Menu terloops
In Lysie-lysie [8 Apr 2025]

Van ‘Suidooster’ se Angie tot ‘Binnelanders’ se Annetjie: Sonder dié karakters sou ons sepies nie kon klaarkom 


Hier is agt karakters wat (meestal) in die agtergrond van ons plaaslike sepies en telenovals boer, maar waarsonder die storie net nie dieselfde sou wees nie. 

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Van ‘Suidooster’ se Angie tot ‘Binnelanders’ se Annetjie: Sonder dié karakters sou ons sepies nie kon klaarkom 

Hulle het dalk nie altyd die grootste storielyne of mees dramatiese storieboë nie, maar hierdie karakters weet net hoe om ’n toneel te steel. Of dit nou deur komiese tydsberekening, oneliners, of bloot hul onvoorspelbaarheid is – dié spelers voeg iets spesiaal tot hul sepies by. Hulle is die draers van hart, humor en menslikheid in selfs die swaarste oomblikke, en só word hulle dan ook dikwels kykers se grootste gunstelinge. Van assistente met skerp tonge tot eksentrieke metgeselle en nosy neighbours met harte van goud – ons plaaslike Afrikaanse sepies sou eenvoudig nie dieselfde  gewees het sonder hierdie onvergeetlike persoonlikhede nie.

Hier is agt karakters wat (meestal) in die agtergrond van ons plaaslike sepies en telenovals boer en waarsonder die storie net nie dieselfde sou wees nie. 

1

Angie (Suidooster)

Suidooster Angie CHAR CARRIE Sepievoorskou
Char Carrie as Angie in Suidooster.

Die nie-amptelike burgemeester van die Suidooster-sentrum, Angie (Char Carrie), se flair vir skinder, mode en alles wat fabulous is, maak van haar ’n ware mood board op bene. Net wanneer dinge te gespanne raak, glip sy in met styl, siel en sass – en laat sy ons dikwels óf skaterlag, óf kop skud. Met haar skerp tong en unapologetic liefde vir ’n sappige stukkie drama, domineer sy elke toneel waarin sy verskyn. Of sy nou iemand uittrap, haar vriende se liefdeslewens probeer regmaak, of net sit en vibe – Angie is vermaak-goud. Sy kan die mees doodgewone oomblikke in ’n dramatiese gebeurtenis omskep – en dís presies hoekom ons haar liefhet.

2

Benny (Suidooster)

Richard September as Benny in Suidooster. Foto: Verskaf

Benny (Richard September) is altyd reg met ’n stout grappie of ’n buite-die-boks-idee wat die spanning in enige toneel kan breek. Of hy nou planne maak, snaakse geluide uiter of selfs net geselsies aanknoop, hy laat jou altyd na sy volgende verskyning uitsien. Benny is die wild card-karakter waarvoor jy nie anders kan as om te lag nie. Almal back hom! Hy’s ook dié ou wat sommer in die middel van ’n ernstige gesprek ’n vreemde opmerking sal maak – en tog maak dit sin. Benny hou dinge interessant en dra by tot Suidooster se warm hart.

3

Bonnie (Binnelanders)

BINNELANDERS SEPIES
Bonnie (Antoinette Modise) hou almal in Binnelanders op hul tone. Foto: Verskaf

Die koningin van eerlike opmerkings en onverwagse humoristiese punchlines, Bonnie (Antoinette Modise) hou Binnelanders se hospitaal en sy personeel op hul tone. Met Bonnie in die gange sal dinge nooit te ernstig wees nie. Haar droë humorsin en perfekte tydsberekening bring verligting tydens die mees intense drama-tonele. Sy’s nie bang om te sê wat almal dink nie – of dit nou vir ’n pasiënt, kollega of vreemdeling is. Bonnie bewys dat humor ’n kragtige teenmiddel vir droewigheid is.

4

Annetjie (Binnelanders)

sepies, binnelanders
Annetjie (Lorraine Burger) is die soort karakter wat jy nie sien kom nie. Foto: Verskaf

Annetjie (Lorraine Burger) is daardie kollega wat alles weet en nie huiwer om dit te sê nie. Sy is ’n bietjie van ’n kantoor-grinch, maar ongelooflik om dop te hou. Sy’s direk, vang jou gereeld onkant, en altyd gereed om die kollig vir ’n oomblik of twee te steel. Annetjie is die soort karakter wat jy nie sien kom nie, maar later kan jy nie die program meer sonder haar daarin sien nie.

5

Henry (Diepe Waters)

Henry Diepe Waters sepies
Jy weet nooit wat volgende uit Henry (Stiaan Bruwer) se mond gaan kom nie… Foto: Verskaf

Henry (Stiaan Bruwer) is die amperse definisie van eksentriek. As ’n permanente gesig langs die swembad, met sy dramatiese gesigsuitdrukkings, vreemde wyshede en spontane sang, verander hy gewone oomblikke in ikoniese herinneringe. Jy weet nooit presies wat hy volgende gaan doen of sê nie – en dít is deel van sy sjarme. Hy’s die ou wat jou raad gee terwyl hy ’n swem-noodle vashou, maar op een of ander manier maak dit skielik sin en neem jy daardie raad ter harte. Henry is dalk nie altyd in die middel van die aksie nie, maar sy teenwoordigheid bly nog lank nadat die toneel verby is . Dit is hoekom hy ’n ware stille toneelsteler is.

6

Pam (Diepe Waters)

Diepe Waters Pam
Pam (Tracey-Lee Oliver) is die tipe karakter wat elke sepie nodig het. Foto: Verskaf

Pam (Tracey-Lee Oliver) is die tipe karakter wat elke sepie nodig het – warm, skerp, net ’n bietjie bitchy en altyd op die hoogte van sake. Haar inmengery voel minder soos skinder en meer soos ’n diens aan die gemeenskap, met verrassende insigte verpak in humor. Pam kry dit reg om onbedoelde komedie in enige toneel te bring. Sy’s daardie tannie wat altyd net ’n bietjie té betrokke is, maar haar hart is op die regte plek. Haar teenwoordigheid balanseer die program se meer intense oomblikke met warmte en komedie.

7

Manny (Skemergrond)

Dirk Stoltz as Manny. Foto: Verskaf

Manny (Dirk Stoltz) is ’n warrelwind van charisma, onvoorspelbaarheid en suiwer vermaak. Hy beweeg dikwels aan die randjie van die hoofstorie, maar wanneer hy verskyn, kan jy nie jou oë van hom afhou nie. Of hy nou dans, planne maak of kriptiese opmerkings maak – Manny bring ’n vonk wat kykers sommer laat regop sit. Hy bring gelyktydig sowel komiese verligting as emosie. Hy is die tipe karakter wat jou vasgenael aan die skerm hou, net sodat jy kan sien wat hy volgende gaan doen. Elke toneel voel net ’n bietjie meer elektries – of chaoties – of albei, as Manny daarin is.

8

Erica (Skemergrond)

Shimmy Isaacs se Erica is nie bang om mense aan te vat nie, en gee elke toneel meer diepte. Foto: Verskaf

Erica (Shimmy Isaacs) se kombinasie van eerlikheid, sass en low-key oordeel verskaf kykers met soveel plesier. Sy is die een wat die waarheid uitblaker in die middel van die drama – en dan wegstap asof niks gebeur het nie. Ikonies! Erica se rol is subtiel, maar haar impak is allesbehalwe. Met haar doodernstige delivery van haar dialoog, sarkastiese aanmerkings en no nonsense-houding, is sy dikwels die voice of reason in Gemoedsdrift. Sy’s nie bang om mense aan te vat nie, en gee elke toneel meer diepte. Erica is ’n bewys dat jy nie altyd hoef te skree om die kollig te steel nie – soms is ’n perfekte oogrol, trek van die mond of skerp opmerking genoeg.


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax. 

Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. 

Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies