Menu terloops
In Features [23 Mar 2025]

Kyk nou: Agter die skerms op die stel van ‘Niggies’


FOTO’S: Kom saam met ons agter die skerms op die stel van kykNET se meevoerende nuwe dramareeks, ‘Niggies’.

Kyk nou: Agter die skerms op die stel van ‘Niggies’
Kyk lokprent

In 1966 is twee twaalfjarige niggies, Issie Fourie en Petro Nel, in die rustige dorpie Odendaalsrus in die Vrystaat ontvoer en vermoor. Issie se broer, André, het gesweer om alles in die stryd te werp om die skuldige aan die pen te laat ry – ’n veldtog wat nageoeg 20 jaar sou neem. En nou is dié meevoerende, tragiese ware verhaal deur ’n gedugte span – voor en agter die kameras – in ’n TV-reeks, Niggies, omskep.

Die storie én spelers

Hoewel Niggies se storie in 1966 begin, strek die vertelling oor die 1960’s en 1980’s, met ’n rolverdeling wat ’n versameling bekroonde, veteraan- én nuweling-akteurs insluit. Daaronder tel Beer Adriaanse, bekend vir reekse soos Hotel, in die rol van die ouer André. Die talentvolle nuweling Janru Steenkamp speel die jong André. 

Carel Nel (Koek, Spinners) is kaptein At van Wyk wat die ondersoek lei. Tinarie van Wyk Loots (Dwaalster, Fynskrif) en Jacques Bessenger (Koek, Een keer om die son) speel Issie (Lane Vertue) se ouers, Marie en Dries Fourie.  Neels Clasen (Getroud met rugby, Legacy) en Erica Wessels (Dwaalster, Donkerbos) is Petro (Izebella Louw) se ouers, Henning en Ousus. Petro se ouer suster, Henda, word as 17-jarige deur Anja Taljaard (Juffrou X, Een keer om die son) vertolk. As 35-jarige word sy deur Cintaine Schutte (Dinge van ’n kind, Wyfie) gespeel. Albert Pretorius (Donkerbos, Nêrens, Noord-Kaap,) en Roeline Daneel (Fynskrif, Spooksoekers) is Gustaff en Maks Fouché – familie van die slagoffers.

Die reeks se regie is deur die veelbekroonde Jaco Bouwer, bekend vir flieks soos Gaia en die internasionale trefferreeks Spinners. Niggies is vervaardig deur Wolflight Films, met Roelof Storm (Kanarie, Poppie Nongena) as uitvoerende vervaardiger. Die bekroonde Saartjie Botha en Philip Rademeyer het die draaiboek geskryf.  

Hier is wat agter die skerms op die stel van dié dramareeks gebeur het (alle foto’s deur Wolflight Films verskaf):

Niggies begin Dinsdag, 25 Maart om 20:00 op kykNET en DStv Stream (kanaal 144). Episodes sal ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar wees. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer
Sien alle opsies