Menu terloops
In Gons [14 Mar 2024]

‘Bravo!’: Nuwe tydgleuf vir gewilde glansprogram


‘Bravo!’ se Ewan, Marciel en Reynard is vanaf begin-April in ’n splinternuwe tydgleuf op kykNET te sien ná meer as ’n dekade se Sondae in kykers se sitkamers.

‘Bravo!’: Nuwe tydgleuf vir gewilde glansprogram

Die gewilde Afrikaanse glansprogram, Bravo!, spog binnekort met ’n nuwe tydgleuf. Dít sal vanaf Donderdag, 11 April 2024, om 21:00 op kykNET uitgesaai word, in plaas van Sondae om 18:00.

Bravo! is vir meer as ’n dekade een van kykNET  se ankerprogramme. Dit gee sedert 2012 vir kykers ’n blik op die Suid-Afrikaanse glanswêreld, gepaardgaande met kuiers in die binnekringe van bekendes. Die program word deur Ewan Strydom, Reynard Slabbert en Marciel Hopkins aangebied.

Ewan is ook die aanbieder van die werklikheidsreeks, Plaasjapie, waarvan die tweede seisoen op Donderdag, 18 April 2024, om 20:00 op kykNET begin. Die nuwe seisoen van Plaasjapie vervang die maatsoekreeks Op my eish! met musiekman Brendan Peyper wat eersdaags ten einde loop.

“Dit is vir my ’n groot voorreg om vanaf April eers Donderdae ’n stofpadraai by Plaasjapie te gooi om te wys hoe die stadsjapies swoeg en sweet, en dan direk daarna koers te kies na die rooitapyt,” sê Ewan.

“Gelukkig is ek ewe tuis in ’n stywe Boerboel-kortbroek en -hemp as ’n swierige swart pak!” 

Weens hierdie skeduleverandering, gaan Fiësta, wat ook reeds vir sowat tien jaar deel is van die kykNET-spyskaart, ook in ’n nuwe tydgleuf – Sondae om 18:00 vanaf 7 April 2024 – uitgesaai word. 

Al dié kykNET-programme kan ook op DStv Stream gestroom word en is boonop ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies