Menu terloops

Nêrens, Noord-Kaap

Op Showmax [Gepubliseer op 21 Feb 2022]


Die kykNET-reeks, ‘Nêrens, Noord-Kaap’, is nou ook op Showmax.

Kyk nou

Nêrens, Noord-Kaap
Kyk lokprent

Drie vervreemde broers vind die kronkelpad terug na hul ouerplaas in die dorre Noord-Kaap, Nêrens, waar hulle die geheime, hartseer en waarheid oor hul ma se dood moet aanspreek om uiteindelik heling te vind. 

Die storie is gegrond op die gelyknamige verhoogstuk deur Nico Scheepers wat in 2017 sy debuut gemaak het. Dit is sedertdien wyd geloof en Scheepers se omskepping van sy hartroerende verhaal na ’n TV-reeks is iets meesterlik. (Lees Riëtte van der Wat se onderhoud met Scheepers hier.)

Die hoofkarakters word deur dieselfde rolverdeling as in die teaterstuk vertolk met De Klerk Oelofse, Albert Pretorius en Geon Nel as die drie broers Andries, Ronnie en Frans.

Elkeen slaan hul eie koers in ná Ronnie se troue. Frans bly op die plaas agter, Andries reis oor die wêreld heen, en Ronnie is in die Kaap met ‘n kind en ‘n verbrokkelde huwelik.

Dis ’n sameloop van tragiese omstandighede wat hulle aanvanklik uitmekaar dryf.

Dis egter dieselfde tragiese omstandighede wat hulle weer bymekaarbring as hulle genoodsaak word om die wonde uit hul kinderjare aan te spreek in hul soeke na verlossing.   

Frank Opperman is te sien as die broers se pa, Lourens Adendorff, en Tinarie van Wyk Loots as hul oorlede ma, Katja.

Die reeks is reeds vir ‘n tweede seisoen hernu.

Op Showmax vanaf 21 Februarie.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies