Menu terloops
In Gons [22 Jul 2024]

Skryf in vir S2 van ‘Die brug’


kykNET se uitdagende realiteitsreeks, ‘Die brug’, is terug vir ’n groter, selfs meer gewaagde tweede seisoen, en die inskrywings is tot 31 Augustus 2024 oop.

Skryf in vir S2 van ‘Die brug’

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis met R1 miljoen kontant daarin. Die enigste manier om daarby uit te kom is om ’n brug te bou – en jou medebouers te oortuig om vir jou oor die brug te laat loop om die prysgeld op te eis. kykNET se epiese realiteitsreeks, Die brug, is terug vir ’n groter, selfs meer gewaagde tweede seisoen, en die inskrywings is tot 31 Augustus oop by kykNET.tv.

Hoe werk dit?

Die brug los ’n groep vreemdelinge in ’n afgeleë wildernis met een eenvoudige taak: bou ’n brug van die oewer na ’n eiland waar die prys van R1 miljoen wag. En dít binne minder as 20 dae. Die spel gaan nie net oor die uitdaging om die brug te bou nie – dit gaan ook oor die toets van die spelers se sosiale vaardighede, morele, fisieke en geestelike krag en uithouvermoë. Hoe gaan hulle die klowe in hul eie lewens oorbrug en hul eie vooroordele bestuur om saam te werk vir sukses? Wie sal die eerste wees om hul pad oor die brug na die prys te onderhandel? En sal hulle by die beloftes hou wat hulle gemaak het om daar uit te kom?

Kykers wat die boeiende eerste seisoen gevolg het, mag dink hulle het nou alles uitgepluis. Die doelpale word egter verskuif in die tweede seisoen. Die spelers moet saamwerk om onstuimige waters oor te steek. Daar wag dus baie onverwagse kinkels, en selfs meer verrassings en versoekings as in die eerste seisoen.

Gewild onder kykers

Die brug is ’n wêreldwye fenomeen en was een van die gewildste realiteitsprogramme op kykNET verlede jaar. Ons is dus opgewonde om ons kykers op ’n tweede seisoen te trakteer,” sê Waldimar Pelser, kanaaldirekteur van Premium-kanale by die MultiChoice-groep.

“Die program het vinnig ’n fanatiese gevolg gekry. Ons het hard gewerk om seker te maak dat daardie getroue aanhangers beloon word – en dat die spelers in die tweede seisoen op hul tone bly.”

Avril Albetti, een van die eerste seisoen se spelers, is ook as Persoonlikheid van die Jaar by vanjaar se Silwerskermtoekennings vir Film en TV benoem.

Die reeks word deur Red Pepper Pictures vervaardig en sal vroeg in 2025 op kykNET uitgesaai word.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

‘Wyfie’: Jou kykgids vir Oktober 2024

Dinge raak ernstig tussen Maggie en Shay en Kyla moet moeilike keuses maak. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Oktober 2024

Wat om te kyk: Die derde seisoen van die vlymskerp komediereeks, 'Hacks', kopdokters wat dinge sê nes dit is in 'Shrinking' S2, en agter die kospotte in 'Julia' S2 en die nuwe realiteitsreeks, 'The Pasta Queen', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
Sien alle opsies