Menu terloops

Brooklyn Nine-Nine S1-8

Op Showmax [Gepubliseer op 7 Feb 2022]


‘Brooklyn Nine-Nine’ is, sonder twyfel, een van die beste TV-komedies nog.

Kyk nou al 8 seisoene van Brooklyn Nine-Nine

Brooklyn Nine-Nine S1-8
Kyk lokprent

Dan Goor, ook die skepper van die bekroonde en briljante The Good Place, het met Brooklyn Nine-Nine dit reggekry om ernstige temas met ’n kombinasie van genialiteit, oorspronklikheid en lawwigheid te laat tref. 

In kort draai Brooklyn Nine-Nine om die speurders van ’n Brooklyn-polisiekantoor (spesifiek, soos die titel aandui, die 99th precinct). Dis juis die karakters – tesame met die akteurs wat hul nommerpas vertolk – wat jou bakkies kielie. 

Onder leiding van kapt. Raymond Holt (Andre Braugher) moet Jake Peralta (Emmy-wenner Andy Samberg), Rosa Diaz (Stephanie Beatriz), Amy Santiago (Melisssa Fumero), Terry Jeffords (Terry Crews), Charles Boyle (Joe Truglio), en die onafskeidbare lamsakke Hitchcock (Dirk Blocker) en Scully (Joel McKinnon Miller) dié deel van Brooklyn se boewe vasstrek. Daar is áltyd weldeurdagte kinkels wat jou uit jou maag sal laat lag. 

Die agtste en laaste reeks van die Emmy-bekroonde komediereeks het ’n punt van 89% op die resensiewebwerf op Rotten Tomatoes.

Seisoen 8, die finale seisoen, is pas op Showmax beskikbaar en nou kan jy die volle reeks, S1-8, binge.

Dié komedies sal jou ook laat lekker lag

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer
Sien alle opsies