Menu terloops
In Sepies [25 Feb 2025]

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir Maart 2025


Karla is in die middel van ’n liefdesdriehoek wat twee vriende uitmekaar kan dryf, en daar’s iets wat tussen Rossouw en Lucy broei… Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Stroom 'Diepe Waters'

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir Maart 2025

Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand in Diepe Waters kan verwag.

Maandag, 3 Maart  

Gys beplan iets spesiaals vir Zelda. Lucas is vasgevang in ’n ongemaklike liefdesdriehoek. Lucy en Rossouw groei nader aan mekaar.

Dinsdag, 4 Maart 

Karla stem in tot ’n tweede afspraak saam met Juvan. Rossouw en Lucy se vriendskap groei. Zelda het ’n knaende gevoel…

Woensdag, 5 Maart 

Karla besef sy kan nie meer as vriende met Lucas wees nie. Rossouw en Lucy se verhouding ontwikkel. Gary oorweeg sy opsies.

Donderdag, 6 Maart 

’n Ongenooide gas ontwrig Gys en Zelda se troudag. Sanet waarsku Rossouw teen Lucy. Lucas deel iets persoonlik met René.

Maandag, 10 Maart 

Gys maak ’n aankondiging. Rossouw en Lucy vertrek op hul oornagafspraak, en Karla en Juvan se afspraak het goed begin.

Dinsdag, 11 Maart 

Juvan is in die sewende hemel ná sy aand met Karla. Zelda word gebombardeer met veragting.

Woensdag, 12 Maart 

Lucas erken sy gevoelens vir Karla. Rossouw en Lucy is nie op dieselfde bladsy nie. Zelda is op soek na Gary.

Donderdag, 13 Maart  

Gys konfronteer die emosionele gevolge van Zelda se optrede. Lucas en Karla besluit om Juvan die waarheid te vertel – sal hul vriendskap oorleef?

Maandag, 17 Maart  

Juvan se kop haak weer uit. Rossouw probeer met Lucy opmaak. Zelda verloor die laaste persoon wat vir haar omgee.

Dinsdag, 18 Maart  

Karla probeer om Juvan en Lucas se vriendskap te red. Lucy het ’n slegte reaksie toe Rossouw haar met ’n geskenk verras.

Woensdag, 19 Maart 

Gys probeer van die hond ontslae raak. Lucy het nuus vir Nina. Iemand doen aansoek vir ’n posisie by Skinvestment.

Donderdag, 20 Maart 

Gys is geïrriteerd met Zelda. Die gevryery maak vir Lucas ongemaklik. Daar is ’n nuwe gesig in Boskruin.

Maandag, 24 Maart  

Lucas voel onseker oor sy verhouding met Karla. Zelda stel ’n nuwe terapeut aan.

Dinsdag, 25 Maart  

Karla en Lucas vind hulself in ’n ongemaklike gesprek. Zelda en Gys stry oor uitstaande skuld.

Woensdag, 26 Maart  

Zelda voel onseker oor Gys en René se vriendskap. Gys dink Lucas benodig ’n sterk pa-figuur in sy lewe.

Donderdag, 27 Maart  

Die Swartmarlyne se familie-soirée is ’n verrassende aand vir Sanet en Fourie. Juvan besluite om Lucas en Karla te vergewe. Kelsey beïndruk Zelda verder.

Maandag, 31 Maart

Sanet ontmoet Fourie se eks-vrou. René daag Gys uit, en Pam vis wat by Skinvestment aangaan.


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies