wêreld is inderdaad kleiner as wat jy dink…

4

Wie maak nou Brendan se knieë lam?

In hierdie stadium beskou hy Katja as sy grootste swakheid. 

“Ek kan nie ophou vir haar kyk nie . . . sy dra haarself, sy het selfvertroue…”

5

’n Perd maak ’n plan

Brendan het nie beplan vir ’n gesprek met Thelmané nie, maar sy perd het die besluit geneem en koers reg teen die berg op. Thelmané het die gaping gevat – en ingeval by sy perd se pas. 

“En toe wil my perd nie ophou hardloop nie,” sê Brendan. 

Die twee het maar die beste daarvan gemaak vir ’n eenkant-gesels.

6

“Asseblief, asseblief”

Katja was bitter bly toe sy die uitnodiging kry om op ’n alleen-afspraak met Brendan te gaan. Onder die wilgerboom wag daar ’n lieflike piekniek vir die twee. Boonop heg Katja groot betekenis aan ’n wilgerboom en het sy selfs  ’n tattoo van ’n blaartjie van dié spesie. 

“Sy praat baie, maar nie te veel nie. Sy het net ’n perfekte balans en dit maak my van my kop af,” erken Brendan. 

“Ek gaan verlief raak op dié girl, o jinne.”

7

Speletjies lei tot ’n soen

Die piekniek onder die wilgerbome het beslis meer as net welkome skadu op die twee gewerp. Daar was duidelik gevoelens en oop gesprekke wat gevolg het. ’n Speletjie tussen Brendan en Katja word vinnig ernstig en voor jy kan sê “allamapstieks” is dit sulke tyd. Brendan erken sy is nie die eerste soen nie, maar dat hy bevoorreg voel dat hy haar kon soen.  En daardie erkenning word met nog ’n soen verseël.

Op my eish!
Dit het begin met net ’n speletjie tydens hul piekniek… Foto: Skermgreep
8

Die aap is uit die mou – en vertroue is geskend

Katja borrel oor van geluk terug by die hotel en vertel vir die meisies dat sy en Brendan gesoen het. Janae is effe onkant betrap. Sy was immers Brendan se eerste soen en was tot dusver tjoepstil daaroor. Maar kort voor lank moes sy met die sak patats na vore kom. 

“Ek wou dit nie deel nie want ek voel dit is iets persoonlik,” was haar rede waarom sy haar kamermaat, Sonel, hieroor in die donker gehou het. ’n Ontstelde Sonel voel dat dit baie lank gaan neem voordat haar vertroue in Janae herstel sal word.

9

Wie se gees gaan geblus word op pad na die Gees Fees in Dundee?

Brendan het vier meisies genooi na sy opvoering. Janae, Rachelle, Natasha en Jonelle gaan vir Brendan moet wys of hulle die bus-pas sal kan volhou. 

Tydens ’n ruskans op pad gesels Brendan eenkant met Natasha. Sy deel hom die ontstellende nuus mee dat een van die meisies in die groep vir haar gesê het sy gaan vandag huis toe. (Dit was Christine.)

Dis ’n moeilike dag vir Brendan want hy bieg dat hy nog nie daardie konneksie met Natasha gevoel het nie. Sy is baie hartseer omdat sy gehoop het om nog ’n bietjie langer te kon bly en na die tyd is Brendan spyt oor die besluit omdat hy besef het hoe besonders sy werklik is.

Op my eish!
Hierdie was ’n baie hartseer oomblik! Foto: Skermgreep
10

Brendan draai die soenkrane oop

By die fees vra Brendan vir Janae vir ’n eenkant-gesels. Sy is baie gespanne want sy het nie geweet wat om te verwag nie. Wat sy waarskynlik allermins verwag het, maar voor gehoop het, is dat Brendan haar sou vra of hulle kan voortgaan waar hulle laas geëindig het. Maar die keer moet sy die inisiatief neem en hom soen.

Op my eish!
Uiteindelik kry Rachelle haar soen! Foto: Skermgreep

Maar toe nooi hy ook vir Rachelle eenkant. Sy gryp die kans aan hom te wys sy kan kwesbaar wees, veral ná Natasha se skielike vertrek. Dis allesbehalwe wat Brendan wil doen. Hy wil haar baie graag soen . . . Met haar toestemming natuurlik! Ja, die vlinders vlinder en die soene word gesoen.

Volgende keer

Christine beland in die spervuur oor opmerkings wat ander kan krenk. En die danslesse wat volg is vir Brendan soos “wiskunde vir jou voete”. En een van die meisies sien ’n soen-gaping…

Volg Brendan se soektog na liefde in Op my eish! op Donderdae om 20:00 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144). Ook op Catch Up ná uitsending. Ons recaps word direk ná elke nuwe episode omstreeks 21:00 gepubliseer.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies