Menu terloops

Brooklyn Nine-Nine S1-8

Op Showmax [Gepubliseer op 7 Feb 2022]


‘Brooklyn Nine-Nine’ is, sonder twyfel, een van die beste TV-komedies nog.

Kyk nou al 8 seisoene van Brooklyn Nine-Nine

Brooklyn Nine-Nine S1-8
Kyk lokprent

Dan Goor, ook die skepper van die bekroonde en briljante The Good Place, het met Brooklyn Nine-Nine dit reggekry om ernstige temas met ’n kombinasie van genialiteit, oorspronklikheid en lawwigheid te laat tref. 

In kort draai Brooklyn Nine-Nine om die speurders van ’n Brooklyn-polisiekantoor (spesifiek, soos die titel aandui, die 99th precinct). Dis juis die karakters – tesame met die akteurs wat hul nommerpas vertolk – wat jou bakkies kielie. 

Onder leiding van kapt. Raymond Holt (Andre Braugher) moet Jake Peralta (Emmy-wenner Andy Samberg), Rosa Diaz (Stephanie Beatriz), Amy Santiago (Melisssa Fumero), Terry Jeffords (Terry Crews), Charles Boyle (Joe Truglio), en die onafskeidbare lamsakke Hitchcock (Dirk Blocker) en Scully (Joel McKinnon Miller) dié deel van Brooklyn se boewe vasstrek. Daar is áltyd weldeurdagte kinkels wat jou uit jou maag sal laat lag. 

Die agtste en laaste reeks van die Emmy-bekroonde komediereeks het ’n punt van 89% op die resensiewebwerf op Rotten Tomatoes.

Seisoen 8, die finale seisoen, is pas op Showmax beskikbaar en nou kan jy die volle reeks, S1-8, binge.

Dié komedies sal jou ook laat lekker lag

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies