Menu terloops
In Gons [26 Jan 2024]

Kyk nou: Lokprent vir ‘Catch Me A Killer’, rillende jagtog gegrond op ware verhaal


Showmax het die eerste lokprent vir ’n rillende nuwe misdaadreeks, ‘Catch Me A Killer’, wat draai om Suid-Afrika se eerste reeksmoordenaar-profiler, Micki Pistorius, vrygestel.

Kyk nou: Lokprent vir ‘Catch Me A Killer’, rillende jagtog gegrond op ware verhaal
Kyk lokprent

Catch Me A Killer begin op 12 Februarie 2024 met weeklikse nuwe episodes. Die rol van Micki Pistorius word deur Charlotte Hope, bekend vir haar rolle as Myranda in Game of Thrones en as Catherine van Aragon in The Spanish Princess, vertolk. 

Die regie word afgewissel tussen die Safta-wenners Rene van Rooyen (Toorbos, Alles Malan, Summertide) en Brett Michael-Innes (Fiela Se Kind), asook Tracey Larcombe (Silent Witness).

Volgens Rene het Micki ’n amperse superheldstatus in Suid-Afrika gekry met die werk wat sy gedoen het. 

Gegrond op memoires

Die reeks is gegrond op Micki se gelyknamige memoires, en sien hoe dié forensiese sielkundige oor die loop van tien episodes op Suid-Afrika se mees gevreesde moordenaars jag maak. Elke episode fokus op een van die ondersoeke waarop sy gewerk het – insluitend die sogenaamde Cleveland Killer-saak en die bloedspoor wat Stewart ‘Boetie Boer’ Wilken, agtergelaat het.

Catch Me A Killer gaan oor Micki se ervaring om die psige van reeksmoordenaars te probeer verstaan, maar dit is ook meer as dit,” sê Charlotte.

Catch Me a Killer
Catch Me A Killer gaan deels oor Micki se ervaring om die psige van reeksmoordenaars te probeer verstaan, meen die aktrise Charlotte Hope.

“Aan die een kant is dit ’n ware misdaad: elke week het ons ’n ander episode, ’n ander reeksmoordenaar en ’n ander saak om op te los. Maar dit is ook ’n karakterstudie. Hierdie is ’n vrou wat deur ’n groot emosionele reis gaan. Deur die psige van die moordenaars te verstaan, is sy ook bewus van wat op ’n sielkundige vlak met haar gebeur.”

Catch Me A Killer, ’n koproduksie tussen Showmax en Duitsland se Night Train Media, is ook ’n klassieke underdog-verhaal: Micki is die enigste vroulike profiler in ’n oorwegend manlike polisiemag. Boonop is hulle diep agterdogtig oor die hele konsep van sielkunde en dink om die moordenaars te probeer verstaan, is eerder ’n mors van tyd en hulpbronne. Die reeks is ook ’n tydkapsule vir Suid-Afrika in die 1990’s toe die optimisme van die land se nuwe demokrasie deur ’n string reeksmoordenaars ondermyn is.

‘Whydunnit?’

Die Safta-wenner Amy Jephta (Barakat, Skemerdans) is die hoofskrywer, en het saam met mense soos Sarah Hooper (Shameless), Jessica Ruston (Harlots) en Oliver Frampton (Sister Boniface Mysteries) aan die reeks gewerk. Onder die episodes wat Amy geskryf het, tel die tweeledige loodsepisode wat die storie van die sogenaamde Stasiemoordenaar, óftewel die Station Strangler.

Volgens Amy is die reeks nie ’n whodunnit nie, “eerder ’n whydunnit. Jy is ewe veel binne die perspektief van die moordenaars en die slagoffer se families as wat jy binne Micki se perspektief is. Dit is ’n fassinerende kat-en-muisverhaal.”

Catch Me a Killer
Albert Pretorius vertok die rol van Stewart “Boetie Boer” Wilken in Catch Me A Killer. Foto: Verskaf

Behalwe vir Steven Ward (One Piece) en die nuweling Donna Cormack-Thomson wat gereeld in die reeks verskyn, verander die ondersteunende rolverdeling met elke episode. Kyk uit vir mense soos Lemogang Tsipa (Shaka iLembe), Waldemar Schultz (Die Byl), Ivan Zimmermann (Alles Malan), Frank Rautenbach (Lioness, Summertide), Silwerskermwenner Carel Nel (Gaia), asook Safta-benoemdes Albert Pretorius (Spinners, Devil’s Peak) en Sean Cameron Michael (Fried Barry) as onderskeidelik Stewart “Boetie Boer” Wilken en FBI-profiler Robert Ressler.


Catch Me A Killer begin op 12 Februarie 2024 met nuwe episodes wat weekliks tot en met 10 April 2024 vrygestel sal word.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies