Menu terloops
In Onderhoude [20 Jul 2022]

‘Arendsvlei’ se Roberto Kyle oor ‘Sons of the Sea’: Gebore om súlke stories te vertel


In ‘Sons of the Sea’ speel Roberto Kyle ’n begaafde, dog teruggetrokke tiener uit ’n arm vissersgemeenskap wat op vlug slaan ná sy broer hom aansê om perlemoen te steel.

Deur Xabiso Ngqabe

Kyk nou

‘Arendsvlei’ se Roberto Kyle oor ‘Sons of the Sea’:  Gebore om súlke stories te vertel
Kyk lokprent

Buiten sy SAFTA-bekroonde vertolking van Lee-Roy Foster in die kykNET-telenovela Arendsvlei, het Roberto ook ’n verskeidenheid van karakters in reekse soos Fynskrif, Afgrond en Die Spreeus in die lewe geroep. 

Saam met hom in die rolverdeling van Sons of the Sea tel die veteraanakteur Brendon Daniels (Skemerdans, Die Boland Moorde) en Nicole Fortuin (Flatland, Klein Karoo 2). Die fliek het verlede jaar sy internasionale première in Kalifornië by die 2021 Cinequest Internasionale Filmfees gehad en het ook verlede jaar die prys vir beste rolprent by die Durban Internasionale Filmfees gewen. Vir sy spel het Roberto ook die prys vir mees belowende akteur by die Africa Choice-toekennings verlede jaar ingepalm. 

Die Paarl-boorling gesels met ons oor sy rol as Gabriel in Sons of the Sea, wat nou op Showmax beskikbaar is. 

Sons of the Sea
Roberto Kyle as Gabriel in Sons of the Sea. Foto: Verskaf

Hoe het jy in toneelspel beland en wat het jou geïnspireer om stories te vertel?

“Ek was nog altyd kreatief. Ek was baie gelukkig om in ’n huis groot te word waar my kreatiwiteit ondersteun is, veral deur my ma. Ek het na ’n musiekskool gegaan waar ek klassieke solosang studeer het en selfs by die dramaklub aangesluit. Dit was nog altyd my droom om ’n loopbaan te hê wat my in staat sou stel om myself kreatief uit te druk. Ek het ’n BA Honneursgraad in teater en opvoering aan die Universiteit Kaapstad se dramaskool voltooi. Ek dink dít is waar ek meer verlief geraak het op die medium van stories.”

Wat het deur jou gedagtes gegaan toe jy die draaiboek vir Sons of the Sea ontvang het?

“Ek was ongelooflik ontroer! Ek het myself op elke enkele bladsy gesien en gedink dit is die rol waarin ek myself voorgestel het. Die skryfwerk is ongelooflik. Elke emosionele maatslag in die storielyn is in my lyf geborduur voordat ek die draaiboek opgetel het. Toe ek dit die eerste keer lees, was ek soos ‘kyk na God.’ Dít is hoekom ek gebore is. Om súlke stories te vertel.”

Hoe opsetlik is jy oor die rolle wat jy aanpak?

“Ek glo dat stories slegs ’n groep mense, ’n gemeenskap en kultuur volkome kan uitbeeld as dit van daardie mense self af kom. Deur dit te doen, as daardie mense in die kamer is terwyl jy hul storie vertel, is dit intrinsiek aan integriteit gekoppel.

My wens is altyd dat as mense by my werk betrokke raak, dit op ’n impakvolle manier sal gebeur. Met elke rol wat ek speel, hoop ek dat hulle hulself daarin sien – eg en met integriteit weerspieël.”

Vertel ons meer oor jou karakter in Sons of the Sea.

“Gabriel is so ’n lieflike seun wat eintlik op ’n baie interessante stadium in sy lewe is. Hy is besig om van ’n tiener in ’n jong volwassene te verander. Hy kom van ’n moeilike agtergrond; hy en sy ouer broer wat vir hulself moet sorg.

Sons of the Sea
Roberto Kyle en Nicole Fortuin in Sons of the Sea. Foto: Verskaf

Hy kry ook ondersteuning van sy meisie (gespeel deur Nicole Fortuin). Haar liefde laat hom voel asof hy enigiets met sy lewe kan doen, dat hy kan waag om fotografie na te streef, waarin hy baie goed is, en as sy kaartjie uit sy generational trauma sien. Hy is baie vriendelik en optimisties, en hy is ook gedeeltelik naïef. Jy sien dit in die film as sy broer (gespeel deur die nuweling Marlon Swartz) hom misbruik.”

Hoe het jy vir die rol voorberei?

“Ons het die film oor die loop van twee weke geskiet en ek was toe ook besig om Arendsvlei te verfilm. Dit was ’n baie immersive proses. Ons het vooraf baie gerepeteer en tyd spandeer in die sitkamer van ’n gemeenskapslid wat in baie opsigte ’n helpende hand deur die film geword het. Hy was vir ons ’n direkte skakel met die gemeenskap van Kalkbaai.

So die voorbereiding was baie fisiek en emosioneel. Dit was vir my baie belangrik om naby die emosies te bly waardeur Gabriel gaan. Die marginalisering wat ontwerp is om Gabriel in hierdie omstandighede te hou, weerspieël ook die omstandighede vir seuns van die Paarl, waar ek vandaan kom. Dit was baie soortgelyk aan my in terme van my bruinheid, en sy gebrek aan ’n vaderfiguur. Ek moes opreg bly.”

Jy het as die mees belowende akteur by die Africa Choice-toekenning gewen. Hoe het dit jou lewe verander?

“Ek het baie geëerd gevoel en ek is veral ontroer omdat dit ’n vasteland-toekenning is. Nou word my werk deur mense aan die ander kant van die vasteland gesien.”

Ek kan my voorstel dit moes amper dieselfde gevoel gewees het as toe jy die Goue Horing vir jou rol in Arendsvlei gewen het.

“Ek bedoel, toe ek uitvind dat ek vir die Africa Choice-toekennings benoem is, het ek gesê ‘dankie God dat U my herinner dat ek doen wat ek veronderstel is om te doen en dat U sien wat ek in my handewerk sit.’ Vir my is dit net belangrik om eerlik te bly in die keuses wat ek maak en die projekte wat ek aanpak.

Selfs met die SAFTA het ek net by myself gedink, ‘kyk hoe God vir my sê dat ek op die regte plek op die regte tyd in my lewe is.’ Ek is uiters nederig oor die erkenning. Ek sal aanhou doen wat ek doen om stories opreg te vertel.”

Jy het saam met ’n legende, Brendon Daniels, aan hierdie film gewerk. Wat het jy by hom geleer?

“Brendon Daniels het my pa in my eerste Suid-Afrikaanse TV-program, Knapsekêrels, gespeel en ek was heeltemal starstruck. Toe – en weer op die stel van Sons of the Sea – moes ek myself herinner dat hy die man is na wie ek al die langste opkyk. Ek het hom al in baie programme en flieks gesien en dit het my laat voel asof ek dieselfde kan doen.

Sons of the Sea
Roberto Kyle en Brendon Daniels in Sons of the Sea. Foto: Verskaf

“Hy het ’n manier om die karakters met soveel erns uit te beeld ten spyte van die karakter se gegewe omstandighede. So as jy na sy karakters kyk – jy voel iets. Ek dink dit is een van die grootste geskenke wat ’n akteur kan hê. Ek streef steeds daarna.”

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies