Menu terloops
In Gons [20 Feb 2024]

‘Wie word ’n miljoenêr?’: Jy kan die volgende Afrikaanse miljoenêr wees – skryf in!


Vinnige vingers eerste! kykNET se gewilde vasvraprogram ‘Wie word ’n miljoenêr?’ soek weer deelnemers.

‘Wie word ’n miljoenêr?’: Jy kan die volgende Afrikaanse miljoenêr wees – skryf in!

Soos met die vorige seisoene van Wie word ’n miljoenêr? is daar weer ’n allemintige R1 miljoen op die spel in die nuwe seisoen. Maar dit gaan iemand met ’n goeie skeut algemene kennis verg om al daai rande in die sak te steek en as jy een van daai kykers is wat die antwoorde voor die TV uitskree, is jy dalk net daai iemand. 

Gryp geleentheid aan

Waarvoor wag jy? Gryp die kans! Steek jou banggeit in jou sak en gaan daarvoor, jy’t regtig niks om te verloor nie en jy weet vir seker meer as wat jy dink.

Susan Booyens

Selfs al het jy vantevore probeer, is die deur vanjaar weer oop vir jou om in te skryf. Só kan diegene wat ook al voorheen hul vinnige vingers in die ateljee gewaag het sonder om dit tot by die warmstoel te maak, weer inskryf. Die gesegde lui nie verniet “derde keer is skeepsreg nie” – hierdie is dalk net die geleentheid waar jou miljoen-rand skip eindelik land haal. 

Sedert Wie word ’n miljoenêr vir die eerste keer in 2021 met Rian van Heerden as aanbieder op kykNET begin het, is daar in totaal R5,5-miljoen se prysgeld aan 120 wenners uitbetaal. Tog het niemand tot op hede al die miljoenrandvraag beantwoord nie… 

Die eerste groot wenner wat Wie word ’n miljoenêr? opgelewer het, was in 2022 toe die sakejoernalis en skrywer Theunis Strydom R500 000 in sy sak gesteek het. 

Verlede jaar het die joernalis Susan Booyens presies dieselfde bedrag losgeslaan nadat sy een korrekte antwoord weg van die R1 miljoen was. 

Susan se raad 

Wie Word 'n miljoener?
Amper-amper! Foto: Verskaf

“Waarvoor wag jy? Gryp die kans! Steek jou banggeit in jou sak en gaan daarvoor, jy’t regtig niks om te verloor nie en jy weet vir seker meer as wat jy dink,” sê Susan. 

“Dis ’n groot avontuur en as jy nie die antwoord ken nie, haal diep asem en kyk of jy dit nie kan uitwerk nie, vertrou jou instink en gebruik Rian as klankbord. Dis beslis een van daai gevalle van wie nie waag nie, wen nie – en énige prysgeld is mos ’n lekker bonus.

“En dis heerlik om te sien hoe die ratte van ’n deelnemer se brein so voor jou oë inklik – en indien nie, lag ons almal saam vir die dapper probeerslae. 

“Boonop leer mens heeltyd snaakse feite en bisarre trivia wat jy om die braaivleisvuur met smaak kan oorvertel, en die beste kenners en swemmers sit hoeka altyd aan wal.

“Almal wat kyk wil hê jy moet goed doen, en bewonder jou durf!”

Dus, as jy die vraag-klokkie hoor lui én weet waar die antwoord-klepel hang, weet jy wat om nou te doen.

Hoe werk dit?

  • Mense wat wil inskryf, moet teen 15 Maart 2024 ’n aanlyn algemene kennis-toets op kykNET se webtuiste by www.kyknet.tv voltooi. 
  • Diegene wat na die volgende ronde deurdring, sal ’n telefoniese onderhoud met die vervaardigers kry en ’n tweede algemene kennis-toets aflê. 
  • Deelnemers moet 18 jaar of ouer wees. 
  • Deelnemers sal tydig ingelig word oor die tye waarop hulle beskikbaar moet wees vir opnames.
  • Volledige bepalings en voorwaardes is op kykNET se webtuiste beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
10

Gesinsvermaak: Kyk dié 10 reekse en flieks saam-saam

Van ‘Finding Optel’ en 'The Wild Robot' tot ‘Fuller House’ en 'Een keer om die son' – daar is heelparty TV-reekse en flieks wat jy oor die lang skoolvakansie as gesin saam kan kyk. 

Meer
3

‘Skemergrond’ in Desember: Hou dié storielyne dop

'Skemergrond' se mense beleef ’n stormagtige Desember met van liefde wat blom tot pynlike herlewings uit die verlede. Hier is die storielyne wat jy vandeesmaand moet dophou.

Meer
Sien alle opsies