Menu terloops

After Life S1-3

Op Netflix [Gepubliseer op 10 Jan 2022]


Dié donker komediereeks gaan jou snot en trane laat huil – en lag.

After Life S1-3
Kyk lokprent

Ricky Gervais vertolk die hoofrol in een van Netflix se top-reekse, After Life. 

After Life volg die lewe van ’n plaaslike koerantjoernalis, Tony (Gervais), ná die kanker-dood van sy geliefde vrou, Lisa (Kerry Godliman). Hy haal sy woede op almal rondom hom uit en sy vriende en familie moet hard op hul tande kners oor sy filterlose kommentaar en haglike gedrag, maar, omdat hulle vir hom jammer voel, laat hulle hom met die ongelooflikste goed wegkom. Slegs ’n weduwee, Anne (Penelope Wilton), wat hy by die plaaslike begraafplaas ontmoet, praat reguit – en uit die hart uit – met hom. 

Nog ’n reeks met boeiende perspektiewe op die nuanses tussen lief en leed en lewe en dood, is die briljante donker komedie-drama Six Feet Under, nou op Showmax.

Kyk After Life S1-3 op Netflix.

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies