Menu terloops
In Wat om te kyk [15 Des 2021]

8 jaar later: ‘Klein Karoo 2’ uiteindelik hier


Wat om te kyk: ‘Klein Karoo 2’, met onder andere Tim Theron en Leandie du Randt in die rolverdeling, is nou eksklusief op DStv Box Office beskikbaar.

Kyk nou Klein Karoo 2

8 jaar later: ‘Klein Karoo 2’ uiteindelik hier
Kyk lokprent

Agt jaar nadat Frans (Tim Theron) sy hart of Cybil (Donnalee Roberts) in die romantiese komedie Klein Karoo (nou op Showmax) verloor het, verbrokkel dié twee se liefdesverhaal en Frans beland vir ’n tweede maal alleen, en met ’n gebroke hart, voor die kansel.

Dis net die begin van die slegte nuus vir Frans – dié 38-jarige dokumentêre filmmaker vind boonop uit dat hy ’n breingewas het.

Maar dan ontmoet hy vir ene Chloë, ’n beeldskone boer (vertolk deur Boer soek ’n Vrou-aanbieder Marciel Hopkins), as hy haar langs die pad teëkom waar sy ’n plaasheining regmaak. Só vind hy uit van ’n rits veediefstalle wat die Karoo-boere se voortbestaan bedreig. Frans se hart is mos op sy mou, so hy begin werk aan ’n nuwe dokkie om dié boere te help.

Bongi (Sisanda Henna), Jackie (Leandie du Randt) en Tarryn (Nicole Fortuin), staan weer bont om die dokkie te laat realiseer.

Tussendeur spat die vonke tussen Frans en Chloë, maar dan is daar ’n spyker in die wiel – Frans raak ook aangetrokke tot Jackie soos hy meer tyd met haar spandeer en ’n hele ander sy van haar leer ken…’n Sy wat sy hart vinniger laat klop…

So, hoe nou gemaak, Frans?

Kyk nou Klein Karoo 2 op DStv Box Office.

Die eerste fliek is op Showmax beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies