Menu terloops
In Lysie-lysie [16 Nov 2023]

‘Suidooster’ is 8! Hier is 8 springmieliefeite oor dié sepie


’n Plaaslike sepiewêreld sonder ‘Suidooster’ is haas ondenkbaar – dis immers vandag dié sepie, met van die grootste TV-sterre in Suid-Afrika as deel van sy rolverdeling, se agtste verjaardag. Lekker verjaar, ou maat!

Stroom Suidooster nou

‘Suidooster’ is 8! Hier is 8 springmieliefeite oor dié sepie

Lekker verjaar aan die uiters toegewyde span van Suidooster, derduisende kykers se gunsteling-sepie.

1

Suidooster is die eerste Afrikaanse sepie wat in Kaapstad verfilm word.

2

Dit het destyds ’n blitsvinnige vyf maande en 15 dae geneem om alles gereed te kry – van die aankondiging op 1 Junie tot die eerste episode wat op 16 November 2015 uitgesaai is.

3

Die Suidooster-ateljee was voorheen ’n Makro-groothandelaar.

4

Die akteurs en produksiespan val reeds soggens 07:30 by die ateljee in en werk tot sowat 19:30 saans.

5

Alistair Izobell het spesiaal twee liedjies vir Suidooster gekomponeer, waarvan een as die temalied gebruik word.

6

Om een episode van 22 minute uit te saai, skiet drie kameras vir ongeveer tien ure elke dag. Dit beteken ongeveer 30 ure se skietwerk word na 22 minute afgesny.

7

Daar is ’n “karakterbybel” vir die reeks en só het elke karakter tot hul eie sterreteken! Denise Newman se karakter, Bridgette October, is ’n Skerpioen!

8

Richard September, wat die geliefde Bennie-karakter speel, is ook een van die sepie se regisseurs.


Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies