Menu terloops
In Features [11 Mar 2024]

Angelique Gerber: ‘Altyd lig aan die einde van die tonnel’


Sy het al openlik oor haar pyn, uitdagings en teleurstellings in die lewe gepraat en Angelique Gerber laat haar nie onderkry nie. Nou is sy gereed om een van die dae vir 12 ander vroue met hul selfvertroue en innerlike reis te help in die leefstylprogram, ‘Stralend’.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Angelique Gerber: ‘Altyd lig aan die einde van die tonnel’

Kykers het haar destyds leer ken as die borrelende en effens simpel Clara van Roemenië in 7de Laan en toe het sy kupido as die aanbieder van kykNET se gewilde Boer Soek ’n Vrou gespeel. Nou gaan Angelique Gerber saam met die talentvolle en bekende grimeerkunstenaar en stilis, Francois de klerk (beter bekend as Fafa), vir 12 gelukkige vroue help om hul selfvertroue terug te wen en vir hulle sommer ook ’n vars voorkoms op kykNET se splinternuwe leefstylprogram Stralend te gee. 

Sy was ook onlangs te sien op VIA se avontuurprogram, Die uitdaging, waar sy saam met die aanbieder Iana Strydom een van haar vrese in die gesig gestaar het en op ’n angsjaende 4×4-avontuur gegaan het. 

Maar dit is nie net háár bloeddruk wat opgestoot is nie. Haar nuutste karakter, Lucy, het die angs en bloeddruk van kykers van die dramabelaaide telenovela Diepe Waters net so laat styg. Lucy het ’n avontuurlustige persoonlikheid en het haar broer Wim (Neels van Jaarsveld) se gelukkige gesinslewe kom omkrap.  

terloops het met dié aktrise, sakevrou en ma van drie oor haar eie reis van selfontdekking, selfliefde en selfaanvaarding gesels.  

Angelique Gerber

Jy het al genoem dat jy met Stralend mense wil help om die stralende lig binne hulle na vore te bring. Wie help vir jou deur die lewe se hoogtepunte en uitdagings help om jou eie stralende lig aan die brand te hou?

“Ek sou sê, heel eerste, die Here. Hy is absoluut my source of joy, vrede, voorsiening, genade, my krag, my wysheid en my kompas. En dan my ma. My ma is my rots. Ek het wonderlike familie en vriende, maar my ma en die Here is beslis my Fafa en Angelique.” 

Maak nie saak waar in die wêreld jy jouself bevind of waarmee jy besig is nie, wanneer mense jou sien het jy altyd ’n groot glimlag op jou gesig. Voel jy dat jy met elke nuwe hoofstuk van jou lewe nuwe self-ontdekking ervaar? 

“Ek ontdek op ’n daaglikse basis nuwe goed van myself en dit is wat ek wil doen. Ek wil groei, ek wil genees en ek wil myself ontdek. As jy daarvoor oop is, is dit asof die lewe dit meer en meer vir jou bring. Weereens is dit maar ook my geloof wat my optimisties en sterk hou wanneer ek regtig nie lus is om uit my bed uit op te staan nie. My kinders is natuurlik my grootse motivering in die lewe om optimisties te wees. Ek wil ’n voorbeeld vir hulle wees.” 

Dit was baie lekker om jou as Lucy in Diepe Waters te sien. Sy is nogal ’n tough cookie. Jy skrik self nie vir avontuur nie. Hoe was dit op die stel van Diepe Waters en wat het jy van hierdie karakter geniet? 

“Dit was ongelooflik lekker vir my op Diepe Waters. Die cast, crew en regisseurs was wonderlik. Dit was ’n lieflike ervaring. Die rol was uitdagend vir my want sy is so anders as ek – regtig die teenoorgestelde. Maar dit was lekker om uitgedaag te word as aktrise en om weer deel van ’n telenovela te wees. Ek skrik glad nie vir ’n uitdaging nie en ek praat nou nie noodwendig van avontuur nie.’n Uitdaging in die lewe of in besigheid – ja dít gryp ek aan, maar moet my nie uitdaag om van ’n brug te gaan spring of om gevaarlike dinge te doen nie. Dit staan my nie aan nie; ek hou nie daarvan nie.” 

Lucy het alles in Diepe Waters vir Wim en sy familie kom omkrap, die teenoorgestelde van Angelique vir wie die lewe al baie op sy kop kom draai het. Wat van Lucy het jy in jouself gesien en wat van jouself het jy in haar gesien? 

“Ek dink waar ek en Lucy raakpunte het is dat sy eintlik vir mense wil uplift, al is sy so bietjie deur die dinges en lewe sy in haar eie wêreld met haar eie probleme. Sy wil net hê mense moet fun hê in haar presence. Op daardie manier stem ons ooreen. Ek wil die mense in my lewe gelukkig sien en maak. Shame, ek dink net nie Lucy kry dit altyd reg nie. Sy lees nie die kamer mooi nie, maar haar bedoelings is altyd goed. En ek dink my bedoelings is ook goed. As ek nie so besig is nie, dan is ek, soos sy, ook altyd in vir ’n lekker kuier of funksie bywoon, want ek is mal oor mense.” 

Jy het verlede jaar 40 geword. Van jou kinderjare, ma-word, egskeidings en vele besighede, wat sou jy sê is die vier grootste lesse wat jy oor jouself, die liefde, die lewe en jou loopbaan oor die afgelope vier dekades geleer het?

“Eerstens, jy kan nie vir almal gelukkig maak nie, al probeer jy hoe hard. Dit is ook nie jou werk om ander mense gelukkig te hou nie. Jou werk is net om geluk in jouself te probeer vind en om goed vir ander te wees. Dit is maar daai people-pleaser in my wat ek maar op ’n gereelde basis onder beheer moet hou. 

“En dan, natuurlik, gesonde grense. Ek het nie regtig gesonde grense in my lewe gehad nie. Ek het baie vinnig mense vertrou en ingelaat en vinnig my hart gedeel. Ek het verseker daar ’n les geleer en besef dat gesonde grense deel kan wees van jou vocabulary, sonder om enige redes te gee. 

“Nog ’n belangrike les, is dat net omdat ek ’n mamma is, beteken dit nie ek moet perfek wees nie. Daar is nie so iets nie. Almal maak foute. My hart en my bedoelings is om die beste vir my kinders te wil hê. Die dag wat ek foute maak of iets nie reg hanteer soos wat ek graag sou wou nie, stel ek myself gerus dat my bedoelings teenoor my kinders goed en reg is. Ek doen nie dit alleen nie. Die Here is my helper in dit en ek vertrou hom ook met my kinders. Dat hulle regtig in goeie, kind, selfstandige grootmensies eendag gaan uitdraai. 

“Laastens, slegte tye is die tye waarin jy groei en karakter bou. Dit is tydelik en is nie vir altyd nie, al voel ’n mens jy kan nie die lig aan die einde van die tonnel sien nie. Dit kom, moet nooit hoop verloor nie.”


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar. Hou terloops dop vir besonderhede oor Stralend se uitsaaidatums.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies