Murderville is ’n anderste tipe reeks, so betree dié wêreld met ’n oop kop – dit is die moeite werd.
Die akteur Will Arnett, bekend vir onder meer sy rol in Arrested Development en sy onmiskenbare diep, growwe stem, vertolk Terry Seattle, ’n speurder wat dag in en dag uit moordsake oplos.
Sy partners hou egter nie lank nie (die redes hiervoor word gou duidelik) en in elke episode staan ’n celebrity guest in as sy regterhand wat moet help om die saak op te los.
Daar’s ’n groot kinkel wat dié misdaadkomedie lekker pret maak en vir ROFL-oomblikke sorg: Die gassterre ontvang nooit ’n teks nie en het dus geen idee waaroor hul episode gaan of wat gaan gebeur nie. Alles is improvisasie!
Annie Murphy, Conan O’Brien, Ken Jeong, Kumail Nanjiani, Marshawn Lynch en Sharon Stone is die gassterre wat saam speurder in Murderville speel.
Vanaf 3 Februarie.
Kyk ook:
Nog komedies
Kry Netflix met DStv
DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →