Menu terloops
In Wat om te kyk [15 Des 2021]

8 jaar later: ‘Klein Karoo 2’ uiteindelik hier


Wat om te kyk: ‘Klein Karoo 2’, met onder andere Tim Theron en Leandie du Randt in die rolverdeling, is nou eksklusief op DStv Box Office beskikbaar.

Kyk nou Klein Karoo 2

8 jaar later: ‘Klein Karoo 2’ uiteindelik hier
Kyk lokprent

Agt jaar nadat Frans (Tim Theron) sy hart of Cybil (Donnalee Roberts) in die romantiese komedie Klein Karoo (nou op Showmax) verloor het, verbrokkel dié twee se liefdesverhaal en Frans beland vir ’n tweede maal alleen, en met ’n gebroke hart, voor die kansel.

Dis net die begin van die slegte nuus vir Frans – dié 38-jarige dokumentêre filmmaker vind boonop uit dat hy ’n breingewas het.

Maar dan ontmoet hy vir ene Chloë, ’n beeldskone boer (vertolk deur Boer soek ’n Vrou-aanbieder Marciel Hopkins), as hy haar langs die pad teëkom waar sy ’n plaasheining regmaak. Só vind hy uit van ’n rits veediefstalle wat die Karoo-boere se voortbestaan bedreig. Frans se hart is mos op sy mou, so hy begin werk aan ’n nuwe dokkie om dié boere te help.

Bongi (Sisanda Henna), Jackie (Leandie du Randt) en Tarryn (Nicole Fortuin), staan weer bont om die dokkie te laat realiseer.

Tussendeur spat die vonke tussen Frans en Chloë, maar dan is daar ’n spyker in die wiel – Frans raak ook aangetrokke tot Jackie soos hy meer tyd met haar spandeer en ’n hele ander sy van haar leer ken…’n Sy wat sy hart vinniger laat klop…

So, hoe nou gemaak, Frans?

Kyk nou Klein Karoo 2 op DStv Box Office.

Die eerste fliek is op Showmax beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies