Menu terloops
In Gons [28 Aug 2023]

‘Donkerbos’, ‘Arendsvlei’, ‘Hans steek die Rubicon oor’ wen by Silwerskerm-toekennings


Uitmuntende werk in Suid-Afrika se TV- en rolprentbedryf is by die afgelope Silwerskerm-toekennings vereer. Hier is die wenners in al die kategorieë.

‘Donkerbos’, ‘Arendsvlei’, ‘Hans steek die Rubicon oor’ wen by Silwerskerm-toekennings

Van die ontnugterende Showmax-rillerdramareeks Donkerbos, tot die speelfilm Hans steek die Rubicon oor met Pierre van Pletzen in die bekroonde hoofrol – die room van die plaaslike bedryf het vir vanjaar se Silwerskermbeeldjies meegeding.

Die toekennings het ná afloop van vanjaar se Silwerskermfees plaasgevind.

Vir die eerste keer het die fees ook televisie omarm, met televisieloodsprogramme wat by die fees vertoon is, asook die insluiting van Silwerskermbeeldjies aan die akteurs, aanbieders, en persoonlikhede wat tussen 1 April 2022 en 31 Maart 2023 vir uitmuntende vermaak op die kykNET-kanale gesorg het. 

Buiten die 31 toekennings by die CTICC, is die twee legendes Freek Robinson en Cedwyn Joel vereer vir hul lewensbydraes tot die plaaslike vermaaklikheidsbedryf.

Die vervaardiger André Scholtz is ook by die Silwerskermfees se tegniese toekennings in Kampsbaai vereer. 

Silwerskermfees Edwin van der Walt Donkerbos, Silwerskerm
Edwin van der Walt het vir sy toneelspel in Donkerbos die prys vir beste akteur in ‘n dramareeks gewen. Foto: Verskaf

Hier is die lys van die wenners vir film en TV:

Beste ondersteunende rol in ’n drama

Nicole Holm – Donkerbos

Speelfilm: Beste ondersteunende akteur

Joshwin Dyson – Old Righteous Blues

Speelfilm: Beste ondersteunende aktrise

Bianca Flanders – Frankie & Felipé

Beste nuweling in ’n telenovela of sepie

Devonecia Swartz – Arendsvlei

Silwerskermfees Silwerskerm
Devonecia Swartz is as beste nuweling vir haar rol in Arendsvlei aangewys. Foto: Verskaf

Beste aanbieder: Kookprogram

Alfred Adriaan – Roer!

Beste aanbieder in ’n leefstylprogram

Nataniël – Nataniël. Erik. Wolf.

Beste skurk in ’n telenovela of sepie

André Odendaal – Binnelanders

Beste aanbieder in ’n speletjiesprogram

Rian van Heerden – Wie word ’n miljoenêr

Kortfilm: Beste akteur

Gershwin Mias – Die Blokke

Kortfilm: Beste aktrise

Roeline Daneel – As

Beste aanbieder in ’n gespreksprogram

Heindrich Wyngaard – KLOP! 

Beste aanbieder in ’n realiteitsprogram

Bertus Basson – In die sop

Beste akteur in ’n telenovela of sepie

Dann-Jacques Mouton – Arendsvlei

Beste aktrise in ’n telenovela of sepie

Cindy Swanepoel – Binnelanders

Beste TV-oomblik van die jaar

Suidooster – Mnr. en Mev. Samsodien se troue

Beste akteur in ’n komedie

Desiré Gardner – Magda Louw

Beste aanbieder in ’n buitelug-aktiwiteitsprogram

Dewald Visser – Mal kamper

Beste aanbieder in ’n joernaalprogram

Hannes van Wyk – Kwêla

Hannes van Wyk, Kwela, Silwerskermfees, Silwerskerm
Hannes van Wyk het gewen vir sy aanbiedersrol in Kwêla. Foto: Verskaf

Beste akteur in ’n drama

Edwin van der Walt – Donkerbos

Beste aktrise in ’n drama

Erica Wessels – Donkerbos

Erica Wessels Donkerbos
Erica Wessels Foto: Verskaf

Beste TV-film

Vuurdoop – André Velts Films

Beste ensemble-aanbiederspan

La’t wiel

Beste aanbieder in ’n aktuele program

Lourensa Eckard – In gesprek

Beste kortfilm

’n Doop om stilte

Persoonlikheid van die jaar

Jonathan Rubain – Koortjies

Speelfilm: Beste regisseur

Corné van Rooyen – Hans steek die Rubicon oor

Speelfilm: Beste akteur

Pierre van Pletzen – Hans steek die Rubicon oor

Pierre van Pletzen Hans steek die rubicon oor.
Pierre van Pletzen Foto: Verskaf

Speelfilm: Beste aktrise

Carla Smith – Die tragiese saak van Pamina Vermaak

Speelfilm: Beste speelfilm

Hans steek die Rubicon oor

Lewensbydrae

Cedwyn Joel (Commendatio deur Dawie Carollisen)

Freek Robinson (Commendatio deur Wilma Alant)

Hier is die lys van die wenners vir tegniese toekennings:

Speelfilm: Beste produksie-ontwerp

Dean Abrahams – Old Righteous Blues

Speelfilm: Beste oorspronklike klankbaan

Edward George King – Old Righteous Blues

Speelfilm: Beste draaiboek

Elanie Rupping, Bibi Slippers – Die tragiese saak van Pamina Vermaak

Speelfilm: Beste klankontwerp

Tim Pringle – Blindelings

Speelfilm: Beste kinematografie

JohannesPieter Nel – Die tragiese saak van Pamina Vermaak

Speelfilm: Beste redigering

Eva du Preez – Die tragiese saak van Pamina Vermaak

Kortfilm: Beste kinematografie

Alfonzo Franke – Die Blokke

Kortfilm: Beste oorspronklike klankbaan

Edward George King – Volle bors

Kortfilm: Beste klankontwerp

Adriaan Drotsché (Audiopimps) – Die Swart Draak ontwaak

Kortfilm: Beste redigering

Johannes Pieter Nel – Die Swart Draak ontwaak

Kortfilm: Beste produksie-ontwerp

Burger Meyer – Karen

Kortfilm: Beste draaiboek

Roxanne Blaise & Mujaahid Valley – Die Blokke

Kortfilm: Beste regie

Emilie Badenhorst & Kanya Viljoen – ’n Doop om stilte

Beste dokumentêr

Besmet

Dokumentêr: Beste regie

Reginald Hufkie & Frankie Opperman – Langafstand

Dokumentêr: Beste redigering

Adi van der Walt – Besmet

Dokumentêr: Beste klankontwerp

Call of the Wild – Renier van Niekerk

Spesiale Vermeldings:

Franci Swanepoel

Ensemble-spel – Straatrotte

Garderobe – Old Righteous Blues

Grafika – Straatrotte

Choreografie en waaghalstoertjies – Die Swart Draak ontwaak

Poppespel – Thrift tot die dood

Bradley Olivier 

Lewensbydrae

André Scholtz

Feesgunsteling

Straatrotte

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

‘Wyfie’: Jou kykgids vir Oktober 2024

Dinge raak ernstig tussen Maggie en Shay en Kyla moet moeilike keuses maak. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer
Sien alle opsies