Menu terloops
In Sepies [4 Mei 2024]

Jou telenovela-gids: ‘Skerpioen’ groet, drama in ‘Moederhart’ duur voort


Waarna kan jy hierdie week (6 tot 9 Mei 2024) op die telenovelas ‘Moederhart’ en ‘Skerpioen’ op kykNET&kie uitsien?

Jou telenovela-gids: ‘Skerpioen’ groet, drama in ‘Moederhart’ duur voort

Elke week bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovelas, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien.

Hier is wat hierdie week op Moederhart en op die heel laaste episode van Skerpioen gaan uitspeel.

Moederhart

Maandag, 6 Mei 

Nefise vra Muzaffer vir hulp om Emre te bevry. Ahmet steel sy pa se geld om Zeynep te help.

Dinsdag, 7 Mei 

Nefise besef iets verskriklik en dit dwing haar om ’n eerlike gesprek met Muzaffer te hê. Onur konfronteer vir Zeynep.

Woensdag, 8 Mei 

Muzaffer jaag vir Azime en Emel weg en gooi Nefise se klere uit. Nefise en Emre vind uit van Zeynep en Ahmet se huwelik.

Donderdag, 9 Mei

Ahmet ontvoer vir Zeynep. Emre en Suat kry werk op ’n boot.

Moederhart word van Maandag om 17:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai. Van Dinsdag, 7 Mei 2024, skuif Moederhart na die 20:00-tydgeleuf vir die res van die reeks.

Skerpioen

Maandag, 6 Mei – slotepisode

In die slotepisode oorreed Perihan vir Ferda om haar uit die hospitaal te kry om die een droom op haar lysie te laat waar word. Min weet Ferda dat Perihan nog een troefkaart het om te speel.


Skerpioen se finale episode word Maandag, 6 Mei 2024, om 20:00 op kykNET&kie en DStv Stream (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Hou terloops dop vir nuus oor die volgende telenovela wat oorgeklank gaan word.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies