Menu terloops
In Lysie-lysie [22 Jul 2022]

‘Boer soek ’n vrou S15’: Ontmoet die boere wat liefde soek


Sien jy dalk jou pasmaat hier? ‘Boer Soek ’n Vrou’ nooi jou om in te skryf vir die 15de seisoen van dié immergewilde realiteitsreeks.

Kyk vorige seisoene

‘Boer soek ’n vrou S15’: Ontmoet die boere wat liefde soek
Kyk lokprent

Om vir Boer soek ’n vrou in te skryf, kliek hier en volg die instruksies. Gee ook aandag aan die reëls om seker te maak jou inskrywing is geldig. Inskrywings sluit 28 Julie. Die 15de seisoen van dié immergewilde reeks sal weer deur Marciel Hopkins aangebied word.

Van die vorige seisoene is nou op Showmax beskikbaar om te stroom.

1
Boer Soek ’n Vrou

Riaan (40) is ’n saaiboer – en glo ook ’n bobaas kok – in Nigel, Gauteng. Hy boer saam met sy pa en broer op hul familieplaas en stokperdjies sluit in jag, skyfskiet, driekampe, fotografie, houtwerk en kamp. Hy kweek ook clivias.

Hy beskryf sy ideale maat só: “Die volgende is vir my belangrikke eienskappe in ‘n pasmaat: Intelligensie, aktief (maar verkieslik in ’n mate sportief), selfstandig, gelowig. ’n Liefde vir kinders, diere, plaaslewe en bereidwilligheid om eendag op ’n plaas te kan bly.” 

2
Boer Soek ’n Vrou

Rampie (29) is ’n wildsboer in Modderrivier in die Noord-Kaap. Hy jag ook en ander stokperdjies sluit in fietsry en swem, asook onthaal op die plaas. 

Hy beskryf sy ideale maat as volg: “Christelike waardes, selfstandig, aantreklik, sosiaal, liefdevol, romanties, energiek, bok vir sports, natuurliefhebber, passievol oor haar doel in die lewe, hardwerkend, spontaan, dinamies.”

3
Boer Soek ’n Vrou

Philru (26) is ’n beesboer in Petrus Steyn, Vrystaat. Sy stokperdjies sluit in jag, visvang, en hy geniet tyd in die natuur en tyd saam met sy vriende en honde. 

Hy beskryf sy ideaal maat só: Ek soek ’n vrou wat sal aard op die plaas en my sal ondersteun in goeie en slegte omstandighede. ’n Vrou wat my sal bystaan deur dik en dun. ’n Vrou wat naby aan God leef en my sal liefhê soos ek is. Ek wil goeie wortels kan skep saam ’n vrou wat ’n voorbeeld stel vir ons nageslag en ook die mense rondom ons.” 

4
Boer Soek ’n Vrou

Louis M (26) is ’n wildsboer in Limpopo. Hy geniet om nuwe mense te ontmoet en is gretig vir nuwe uitdagings, plekke en om nuwe herinneringe te maak. 

Hy beskryf sy ideaal maat só: “’n Vrou soos my Ouma Dina. Iemand waarmee ek die lewe kan geniet en alles deel – die goed en die sleg. ’N Vriend,  ’n lewensmaat. Iemand wat die slegte dag beter kan maak, wat die moeilikste situasie maklik maak, wat daar is om mens te ondersteun. Natuurlik moet sy eerlik, liefdevol, en vol lewe wees. Sy moet die potensiaal hê om  ’n goeie ma vir haar kinders te wees en  ’n goeie vrou vir haar man.”

5
Boer Soek ’n Vrou

Louis B (26) is ’n saai- en beesboer in Ottosdal in Noordwes. Hy beskryf homself as ’n spontane, gedrewe en energieke mens, asook baie lojaal. Sy stokperdjies sluit in visvang, jag, vlieg en skoffel (dans). 

Hy beskryf sy ideaal maat só:Sy moet lojaal, betroubaar, sterk in geloof wees en goeie morele waardes hê. Sy moet ook spontaan en self-trots wees.” 

6
Boer Soek ’n Vrou

Kotie (43) het ’n gemengde boerdery (saai en beeste) in Harrismith, Vrystaat. Hy geniet dit om saam met vriende te kuier, te braai, tennis te speel en is lief vir die buitelewe. Vriende en familie is vir hom baie belangrik. 

Sy ideale maat beskryf hy só:Ek soek ’n vrou wat liefde uitstraal en ’n lus vir die lewe het, wat dinge saam met my kan geniet en die lekker dinge net nog lekkerder maak, maar ook die teleurstellings en nie so lekker goed beter maak. Ek soek ’n goeie lewensmaat.” 

7
Boer Soek ’n Vrou

Hennie (35) is ’n graan- en merinoboer in Moorreesburg, Wes Kaap. Hy geniet nuwe avonture en is behulpsaam in die gemeenskap. Hy hou van die natuurlewe en is ’n kranige gholfspeler.  

Hy beskryf sy ideale maat só: “Ek hou van iemand wat gemaklik is met wie sy is. ’n Sagte hart, maar moet kan standpunt inneem. Sy moet doelgerig wees met drome. Hou van die natuur en diere.” 

8
Boer Soek ’n Vrou

Francois (50) het ’n gemengde boerdery (hoofsaaklik volstruise) in Oudtshoorn in die Wes-Kaap. Hy is geskei, en het ’n seun uit sy vorige huwelik. Hy beskryf homself as romanties, en lief vir kosmaak en lekker gesels, asook ’n aand om die vuur met ’n wyntjie en ’n Karoo-tjoppie, en sê hy hou daarvan om ’n vrou te bederf.

Hy beskryf sy ideale maat só: “Die belangrikste eienskappe vir my is spontanïteit, eerlikheid, Christelike waardes, avontuurlustig, baie goeie kommunikasie. ’n Liefdevolle vrou met ’n passie vir die plaaslewe. Sy moet selfvertroue hê en aan my sy staan. Sy moet ook gesteld wees op selfversorging. 

9
Boer Soek ’n Vrou

David (31) is ’n tafeldruiwe- en sitrusboer in Augrabies, Noord-Kaap. Hy beskryf homself as ’n hardwerkende jong boer vol energie en is mal oor sport en gretig om nuwe dinge te probeer. Hy geniet die natuur- en buitelewe en meen hy doen moeite vir diegene wat hy liefhet. 

Sy ideale maat beskryf hy só: “My ideale vrou moet engergiek wees en hou van die buitelewe. Sy moet ’n kind van die Here wees en goeie waardes hê. Sy moet ’n bok vir sports wees en ook daarvan hou om ’n bietjie te sosialiseer. Op die ou einde is om ’n gebalanseerde lewe te handhaaf vir my belangrik.” 

10
Boer Soek ’n Vrou CHERIE

Cherié (34) boer met gemengde kleinvee in Herbertsdale, Wes Kaap. Sy is diep gelowig en is gemaklik in stilte. Sy sê sy lewe elke dag asof dit haar laaste is en geniet dit om rondom haar hartsmense en haar honde-kinders te wees. Sy geniet ook die buitelewe en probeer so aktief moontlik wees. 

Sy beskryf haar ideale maat as volg: “Ek vind ’n godvresende man met selfrespek, ’n goeie dosis humor en ’n lus vir die lewe, baie aantreklik. Moet asseblief nie boer nie (net een van ons twee hoef mal te wees), maar hy moet hou van diere, die natuur en gemaklik wees in sy vel. ’n Liefde vir wat hy as beroep beoefen is wel belangrik, mens wil nie ’n derde van jou dag om wens nie. Moenie dinge te ernstig opneem nie, en bereid wees om nuwe ervarings te probeer. Moet sober gewoontes hê, en as hy kan kook, kry hy ekstra punte. Ouderdom is net ’n nommer. Ek soek nie iemand om my te “voltooi” nie, want ek glo net God kan jou waarlik volkome vul, maar soek eerder iemand saam met wie ek die res van my die lewe in sy volheid kan geniet.” 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer

Redakteurskeuse vir Augustus 2024: ’n ‘Eksie Perfeksie’-romkom, beste seisoen nog van ‘Fargo’, en meer

Wat om te kyk: Die tweede seisoen van die epiese TV-vertelling van 'Lord of the Rings', heerlike humor in 'JACKPOT!', die Afrikaanse romkom, 'Eksie Perfeksie' en die ongelooflike historiese drama, 'The Tattooist of Auschwitz', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies