Menu terloops
In Wat om te kyk [27 Mar 2025]

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir April 2025


Bianca veroorsaak moeilikheid tussen Fourie en Sanet terwyl Lucas en Karla hul verhouding na die volgende vlak neem… Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Stroom 'Diepe Waters'

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir April 2025

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Diepe Waters kan verwag.

Dinsdag, 1 April

Bianca probeer hard om Juvan se guns te wen. Zelda vertrou vir Kelsey ten volle. Karla word onkant gevang…

Woensdag, 2 April

Karla is bekommerd oor haar verhouding. Juvan is skepties oor Bianca se terugkoms, en Zelda bevind haarself in ’n donker plek.

Donderdag, 3 April

Zelda vind die waarheid oor Kelsey uit. René gee vir Lucas raad, en Lettie vertel vir Pam en Sanet van Gys en René.

Maandag, 7 April

Gys en René se band word hegter. Hilda hou van Zelda se lewe, en Bianca probeer om nader aan Fourie te beweeg.

Dinsdag, 8 April

Bianca veroorsaak moeilikheid tussen Fourie en Sanet. Pam kry ’n skok wanneer die bank haar kontak.

Woensdag, 9 April

Kelsey doen iets waaroor sy spyt is. René verstaan nie die lyn tussen besigheid en persoonlike lewe nie, en Bianca maak Sanet onseker.

Donderdag, 10 April

Bianca en Juvan onderbreek Sanet en Fourie se eetafspraak. Gys en Pam vind uit van Zelda se geheim.

Maandag, 14 April

Jenna probeer Zelda opspoor. Sanet dink Fourie ignoreer haar, en Zelda se welstand veroorsaak stres in die familie.

Dinsdag, 15 April

Bianca mors met Fourie se planne. René wys Gys van die hand, en Pam maak ’n besluit oor haar ma.

Woensdag, 16 April

Bianca is ’n doring in Sanet se vlees. Gys probeer om vir René te vermy, en Pam en Zelda probeer om mekaar weer te vind.

Donderdag, 17 April

Pam dra steeds die Better Core-gewigte tot almal se vermaak. Karla en Lucas se verhouding vorder, en Sanet en Fourie sit vas.

Maandag, 21 April

Gys en René se swemsessie eindig nie soos hulle gedink het nie. Lucas en Karla neem hul verhouding na die volgende vlak.

Dinsdag, 22 April

Lettie en Henry ervaar ’n teleurstelling. Fourie vind uit hoe Bianca hom jare terug verlaat het.

Woensdag, 23 April

Daar’s moeilikheid tussen Sanet en Fourie. Tshepo gee vir Henry raad, en ’n ou vriend kom kuier by Gys.

Donderdag, 24 April

Geheime ontvou soos Fourie ’n verborge waarheid ontdek. Hartseer bring Gys en Pam nader aan mekaar.

Maandag, 28 April

Daar is moeilikheid in die Bester-huis. Die prins lê besoek af by die Swartmarlyne, en Lettie maak ’n besluit.

Dinsdag, 29 April

Pam en Siseko gesels land en sand. Fourie en Juvan is tot in hul siele geskok, en daar is konflik tussen Lettie en Henry.

Woensdag, 30 April

Bianca probeer Juvan terugwen. Henry en Lettie ontmoet ’n jong vrou, en Pam ontvang hartverskeurende nuus.


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies