Menu terloops
In Recaps & Resensies [1 Feb 2024]

‘Op my eish!’ met Brendan Peyper: 9 goed wat jy ná episode 4 se wilde ompad moet weet


Ai, ná verlede week se warm soen, het ons gedink die sanger Brendan Peyper gaan vandeesweek groot moves maak. Helaas, dit was eerder sy ouma wat wat toe met “vars bloed” in die vroue se slaai kom krap het…

Deur Annelene Oberholzer

Stroom aanlyn

‘Op my eish!’ met Brendan Peyper: 9 goed wat jy ná episode 4 se wilde ompad moet weet

Die vierdie episode van die jongste seisoen van Op my eish!, waarin die sanger Brendan Peyper na ’n liefie soek, het almal uit die veld geslaan toe Brendan se ouma met ’n helse curveball opgedaag het.

1

‘Hallo, Boeta’

Wat voer die sanger en wingman Jo Black nou weer in die mou? Toe hy van “vars bloed” praat, was almal, Brendan inkluis, ’n bietjie uit die veld geslaan. Dis toe niemand anders as Brendan se geliefde ouma, Meisie Peyper, nie!

Vanuit die linkerveld kom die onverwagte erkenning van ouma Meisie – sy het deur ál die meisies se video’s gegaan en besluit sy kies daaruit twee meisies wat sy op haar beurt dink die beste by hom sal pas.

Op my eish!
Brendan se ouma, Meisie Peyper, het twee wild cards vir Brendan gekies… Foto: Skermgreep
2

Ouma se ‘wild cards

Nadat die aanvanklike skok by almal ingesink het, is dit Jonelle Spammer (21) van Wellington wat instap. Sy sê wat jy sien, is wat jy kry. 

Saam met haar is dit Mariska Jacobs (24) van Randfontein wat die vere in die hoenderhok meer as net ’n bietjie deurmekaar woel. Sy beskryf haarself as “sag, maar moenie oor my loop nie.”

Wild card #1: Jonelle Spammer van Wellington. Foto: Skermgreep
Wild card #2: Mariska Jacobs van Randfontein. Foto: Skermgreep
3

Kompetisie vir alleentyd met Brendan

Chaunte, Sonel en Rachelle is die eerste drie wie se name deur Jo Black genoem word. Maar Brendan kan nóg twee kies en ouma Meisie se twee wild cards word ingesluit. Dinge sal uitspeel op die Op my eish!-skietbaan met Ollie Esplin van Clarens Extreme.

Wild card-Mariska is eerste aan die beurt en sy’t ’n paar teikens gemis. Jonelle vaar glad nie sleg nie. Sonel, wat volgens haarself nie kan skiet nie, het almal – insluitend haarself – verbaas met haar akkuraatheid en spoed. Rachelle en Chaunte kon nie een van die laaste drie teikens tref nie.

4

’n Duidelike wenner – maar gaan sy iets ekstra losslaan?

Loshande is dit Sonel wat met tyd en akkuraatheid stof in die ander vier meisies se oë geskop het. Of is dit geskiet het? Met hul kuiertjie in die veld word daar ’n paar reguit vrae gevra en Brendan besluit sy is ’n regte flirt. En hy hou daarvan . . .

Maar hy voel ook sy kyk sy klere van sy lyf af. En Sonel het net een groot versugting: ’n Soen van Brendan. Maar is dit daardie soen met Janae wat hom keer? Dié keer staan hy sterk en Sonel keer soenloos terug na die groep.

Op my eish!
Aijaijai, gaan Sonel ooit haar soen kry? Foto: Skermgreep
5

Weer sulke tyd, en dis nie ’n maklike een nie

Rachelle, Natasha, Luzaan en Mariska spring saam met Brendan op die bakkie om Fouriesburg se grotte te besoek. 

By die piekniek-verrassing in die grotte bieg Mariska dat sy nog nooit ’n kêrel gehad het nie. Brendan is in tweespalt hieroor: “Of sy hou haarself vir die regte man . . . of sy’s dalk ’n bietjie vol nonsens”.

Hy besluit op geselstyd met Mariska en Natasha, want iemand moet huiswaarts keer. Dis Mariska wat moet groet. Sy is bitter spyt dat hy nie meer tyd vir haar gegun het nie. 

En Natasha vat net daar die gaping om vir Brendan ’n papierbootjie in die hand te stop. 

“Natasha verras my elke dag,” erken hy.

Luzaan word genooi vir nog ’n alleen-gesels met Brendan. Min het sy geweet haar opgewondenheid oor die geselsie gaan haar drome versplinter. Brendan erken van sy kant af is die konneksie met haar nie sterk genoeg nie en sy moet haar tasse pak.

6

Intussen tuis is dit tyd vir meer geheime

Tuis besluit die res van die meisies om dalk nie meer alles met mekaar te deel nie om te verhoed dat hul afsprake met Brendan vergelyk word en jaloesie sake kan bederf. Sonel en Janae is kamermaats, maar Janae het tot op hede nie ’n woord gerep oor daai soen nie.

7

Kalmte na die uitskakel-storm

Natasha het die situasie by die grotte fyn opgesom en vir Brendan en Rachelle gesê dat sy reeds haar tyd met Brendan gehad het, maar nie Rachelle nie. Daarom bied sy aan om hulle twee alleen te los sodat Rachelle ook haar een-tot-een met Brendan kan hê. 

Brendan sê dit voel nou hy kan rus en gemaklik wees. Daar’s iets aan Rachelle wat hom laat ontspan.

8

Die anonieme briefskrywer word ontmasker

Dis juis hier waar Brendan die gaping vat en Rachelle konfronteer oor die briefies, maar sy beweer sy wing net vir iemand anders. Tot waar Brendan die briefie lees. “Dis ek, stoutg*t” is hoe sy hom inlig dat dit tog wel sy is.

Kyk hoe koer die twee! Foto: Skermgreep
9

Gaan Rachelle haar soen kry?

Nee, besluit Brendan. Hy wil . . . maar hy gaan haar nog ’n bietjie langer laat wag. Is die chemistry besig om tussen die twee op te bou?

Volgende week

Daar is letterlik en figuurlik perde wanneer die span op ’n perderit gaan en een perd byna-byna vir Brendan raak skop. En, in sy gesoute wingman se woorde, “skiet Cupid se pyle links en regs” toe Brendan van die meisies na een van sy vertonings nooi…


Volg Brendan se soektog na liefde in Op my eish! op Donderdae om 20:00 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144). Ook op Catch Up ná uitsending. Ons recaps word direk ná elke nuwe episode omstreeks 21:00 gepubliseer.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies