Menu terloops

A.P. Bio S1-4

Op Showmax [Gepubliseer op 7 Feb 2022]


Dis tyd vir die nuwe, en ongelukkig ook die laaste, seisoen van die komediereeks, ‘A.P. Bio’.

Kyk nou die volle reeks

A.P. Bio S1-4
Kyk lokprent

A.P. Bio spog met slim-skerp spel van akteurs soos Glen Howerton, Paula Pell en Patton Oswalt.

Dit draai om ’n filosofie-professor (Howerton) wat sy sy droompos by Harvard aan sy aartsvyand verloor en dan met sy stert tussen sy bene na sy tuisdorp moet terugkeer om by die hoërskool biologie te gee.

Maar, sê hy vir die leerders, daar is geen planne om biologie in sy klaskamer te leer nie – hy gaan hulle eerder besig hou met planne om wraak teen dié einste aartsvyand te neem. 

Binge vanaf 1 Februarie.

Die vorige drie seisoene is ook op Showmax beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies