Menu terloops
In Wat om te kyk [1 Feb 2022]

Wat om te kyk op Netflix in Februarie 2022


Netflix se hoogtepunte vir Februarie sluit in die opspraakwekkende verhaal van ’n sogenaamde erfgenaam in ‘Inventing Anna’ en ’n Tinder-verhouding wat lelik skeefloop in ‘The Tinder Swindler’.

Wat om te kyk op Netflix in Februarie 2022

Inventing Anna

In Inventing Anna ondersoek ’n joernalis die saak van Anna Delvey, die sogenaamde Duitse erfgenaam wat die harte van New York se sosiale vlinders gesteel het…en ook hul geld.

Inventing Anna is gegrond op die New York-artikel “How Anna Delvey Tricked New York’s Party People” deur Jessica Pressler, oor hoe dié fake socialite dit reggekry het om ’n rat voor New York se rykstes se oë te draai. 

Anna (regte naam Anna Sorokin) word deur die talentvolle Julia Garner vertolk, terwyl Vivian, die joernalis op haar spoor deur Anna Chlumsky gespeel word. 

Dit val in die interessante hybrid-ruimte tussen fiksie en ware misdaaddrama – “This whole story is completely true. Except for all the parts that are totally made up” lui die vervaardigers se boodskap aan die begin van die storie. 

As ’n semi-fiktiewe vertelling is dié verregaande bedrogspul vol sappige detail en drama – soos die hoofkarakter self.

Vanaf 11 Februarie.

Kyk ook:

The Tinder Swindler

The Tinder Swindler vertel die haas absurde (tog ware) storie van ’n kamma-miljardêr wat sy lyf playboy op Tinder gehou het. Maar dit draai toe uit hy is allesbehalwe, en ’n groep vroue neem hul voor om dié liegbek te laat boet. 

Dit begin as Cecilie met dié aantreklike vabond op die dating app, Tinder, match – sy kan amper nie haar geluk glo nie. Dís mos die man van haar drome! Helaas – as sy uiteindelik ontdek hy is glad nie die suksesvolle internasionale sakeman waarop sy haar hart verloor het nie, is dit te laat. Hy is vort met alles wat sy gehad het.

Cecilie ontdek dan sy was nie sy enigste teiken nie en dié vroue span dan saam om wraak te neem en hom voor die hof te bring. 

Die meesleurende dokkie is deur dieselfde span wat die briljante The Imposter en Don’t F**k with Cats, gemaak het.

Vanaf 2 Februarie.

Kyk ook:

Vikings: Valhalla

Vikings: Valhalla speel meer as ’n eeu na die einde van die oorspronklike Vikings-reeks af. 

Spanning tussen die Vikings en die Engelse koninklikes het ’n bloedige breekpunt bereik terwyl die Vikings ook onder mekaar stry kry oor hul botsende geloofsoortuigings.

Soos sy voorganger, is dié bloedige affêre een wat drama en aksie met die geskiedenis van die Vikings vermeng. Dit vertel oor die heldhaftige avonture van die beroemdste Vikings wat ooit geleef het, soos die legendariese ontdekkingsreisiger Leif Eriksson (Sam Corlett), sy vurige en koppige suster Freydis Eriksdotter (Frida Gustavsson), en die ambisieuse prins Harald Sigurdsson (Leo Suter).

Vanaf 25 Februarie.

Kyk ook:

Space Force S2

Daar is ’n nuwe baas op die plaas en generaal Naird en sy maltrap-span het slegs vier maande om vir die nuwe Amerikaanse president te oortuig om nie hul afdeling, Space Force, af te skaf nie.

Met die skreeusnaakse Steve Carrell, Friends se Lisa Kudrow, The Good Place se Ben Schwartz en die briljante John Malkovich.

Vanaf 18 Februarie.

Kyk ook:

Murderville

Ontmoet Terry Seattle (Will Arnett), senior speurder, moordafdeling. Vir Terry begin elke dag met ’n nuwe moordsaak en ’n nuwe celebrity guest as sy partner wat moet help om die saak op te los. 

Maar wag! Daar’s ’n groot kinkel wat dié misdaadkomedie lekker pret maak: Die gassterre ontvang nooit ’n teks nie en het dus geen idee waaroor hul episode gaan of wat gaan gebeur nie. Hulle is dus geheel en al van hul improvisasie-talente afhanklik. 

Die reeks is gegrond op die BAFTA-bekroonde BBC3-reeks, Murder in Succesville

Annie Murphy, Conan O’Brien, Ken Jeong, Kumail Nanjiani, Marshawn Lynch en Sharon Stone is die gassterre wat saam speurder speel.

Vanaf 3 Februarie.

Kyk ook:

Nog nuut op Netflix:

1 Februarie

  • The Apprentice: ONE Championship Edition – Netflix Series
  • Gabby’s Dollhouse: Season 4 – Netflix Kids & Family Series
  • Raising Dion: Season 2- Netflix Series

2 Februarie 

  • Dark Desire: Season 2 – Netflix Series
  • MeatEater Season 10 Part 2 – Netflix Documentary

3 Februarie

  • Murderville – Netflix Series
  • Finding Ola – Netflix Series
  • Kid Cosmic: Season 3 – Netflix Kids & Family Series

4 Februarie

  • Through My Window – Netflix Film
  • Looop Lapeta – Netflix Film
  • Sweet Magnolias: Season 2 – Netflix Series

8 Februarie 

  • Ms. Pat: Y’all Wanna Hear Something Crazy? – Netflix Comedy Special
  • Child of Kamiari Month – Netflix Film

9 Februarie

  • Ideias à Venda – Netflix Series
  • Disenchantment: Part 4- Netflix Series
  • The Privilege – Netflix Film
  • Catching Killers: Season 2 – Netflix Documentary
  • Only Jokes Allowed – Netflix Series

10 Februarie 

  • Until Life Do Us Part – Netflix Series
  • Into the Wind – Netflix Film

11 Februarie 

  • Toy Boy Season 2 – Netflix Series
  • Inventing Anna – Netflix Series
  • Love and Leashes – Netflix Film
  • Anne+: The Film – Netflix Film
  • Bigbug – Netflix Film
  • Tall Girl 2 – Netflix Film
  • Love is Blind S2

12 Februarie

  • Forecasting Love and Weather – Netflix Series
  • Twenty Five Twenty One – Netflix Series

14 Februarie 

  • Devotion, A Story of Love and Desire – Netflix Series
  • Fishbowl Wives – Netflix Series

15 Februarie 

  • Ridley Jones: Season 3 – Netflix Kids & Family Series

16 Februarie 

  • Thirty-Nine – Netflix Series
  • Swap Shop: Season 2 – Netflix Series
  • Secrets of Summer – Netflix Kids & Family Series
  • jeen-yuhs: A Kanye Trilogy – Netflix Documentary

17 Februarie 

  • Young Wallander: Killer’s Shadow – Netflix Series
  • Erax – Netflix Film
  • Heart Shot – Netflix Film
  • Forgive Us Our Trespasses – Netflix Film
  • Fistful of Vengeance – Netflix Film
  • Mo Gilligan: There’s Mo to Life – Netflix Comedy Special

18 Februarie 

  • One of Us Is Lying – Netflix Series
  • Space Force: Season 2 – Netflix Series
  • Rabbids Invasion Special: Mission to Mars – Netflix Film
  • Texas Chainsaw Massacre – Netflix Film
  • The Cuphead Show!- Netflix Kids & Family Series
  • Downfall: The Case Against Boeing – Netflix Documentary

20 Februarie 

  • Don’t Kill Me – Netflix Film

22 Februarie 

  • Cat Burglar – Netflix Series
  • Race: Bubba Wallace – Netflix Documentary

23 Februarie 2022

  • UFO – Netflix Film

24 Februarie 

  • Karma’s World Music Videos – Netflix Kids & Family Series

25 Februarie

  • Back to 15 – Netflix Series
  • Merlí. Sapere Aude – Netflix Series
  • Restless – Netflix Film
  • Tyler Perry’s A Madea Homecoming – Netflix Film

28 Februarie

  • My Wonderful Life – Netflix Film
  • Love is Blind Japan – Netflix Series

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
5

Totsiens, ‘Wyfie’: S2 se 5 onvergeetlike storielyne

Met die laaste sarsie 'Wyfie'-episodes op hande, kyk ons terug na vyf storielyne wat ons tydens die tweede seisoen van dié baanbrekende Afrikaanse universiteitsdrama geboei het.

Meer
Sien alle opsies