Menu terloops
In Sepies [21 Jul 2024]

Sepievoorskou: Geen kalmte, nét storms


Die dood kom klop weer in ‘Skemergrond’, terwyl verraad ’n bitter pil is om te sluk in ‘Suidooster’ en daar na antwoorde in ‘Binnelanders’ gesoek word. 

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Geen kalmte, nét storms

Dinge is weer deurmekaar op die kassie dié week. Ek skakel natuurlik in vir die drama, spanning en angs, maar elke nou en dan wil ek ook darem glo dat geluk vir ons almal beskore is. Maar ag, dit het ook seker sy eie plek op Disney.  

Hier is waarna kykers hierdie week (22 tot 26 Julie) op Suidooster, Binnelanders en Skemergrond kan uitsien. 

Skemergrond

Die gemeenskap van Gemoedsdrif word hierdie week geruk deur die sterfte van ’n groot steunpilaar in die gemeenskap. Terwyl hierdie skok dood vir meeste ’n tragedie is, is daar iemand na aan die oorledene wat baie verlig is… 

Dit veroorsaak vrywing in een van die gesiene families in Gemoedsdrif. JP (Charlton George) en Jasmine (Khadija Heeger) mag dalk nou weer op dieselfde bladsy wees wanneer dit by hul cash flow kom, maar hulle deel definitief nie dieselfde gevoelens oor hul verlore dogter, Lily (Hildegardt Whites), nie. Jasmine kry uiteindelik ’n blue tick nadat sy sekere inligting met Lily deel en dít gee haar hoop, maar as ek so na sake kyk, lyk dit asof JP baie meer inligting rondom Lily se verdwyning weerhou. 

Gloria (Hunter Plaatjies) word gedwing om vinnig ’n plan te maak anders is daar dalk nog ’n sterfte op Everlasting, want die cardboard gangsters is op ’n mission. Ongelukkig onderskat hulle vir Kevin Johannes (Gershwin Mias), maar dit het vir groot sports en ’n lekker Karate Kid-oomblik gesorg.  

Ek het nie geweet daar is so baie lae aan Ruan Smit (Dann-Jaques Mouton) nie, maar ná hierdie week sien mens ’n ander kant van hom soos dit Fabian (Marunzo Thomas) en Patty (Gretchen Ramsden) betref. 

Skemergrond saai weeksdae om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uit. Dit sal ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar wees.

Suidooster 

Wie nie waag nie, wen nie! Maar soms kom dit teen ’n groot prys soos arme Godfrey (Lochner de Kock) hierdie week moes uitvind. Maak nie saak hoe slim mens dink jy is nie, ’n skelm soos Nazeem (Irvine van der Merwe) is uitgeslaap en laat nie toe dat jy hom vir ’n ride vat nie. Hy hou nog minder daarvan as jy tussen hom en sy geld kom. Maar ek wonder hoe diep in die moeilikheid ou Texas (Donovan Pietersen) gaan wees as Zimpie vir Mymoena (Jill Levenberg) in Lonestar Casino kry? 

Moena kan nou byna die Sassa-lyn sien, want sy blaas geld teen ’n blitsige spoed. Boonop kan sy nie meer met haar eie leuens byhou nie. Nadat iets haar wakker laat skrik, raak sy desperaat vir Gary (Craig Adriaanse) se hulp. Maar hoe lojaal is Gary? En dan is daar natuurlik die hoop dat Mymoena haar gemors gaan los… Maar as daai geldduiwel jou eers byt, is dit maar moeilik. 

Kate (Annelisa Weiland) en Siya (Gantane Kusch) het amper met hul geheim weggekom. Maar dan ontvang hulle nuwe inligting en moet besluit of hulle hulself gaan ontmasker.

Thys (Emile Tredoux) se jaloesie laat hom iets drasties aanvang. In plaas van sy huwelik red, dink ek hy het sopas finaal vir Lisa (Elsje Slabbert) in Aiden (Theodore Jantjies) se arms gestoot. 

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Binnelanders 

Nicolette (Kate Roothman) en die res van die Binneland-span probeer nog sin maak van Steve (Clint Brink) se besluit. Boonop was dit die finale spyker in Nicolette se chirurgie-drome se doodskis. Sy vind egter interessante nuwe gereedskap om haar hande mee besig te hou. 

Tracy (Melinda Viljoen) reël ’n spesiale funksie by Conrad (Hykie Berg) se huis wat sy hoop sal opmaak vir die mylpale waarop hy reeds uitgemis het. Ella (Marlee van der Merwe) en Naomi (Je-ani Swiegelaar) sit vas wanneer dit by LJ (Julian Robinson) kom. But boys will be boys en Louis (Germandt Geldenhuys) vind nuwe maniere om met LJ te bond.

Binnelanders saai op weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook op DStv Stream) uit. Episodes is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.  

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies