Menu terloops
In Gons [11 Mar 2025]

Gelukkige nr. 13 vir Gerrie Pretorius se ‘Leef jou reis’


Met ’n paar propvol paspoorte en nie minder as 85 lande wat hy reeds besoek het nie, is Gerrie Pretorius en sy reisprogram, ‘Leef jou reis’, eersdaags terug op die kassie vir ’n 13de seisoen. 

Gelukkige nr. 13 vir Gerrie Pretorius se ‘Leef jou reis’

Die 13de seisoen van Gerrie Pretorius se Leef jou reis neem weer vir kykers na prentjiemooi bestemmings. Die reeks word vanaf Aprilmaand weer op kykNET uitgesaai.

“Die program het sedert die eerste seisoen mense inspireer om die wêreld te verken” sê Gerrie luidens ’n mediaverklaring. “Die handelsnaam Leef Jou Reis speel ook ’n leidende rol in die toerismebedryf. Dis ’n gerespekteerde naam in die nasionale- én internasionele toerbedryf en ons span word gereeld deur ambassades en toerisme-owerhede genooi om gesprekke oor die toekoms en ontwikkeling van reis te lei. Leef Jou Reis neem mense ook op eksklusiewe toere na groot sportgeleenthede, soos die F1-wedren in Abu Dhabi, en ekspedisies na Antarktika.”

Leef jou reis
Dis ’n gelukkige 13de seisoen vir Leef jou reis.

Seisoen 13 se hoogtepunte

Een van die hoogtepunte dié seisoen sluit ’n blik op Venesië se nooddienste in, met onder meer die stad se waterambulanse wat bekyk word. Natuurlik kom die inwoners se konstante uitdagings met die stygende en dalende watervlakke ook onder die loep. 

In nog ’n hoogtepunt word daar in Turkye besoeke afgelê aan historiese karavaanherberge, die marmerstrate van Ephesus, die sewe kerke van Openbaring en die ikoniese sprokieslandskap van Kappadosië, bekend vir sy feetjietorings en ondergrondse stede. 

Dan is daar ook besoeke aan Granada, Málaga en Marrakesj, asook ’n reis op Suid-Afrika se luukse Bloutrein en ’n soektog na versteekte aantreklikhede in Kaapstad. 


Die nuwe seisoen van Leef jou reis begin op 5 April om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144). Episodes sal ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar wees.  

Die 11de seisoen van Leef jou reis is ook tans op Showmax beskikbaar om te stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer

Jou telenovela-gids vir Maart 2025: Die einde breek aan in ‘My naam is Farah’

Tahir probeer steeds om vir Farah te beskerm soos dié verhaal ten einde loop. Hier is ons handige kykgids vir meer oor wat in die laaste sarsie episodes van ‘My naam is Farah’ op kykers wag.

Meer
Sien alle opsies