Menu terloops
In Gons [20 Aug 2024]

Angie oeh: Dié wyfie se stem leef voort


Die ontslape kunstenaar Angie oeh se onmisbare stem klink op op 14 nuwe liedjies as deel van die universiteitsdrama, ‘Wyfie’, se klankbaan.

Kyk nou 'Wyfie' op Showmax

Angie oeh: Dié wyfie se stem leef voort

Maandag, 19 Augustus 2024 was die eerste herdenking van Angie oeh se tragiese dood op 24-jarige ouderdom aan kanker. Maar hierdie maand sal haar steeds groeiende skare aanhangers haar onmisbare stem op 14 nuwe liedjies as deel van die universiteitsdrama, Wyfie, se klankbaan, kan hoor.

Angie was kort voor haar skielike afsterwe besig om die amptelike klankbaan van die baanbrekende Showmax Original-universiteitsdrama, Wyfie, saam met Peach van Pletzen op te neem. Die klankbaan, waaraan kunstenaars soos Biggie, Early B, Hanna en Jack Parow ook saamgewerk het, is vanaf later hierdie maand op alle goeie musiekplatforms beskikbaar.

“Toe Angie studio toe gekom het en die idees op die mic gesit het, kon ek dadelik voel ons is met iets spesiaal besig,” sê Peach. “Angie se stem is een van die mees diepgaande mooi stemme wat ek al ooit opgeneem het. Om saam met Angie te kon werk, is ’n tyd wat my ewig sal bybly. Ons het haar gedurende die proses verloor, so daar is baie emosie rondom van die musiek. Ek moes meeste van dit voltooi ná sy weg is. Sy het haar stem by my gelos en dís ’n groot geskenk en eer vir my. Sy was baie trots op die werk en ek is ook.” 

Angie was die inspirasie vir Wyfie se titel, asook ’n groot deel van die reeks se houding. Die musiek wat sy en Peach vir Wyfie geskep het, is spookagtig mooi. Om haar as deel van die klankbaan te hê, is vir my ongelooflik waardevol: hartseer en pragtig terselfdertyd.

Johan Cronjé, Wyfie-hoofregisseur

Vollengte liedjies vir Wyfie-klankbaan

Met die ondersteuning van Showmax en Angie se span, het Peach na die studio teruggekeer om die klankbaan in vollengte liedjies te omskep. “Om hierdie liedjies te herbesoek was ’n pragtige, uitdagende en katartiese ervaring,” sê Peach. “Al was Angie nie meer fisiek daar nie, het ek steeds haar sterk teenwoordigheid deur die hele proses gevoel. Dit bring my groot vreugde om uiteindelik hierdie musiek met die wêreld te kan deel.”

Daar is ook ’n dokumentêr gemaak oor hoe die Wyfie-klankbaan geskep is:

Twee enkelsnitte is reeds vrygestel: die danssnit “Fishy Pumpi”, waarop Angie vir die eerste keer in Engels gesing het, en “Kerkmeisie Kyla (Ratata)”, met Jack Parow. Laasgenoemde liedjie is na Kristen Raath se karakter op dié universiteitstelenovela vernoem.

Angie oeh, Wyfie

Onder die ander kunstenaars wat op die klankbaan verskyn, tel Kay Faith en Yesterday’s Pupil.

Benewens die klankbaan, het Showmax ook ’n nuwe musiekvideo vir Angie se kultustreffer, “Dis Jou Wyfie”, vrygestel. Die musiekvideo is deur Homebrew Films, ook die produksiemaatskappy wat vir Wyfie verantwoordelik is, vervaardig. Die reeks se sterre, Beáta Bena Green, Celeste Loots, Kristen Raath en Mienke Ehlers, verskyn in die video. 

“ ‘Dis Jou Wyfie’ was haar eerste enkelsnit,” sê Peach. “Dit is ’n liedjie wat sy self geskryf, opgeneem en vervaardig het. Die snit het ’n kultusaanhang opgebou en is nou al ’n tipe van ’n temalied vir die misfits. Angie het ’n groter impak gemaak as wat mense besef. Die feit dat die reeks Wyfie genoem is, getuig ook daarvan.”  

“Angie was die inspirasie vir Wyfie se titel, asook ’n groot deel van die reeks se houding,” bevestig Johan Cronjé, die hoofregisseur van beide die reeks en die musiekvideo. “Die musiek wat sy en Peach vir Wyfie geskep het, is spookagtig mooi. Om haar as deel van die klankbaan te hê, is vir my ongelooflik waardevol: hartseer en pragtig terselfdertyd.”

Nog hartseer

Die Wyfie-span het die afgelope Donderdag nog ’n hartseer terugslag ervaar nadat een van dié reeks se vervaardigers, Burgert Müller, op sy 63ste verjaardag oorlede is.

“Homebrew Films en die hele Wyfie-span is ongelooflik hartseer oor die skielike heengaan van Burgert, ’n mentor en ’n bron van kennis vir so baie van ons. Burgert was nie net ’n visioenêre, ’n kalm en ervare leier nie, maar ook ’n gerespekteerde lid van ons span. Sy merkwaardige bydraes tot die televisiebedryf, veral in die sepie- en telenovela-genres, het ’n onuitwisbare merk gelaat wat sal aanhou om ons te inspireer. Sy nalatenskap en bydrae tot die bedryf sal ’n blywende impak hê op almal wat die voorreg gehad het om hom te ken,” sê Jaco Loubser, uitvoerende hoof van Homebrew Films.

Nicola van Niekerk, waarnemende hoof van inhoud by Showmax, sê: “Burgert was ’n groot rolspeler in die land se televisiebedryf. Hy het ’n besonderse invloed gehad op almal wat ooit die voorreg gehad het om met hom te werk. Sy afsterwe laat ’n groot leemte in die bedryf waarin hy so ’n enorme rol gespeel het; van reekse soos Wyfie tot M-Net se Egoli. Sy kalmerende houding en die veilige atmosfeer wat hy op elke stel geskep het, gaan ’n reuse-leemte los. Ons innige medelye gaan aan sy geliefdes, familie en vriende gedurende hierdie moeilike tyd.” 


S2 van Wyfie stroom nou op Showmax, met nuwe episodes wat elke Dinsdag vrygestel word.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer

Redakteurskeuse vir Augustus 2024: ’n ‘Eksie Perfeksie’-romkom, beste seisoen nog van ‘Fargo’, en meer

Wat om te kyk: Die tweede seisoen van die epiese TV-vertelling van 'Lord of the Rings', heerlike humor in 'JACKPOT!', die Afrikaanse romkom, 'Eksie Perfeksie' en die ongelooflike historiese drama, 'The Tattooist of Auschwitz', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies