Menu terloops
In Gons [26 Jan 2024]

Kyk nou: Lokprent vir ‘Catch Me A Killer’, rillende jagtog gegrond op ware verhaal


Showmax het die eerste lokprent vir ’n rillende nuwe misdaadreeks, ‘Catch Me A Killer’, wat draai om Suid-Afrika se eerste reeksmoordenaar-profiler, Micki Pistorius, vrygestel.

Kyk nou: Lokprent vir ‘Catch Me A Killer’, rillende jagtog gegrond op ware verhaal
Kyk lokprent

Catch Me A Killer begin op 12 Februarie 2024 met weeklikse nuwe episodes. Die rol van Micki Pistorius word deur Charlotte Hope, bekend vir haar rolle as Myranda in Game of Thrones en as Catherine van Aragon in The Spanish Princess, vertolk. 

Die regie word afgewissel tussen die Safta-wenners Rene van Rooyen (Toorbos, Alles Malan, Summertide) en Brett Michael-Innes (Fiela Se Kind), asook Tracey Larcombe (Silent Witness).

Volgens Rene het Micki ’n amperse superheldstatus in Suid-Afrika gekry met die werk wat sy gedoen het. 

Gegrond op memoires

Die reeks is gegrond op Micki se gelyknamige memoires, en sien hoe dié forensiese sielkundige oor die loop van tien episodes op Suid-Afrika se mees gevreesde moordenaars jag maak. Elke episode fokus op een van die ondersoeke waarop sy gewerk het – insluitend die sogenaamde Cleveland Killer-saak en die bloedspoor wat Stewart ‘Boetie Boer’ Wilken, agtergelaat het.

Catch Me A Killer gaan oor Micki se ervaring om die psige van reeksmoordenaars te probeer verstaan, maar dit is ook meer as dit,” sê Charlotte.

Catch Me a Killer
Catch Me A Killer gaan deels oor Micki se ervaring om die psige van reeksmoordenaars te probeer verstaan, meen die aktrise Charlotte Hope.

“Aan die een kant is dit ’n ware misdaad: elke week het ons ’n ander episode, ’n ander reeksmoordenaar en ’n ander saak om op te los. Maar dit is ook ’n karakterstudie. Hierdie is ’n vrou wat deur ’n groot emosionele reis gaan. Deur die psige van die moordenaars te verstaan, is sy ook bewus van wat op ’n sielkundige vlak met haar gebeur.”

Catch Me A Killer, ’n koproduksie tussen Showmax en Duitsland se Night Train Media, is ook ’n klassieke underdog-verhaal: Micki is die enigste vroulike profiler in ’n oorwegend manlike polisiemag. Boonop is hulle diep agterdogtig oor die hele konsep van sielkunde en dink om die moordenaars te probeer verstaan, is eerder ’n mors van tyd en hulpbronne. Die reeks is ook ’n tydkapsule vir Suid-Afrika in die 1990’s toe die optimisme van die land se nuwe demokrasie deur ’n string reeksmoordenaars ondermyn is.

‘Whydunnit?’

Die Safta-wenner Amy Jephta (Barakat, Skemerdans) is die hoofskrywer, en het saam met mense soos Sarah Hooper (Shameless), Jessica Ruston (Harlots) en Oliver Frampton (Sister Boniface Mysteries) aan die reeks gewerk. Onder die episodes wat Amy geskryf het, tel die tweeledige loodsepisode wat die storie van die sogenaamde Stasiemoordenaar, óftewel die Station Strangler.

Volgens Amy is die reeks nie ’n whodunnit nie, “eerder ’n whydunnit. Jy is ewe veel binne die perspektief van die moordenaars en die slagoffer se families as wat jy binne Micki se perspektief is. Dit is ’n fassinerende kat-en-muisverhaal.”

Catch Me a Killer
Albert Pretorius vertok die rol van Stewart “Boetie Boer” Wilken in Catch Me A Killer. Foto: Verskaf

Behalwe vir Steven Ward (One Piece) en die nuweling Donna Cormack-Thomson wat gereeld in die reeks verskyn, verander die ondersteunende rolverdeling met elke episode. Kyk uit vir mense soos Lemogang Tsipa (Shaka iLembe), Waldemar Schultz (Die Byl), Ivan Zimmermann (Alles Malan), Frank Rautenbach (Lioness, Summertide), Silwerskermwenner Carel Nel (Gaia), asook Safta-benoemdes Albert Pretorius (Spinners, Devil’s Peak) en Sean Cameron Michael (Fried Barry) as onderskeidelik Stewart “Boetie Boer” Wilken en FBI-profiler Robert Ressler.


Catch Me A Killer begin op 12 Februarie 2024 met nuwe episodes wat weekliks tot en met 10 April 2024 vrygestel sal word.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies