Menu terloops
In Gons [20 Sep 2024]

‘Die brug’ vir ’n Emmy-toekenning benoem 


‘Die brug’ was een van die gewildste realiteitsprogramme op kykNET verlede jaar – en dis nou vir ’n internasionale Emmy-toekenning benoem! 

Kyk 'Die brug' S1 op Showmax

‘Die brug’ vir ’n Emmy-toekenning benoem 

Die brug is die eerste Suid-Afrikaanse weergawe van dié internasionale formaatreeks – boonop in Afrikaans. En nie net plaaslike kykers is deur die asemrowende natuurtonele, die vindingryke en kreatiewe kamerawerk, die klankbaan en kunsregie, asook die storie se vele kinkels en kabels beïndruk nie. Die beoordelaars van die Internasionale Emmy-toekennings was duidelik ewe meegesleur en só is Die brug in die kategorie vir beste vermaak sonder ’n draaiboek (non-scripted entertainment) benoem. Die benoemings is in New York bekend gemaak.  

“Toe Marguerite Albrecht, een van die opdraggewende vervaardigers by kykNET, in Mei 2022 voorgestel het kykNET pas die internasionale formaat The Bridge vir ons kykers aan, het ons geweet hier kom ’n ding,” sê Waldimar Pelser, M-Net-direkteur van Premium-kanale.

die brug

“Die eindproduk, vervaardig deur die produksiemaatskappy Red Pepper, het ons kykers buitensporig baie plesier verskaf. Om boonop op internasionale vlak erkenning te kry vir ’n Afrikaanse produksie wat naby die beeldskone Swellendam in die Suid-Kaap verfilm is, voel geweldig goed.”

Die brug, wat deur Frederick Louw en Lindi Lucouw van Red Pepper vervaardig is, se eerste seisoen is tans op Showmax te sien. Verfilming van die tweede seisoen begin eersdaags. Dit sal na verwagting volgende jaar op kykNET uitgesaai word. 

Die wenner van Die brug se eerste seisoen was die oud-rugbyspeler van Pretoria, Robert Kruger.

Die Internasionale Emmy-toekenningsgeleentheid is op 25 November in New York. Daar is 14 kategorieë en 56 benoemdes uit 21 lande wat vir dié gesogte toekennings meeding. Die ander benoemdes in die katergorie waarvoor Die brug benoem is, is Anything Goes (Mexico), Restaurant Misverstand (België) en The Summit (Australië). 


Kyk Die brug S1 nou op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
5

Totsiens, ‘Wyfie’: S2 se 5 onvergeetlike storielyne

Met die laaste sarsie 'Wyfie'-episodes op hande, kyk ons terug na vyf storielyne wat ons tydens die tweede seisoen van dié baanbrekende Afrikaanse universiteitsdrama geboei het.

Meer
Sien alle opsies