Menu terloops
In Sepies [27 Apr 2024]

Jou ‘Arendsvlei’-gids vir Mei 2024


Die Vlei se mense kry hartseer nuus, verhoudings neem nuwe draaie, en Desmond sal moet pasop vir Audrey – ‘Arendsvlei’-kykers kan na dít en nog meer in Mei uitsien. Hier is ons handige kykgids.

Jou ‘Arendsvlei’-gids vir Mei 2024

Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand in Arendsvlei kan verwag.

Woensdag, 1 Mei

Lee-Roy en Devon se verhouding neem ’n nuwe draai. Lionel help Hein om die waarheid te sien. Abigail vind haarself in ’n moeilike situasie.

Donderdag, 2 Mei

Johannes krap vir inligting by Janice. Birdy sukkel om ’n duidelike antwoord uit Hein te kry. Abigail maak vrede met beide Adam en Ivan.

Maandag, 6 Mei

Hein is onseker of hy saam met Birdy kan weggaan. Devon luister na Sasha se raad. Kyle en Beatrice stem saam oor Adam en Abigail. Desmond oorhandig ’n ultimatum aan Janice om vrede te bewaar.

Dinsdag, 7 Mei

Janice oorweeg dit ernstig om Desmond se aanbod te aanvaar. Birdy probeer om Hein te oortuig dat hulle Raalte toe gaan. Abigail en Adam se verhouding raak dieper.

Woensdag, 8 Mei

Janice en die winkeleienaars verloor alle hoop. Hein probeer van ’n gebroke hart herstel. Lee-Roy kry ’n raaiselagtige aflewering.

Donderdag, 9 Mei

Abigail en Adam se band word sterker. Desmond begin die impak van Janice se videos voel. Lee-Roy weet hy sal nooit vrede vind totdat hy die pakkie oopmaak nie.

Maandag, 13 Mei               

Die winkeleienaars kom tot ’n besluit in verband met Desmond se aanbod. Die gemeenskap reageer op die hartseer nuus oor Ronel. Yvette help Hein deur sy hartseer.

Dinsdag, 14 Mei

Bianca vind dit moeilik dat Thys oor Ronel treur. Audrey beskuldig Desmond dat hy ’n swakkeling is. Bompie gee vir Daniel ’n hewige pakslae oor sy inmengery.

Woensdag, 15 Mei  

Desmond sit nog druk op Mortlocks. Yvette en Hein se vriendskap blom. Thys en Bianca neem hulle verhouding na die volgende vlak.

Donderdag, 16 Mei

Thys en Bianca maak ’n onverwagse aankondiging. Beatrice, Lionel en Adam berei vir die matriekkamp voor. Lee-Roy is verbaas wanneer ’n vriendin van Amsterdam in die Vlei opdaag.

Maandag, 20 Mei

Lee-Roy is nie eerlik oor hoekom Anna in die Vlei is nie. Adam kry vir Rachel en Bompie in mekaar se arms. Emile en Sasha het skielik ’n spelerige atmosfeer tussen hulle.

Dinsdag, 21 Mei     

Lee-Roy sukkel met Anna se versoek. Adam se gedagtes is nog by sy ma en die Galant’s. Sasha moeding vir Yvette aan om die dansklas by te woon.

Woensdag, 22 Mei

Lee-Roy strek ’n helpende hand uit na Anna. Bompie hou die matriekkamp-leerlinge dop met ’n bose plan. Devon voel ongemaklik oordat Lee-Roy so geheimsinnig oor Anna is.

Donderdag, 23 Mei

Rachel het die mes in vir Beatrice oor Adam. Devon konfronteer vir Lee-Roy oor Anna. Bompie put genot uit die feit dat hy vir Rachel kan troos.

Maandag, 27 Mei

Devon en Anna leer mekaar ken. Sasha vind haarself in Emile se arms. Rachel sukkel om haar verlies te verwerk.

Dinsdag, 28 Mei

Daar kom ’n wending in Lee-Roy en Anna se verhouding. Kyle ontvang die lykskouer se verslag. Ivan probeer dinge makliker maak vir Abigail. 

Woensdag, 29 Mei

Lee-Roy vertel Devon die waarheid oor Anna se swangerskap. Beatrice besluit om vir Rachel te besoek. Hein is ontsteld wanneer Cornelius belangstelling in Yvette toon.

Donderdag, 30 Mei

Rachel is na aan breekpunt en ondervra Beatrice deeglik. Lee-Roy is onseker oor wat hy moet doen. Sasha en Emile voel mekaar uit.


Arendsvlei is elke Maandag tot Donderdag op kykNET & kie (DStv-kanaal 145, ook op DStv Stream) om 19:30 te sien. Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Mei 2025

Rachelle woeker met haar slinkse planne om Shani te verneder en die matriekafskeid kom al nader. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

‘Diepe Waters’: Dís die storielyne om in Mei dop te hou

Mei bring nie net nuwe wendings nie, maar ook selfontdekking, groei en opwindende moontlikhede in 'Diepe Waters'.

Meer

Redakteurskeuse vir Mei 2025: ‘Bridget Jones 4’, ‘Die brug S2’, ‘Die nuusmakers’ en meer

Wat om te kyk: 'Die nuusmakers', ’n nuwe Afrikaanse drama wat persoonlike en professionele drama in die nuuskantoor in oënskou bring; die gewilde avontuur-realiteitsreeks 'Die brug' se tweede uittog; Tina Fey in 'The Four Seasons', ’n reeks wat raakvat soos min; en Bridget Jones se vierde fliekavontuur – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Mei 2025

Aline se landerye vat vlam terwyl sy nog sukkel om die plaas se skuld te delg. En dan word sy boonop amper vergiftig! Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Mei. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies