Menu terloops
In Gons [12 Aug 2024]

Jou telenovela-gids: Dinge raak net erger vir Zeynep in ‘Moederhart’


Hier is waarna jy hierdie week (12 tot 15 Augustus 2024) op die Turkse telenovela ‘Moederhart’ op kykNET&kie kan uitsien.

Kyk nou

Jou telenovela-gids: Dinge raak net erger vir Zeynep in ‘Moederhart’

Elke week bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovela, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. Hier is wat hierdie week op Moederhart gaan uitspeel.

Maandag, 12 Augustus

Kemal ontdek die identiteit van die man waarna hy soek. Talat sien ’n geleentheid raak om Karamaner se aandeleprys te laat val.  

Dinsdag, 13 Augustus

Zerrin het ’n groot probleem met Zeynep wat Onur in die tronk wil besoek. Zeynep kry meer inligting om Onur te bevry. 

Woensdag, 14 Augustus

Asya en Kemal het ’n woordewisseling. Ahmet kry slae. Nefise begin haar bewussyn herwin.

Donderdag, 15 Augustus

Ahmet beïndruk Muzaffer. Azime is opgewonde toe Nefise haar oë oopmaak. 


Moederhart word Maandae tot Donderdae om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai. Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Augustus 2026

Die waarheid oor ’n dokter lei tot ’n dramatiese wending en Joe is desperaat om vrae oor sy identiteit te beantwoord. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer
Sien alle opsies