Menu terloops
In Wat om te kyk [28 Des 2024]

Jou telenovela-gids vir Januarie 2025: Noue ontkomings en ʼn wedloop teen tyd in ‘My naam is Farah’


Tyd loop uit vir Tahir en Farah en Mehmet veg vir sy lewe nadat hy geskiet word. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Januarie. Hier is ons handige kykgids.

Stroom aanlyn

Jou telenovela-gids vir Januarie 2025: Noue ontkomings en ʼn wedloop teen tyd in ‘My naam is Farah’

Elke maand bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovela, My naam is Farah, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. 

Woensdag, 1 Januarie

Later by die bruilof kry Gönül ʼn geleentheid om met Orhan te gesels. Hulle styk dinge uit. Tesame met Spesiale Magte voer Mehmet en sy manne ʼn klopjag op Ali Galip se pakhuis uit.

Donderdag, 2 Januarie

Tahir het Ali Galip op sy knieë, maar wil nie bloed op sy hande hê nie en sê vir hom hy moet vlug. Hy kom op Mehmet af met ʼn skietwond in die kop.

Maandag, 6 Januarie

Behnam is verheug wanneer hy uitvind dat daar ʼn kans is dat hy Kerim se pa is.

Dinsdag, 7 Januarie

Behnam plant ʼn saadjie in Kerim se kop oor wie sy pa kan wees. Farah word gevange gehou en word ingelig dat Kerim na Iran geneem word. Tahir loop hom in ʼn strik vas.

Woensdag, 8 Januarie

Bade probeer haar bes om vir Mehmet wakker te kry. Tahir wil Farah en Kerim weer red, maar loop hom vas. Ali Galip probeer Bade vermoor, maar iemand steek ʼn stokkie vir sy planne.

Donderdag, 9 Januarie

Mehmet herwin sy bewussyn, maar kan nie onthou wie hom geskiet het nie. Tahir word uit die tronk vrygelaat en sê vir Behnam dat hy hom as Kerim se pa sal aanvaar.

Maandag, 13 Januarie

Behnam se ma kry Farah uit die huis uit om inkopies te gaan doen en probeer haar omkoop om te verdwyn. Tahir ontvoer Farah, oortuig dat Behnam haar teen haar wil aanhou.

Dinsdag, 14 Januarie

Farah ontsnap terug na Behnam. Merjan vind uit dat Behnam op Tahir jag maak. Ilyas kom agter dat Vera nie is wie sy voorgee nie.

Woensdag, 15 Januarie

Farah word steeds deur Behnam gevange gehou, maar probeer ontsnap as daar aan haar gesê word Tahir is dood. Tahir word egter gered deur iemand wat haar eie vendetta teen Behnam het.

My naam is Farah
Gaan hulle ooit hul gelukkige einde kry? Demet Özdemir is Farah Ersaid en Engin Akyürek is Tahir Lekesiz. Foto: Verskaf

Donderdag, 16 Januarie

Farah se vreugde om Kerim by haar te hê, is van korte duur as Tahir met die getekende egskeidingsdokumente opdaag. Behnam gun haar ʼn bietjie meer vryheid.

Maandag, 20 Januarie

Vera en Gönül is op pad na die direksievergadering om vir Behnam uit te daag vir die voorsitterskap van die maatskappy. Vandat Ali Galip verdwyn het, is Vera en Gonul in beheer van sy aandele.

Dinsdag, 21 Januarie

Haluk oorreed vir Akbar om saam met hom na die bekendstellingsfunksie van Azadi en Akıncı Holdings toe te gaan. Tot almal se verbasing daag Tahir by die funksie op en maak ʼn aankondiging.

Woensdag, 22 Januarie

Merjan daag by Tahir met ʼn bottel wyn op. Behnam laat Farah ʼn bietjie vryheid toe maar sy word deur Rahsan gedwarsboom. Farah reël deur middel van Gönül om Tahir te siene te kry.

Donderdag, 23 Januarie

Perihan vertel vir Vera hoe Orhan haar mishandel. Mehmet probeer onthou wie hom geskiet het en Bade sê sy bly by hom sodat sy ook die naam kan hoor wanneer hy sy geheue herwin.

Maandag, 27 Januarie

Ali Galip se testament word gelees, wat Vera baie ontstoke laat. Sy vertel vir Behnam dat Tahir Mehmet se broer is. Tahir gaan lê skelm besoek by Farah af.

Dinsdag, 28 Januarie

Tahir probeer om vir Farah en Kerim van Behnam af weg te kry, maar hy word deur ʼn slinkse plan uitoorlê. Mehmet gaan terug kantoor toe, en daar wag ʼn onaangename verrassing.

Woensdag, 29 Januarie

Tahir vra Bekir om hom te help in sy oorlog teen Behnam in ruil vir Ali Galip se notaboek waarin al Ali se geheime opgeteken is. Mehmet wil sy broer opspoor en hy onthou wie hom geskiet het.

Donderdag, 30 Januarie

Dis ʼn wedloop teen tyd voordat Behnam met Farah trou en Tahir probeer haar red. Mehmet se inmenging maak Tahir se taak nog moeiliker. 


My naam is Farah word Maandae tot Donderdae om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai. Dit is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Mei 2025

Rachelle woeker met haar slinkse planne om Shani te verneder en die matriekafskeid kom al nader. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

‘Diepe Waters’: Dís die storielyne om in Mei dop te hou

Mei bring nie net nuwe wendings nie, maar ook selfontdekking, groei en opwindende moontlikhede in 'Diepe Waters'.

Meer

Redakteurskeuse vir Mei 2025: ‘Bridget Jones 4’, ‘Die brug S2’, ‘Die nuusmakers’ en meer

Wat om te kyk: 'Die nuusmakers', ’n nuwe Afrikaanse drama wat persoonlike en professionele drama in die nuuskantoor in oënskou bring; die gewilde avontuur-realiteitsreeks 'Die brug' se tweede uittog; Tina Fey in 'The Four Seasons', ’n reeks wat raakvat soos min; en Bridget Jones se vierde fliekavontuur – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Mei 2025

Aline se landerye vat vlam terwyl sy nog sukkel om die plaas se skuld te delg. En dan word sy boonop amper vergiftig! Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Mei. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies