Menu terloops
In Sepies [4 Des 2025]

Mila Guy in ‘Suidooster’: Is haar karakter Aiden se groot liefde?


“Dit was lekker om weer ’n bietjie te kon droom, te kon speel en te kon wees,” vertel die aktrise Mila Guy wat onlangs haar terugkeer tot sepieland in ‘Suidooster’ op kykNET gemaak het. 

Mila Guy in ‘Suidooster’: Is haar karakter Aiden se groot liefde?

Mila Guy is al ’n hele ruk lank weg uit die gange van Binneland-kliniek in Binnelanders, maar het pas haar terugkeer tot sepies in Suidooster gemaak. Dié aktrise speel Liné Ferreira, ’n enkelma van ’n 12-jarige dogter, Jenna (Judi Hattingh). Sy het sommer gou die oog van Aiden (Theodore Jantjies) gevang. En ja, daar is ’n nuwe romanse op Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, se horison. 

Suidooster
Daar’s romanse aan die broei tussen Liné (Mila Guy) en Aidan (Theodore Jantjies). Foto’s: Verskaf

Soos dit egter ’n liefdestorielyn in ’n sepie betaam, wag daar ’n kinkel of 12. 

Mila het vir Terloops meer oor haar Suidooster-ervaring vertel:

Hoe sal jy jou karakter Liné beskryf?

“Sy is baie saggeaard. Sy’s ’n sterk mamma, ’n mamma-beer op ’n mooi manier. Dit is sy en haar dogtertjie teen die wêreld. Liné is rêrig ’n sterk vrou, dog saggies. Sy wys net nie maklik haar kwesbare kant nie. Sy’s net ’n mooi, lieflike mens.”

Hoe was dit vir jou om weer jou sepieskoene aan te trek?

“Dit was vir my ongelooflik lekker! Ek is mal oor sepie [as vermaakplatform]. Dis so lekker. Jy gaan elke dag werk toe, jy doen waarvoor jy lief is, jy het ’n passie daarvoor. En jy vertel ’n lekker storie. Ek dink by Suidooster was dit net nog lekkerder, want die mense daar is ongelooflik. By die werk aangekom, het ek sommer dadelik soos familie gevoel. Almal is vriendelik, en dis mooi. 

Suidooster, mila guy
Mila Guy beskryf haar draai as Liné in Suidooster as “’n baie geseënde ding wat hierdie jaar met my gebeur het.”

“Dat ek weer my sepieskoene kon aantrek en weer ’n bietjie saam met hierdie lekker mense kon speel, was ’n baie geseënde ding wat hierdie jaar met my gebeur het. Hulle laat my so goed voel op die stel. Ek het regtig gevoel ek is deel van die span. Hulle laat jou veilig voel en ek het lekker saam met hulle gelag. Dit voel of ek hulle al jare ken. 

“Judi Hattingh (Jenna) wat my dogter speel. . . Dit was net so lekker om saam met haar te speel. En ook saam met Theodore Jantjies (Aiden). Ag, dis die lekkerste span!” 

Wat het jy geniet daarvan om by Suidooster te skiet?

“Dis lekker om met so ’n talentvolle meisie soos Judi te werk. Sy is so jonk, maar tog so inspirerend. Ek dink wanneer mens saam met jongmense werk, besef jy net weer jou liefde vir dit wat jy doen, en ook hoekom jy dit doen. Dis nie net ’n werk nie, dis rêrig ’n mens se droom wat jy lewe.

“Dit was lekker om weer ’n bietjie te kon droom, te kon speel en te kon wees.”


Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies