Menu terloops
In Wat om te kyk [11 Jun 2025]

Vat vyf! Dis weer tyd vir ‘Wie word ’n miljoenêr?’ op kykNET


‘Wie word ’n miljoenêr?’ gaan weer vir gaar senuwees sorg met Rian van Heerden se uitknikkervrae wanneer dit op eersdaags na die kassie op kykNET terugkeer. 

Vat vyf! Dis weer tyd vir ‘Wie word ’n miljoenêr?’ op kykNET

Die afgelope vier seisoene van die gewilde speletjiesprogram Wie word ’n miljoenêr? het meegevoerde kykers tuis die antwoorde laat uitskree wanneer deelnemers hul kanse in die opmars na die R1 miljoen-vraag verbrou het. So naby, en tog so, so ver… 

En die groot vraag natuurlik: Gaan iemand weer soos in die vorige seisoen met die volle R1 miljoen huiswaarts keer?

Sedert Wie word ’n miljoenêr? vir die eerste keer in 2021 op kykNET begin het, was daar nog net een speler wat die volle R1 miljoen in sy sak kon steek. Dit was Herman Bosman, die blommeboer van George, wat in die twaalfde episode van die vierde seisoen sy laaste hulplyn ingespan het: sy ma. Die vraag vir Herman se R1 miljoen-prysgeld het gehandel oor watter reliek wat in Parys se Notre Dame-katedraal bewaar word, ongeskonde was ná die verwoestende 2019-brand. Ma Vida het gesê dat dit die doringkroon was. Sy was korrek.

Wie word 'n miljoener, Rian van Heerden, kykNET
Rian van Heerden is die aanbieder van Wie word ’n miljoenêr?.

In die nuwe seisoen, wat in Julie begin, is daar ook weer ’n episode met bekendes wat hul algemene kennis gaan inspan om fondse vir liefdadigheid te wen. Hulle is Karlien van Jaarsveld, Dean Smith, Jannie du Plessis, Pietie Beyers, Nicole Holm en Tracey-Lee Oliver. In die tweede seisoen het die akteur en komediant Melt Sieberhagen R250 000 aan die Gift of the Givers gegee. 

Ná afloop van die vyfde seisoen sal daar 201 spelers wees wat weet hoe dit voel om in daai warm stoel te sit. 


Wie word ’n miljoenêr? saai vanaf Woensdag, 2 Julie 2025, om 20:00 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uit. Episodes sal ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar wees. 

Kyk ook seisoen 1-4 op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Augustus 2026

Die waarheid oor ’n dokter lei tot ’n dramatiese wending en Joe is desperaat om vrae oor sy identiteit te beantwoord. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-kykgids vir Augustus 2026

Jacques en Theresa se groot dag breek aan, terwyl Karla en Arno nie tot ’n vergelyk kan kom nie. Hier is waarna 'Diepe Waters'-kykers in Augustus kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir Augustus 2026

Mike maak (weer) droog, Kaashifa vind iets skokkend uit en die Samsodiens sien rooi... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in Augustus kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies