Menu terloops
In Wat om te kyk [9 Okt 2023]

Wat om te kyk: ‘Son of Critch’, ‘The Fall of the House of Usher’, ‘’n Gids vir Louzanne’, en nog


Wat om te kyk: Die nuwe seisoen van die skaterlag-lekker ‘Son of a Critch’ op Showmax; die gruwelmeester Mike Flanagan se nuutste reeks, ‘The Fall of the House of Usher’; die dokkie ‘’n Gids vir Louzanne’ op kykNET; en die Oscar-wenner Brie Larson in ‘Lessons in Chemistry’ op Apple TV+ tel onder vandeesweek se beste keuses, aanlyn en op TV.

Wat om te kyk: ‘Son of Critch’, ‘The Fall of the House of Usher’, ‘’n Gids vir Louzanne’, en nog

Wat om te kyk op TV en aanlyn te stroom hierdie week – hier is ons top-keuses vir 9 tot 15 Oktober. 

Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.

Son of a Critch S2 

Vanaf 11 Oktober 2023 op Showmax.

In die tweede seisoen van die hartverwarmende en skaterlag-snaaks Son of a Critch, begin die nuwe skooljaar met nuwe uitdagings vir die tiener Mark Critch. Daar’s sy eerste fight, sy eerste bier… en selfs sy eerste paar jeans (wie op aarde onthou hul eerste paar jeans?!). Maar hoe groter geliewe Mark se lewe raak, hoe meer gekompliseerd raak dinge ook. 

Die storie is gegrond op die gelyknamige memoir deur die akteur en TV-skepper Mark Critch en vertel oor sy grootwordjare in die 1980’s as ’n tiener in Kanada se Newfoundland en Labrador. Terwyl Benjamin Evan Ainsworth (Pinocchio) die jong Mark vertolk, is die werklike Mark ook in die rolverdeling as sy pa. Malcolm McDowell (A Clockwork Orange) speel sy oupa.

Die eerste seisoen het volpunte op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes en is reeds vir ’n derde seisoen hernu. 

John Doyle van The Globe & Mail skryf: “In ’n reeks wat probeer om ’n delikate balans tussen humor en hartverwarmende oomblikke te vind, is dit die suiwer pret wat jou vasgenael hou. 

Lottoland help ’n dorp

Woensdae vanaf 11 Oktober 2023 om 21:00 op kykNET en DStv Stream (kanaal 144).

Lottoland help ’n dorp is ’n spin-off van die gewilde reeks Dankie, Lottoland.

In die nuwe reeks, wat aangebied word deur die sangeres en vermaaklikheidster Leah, word 13 dorpe reg oor Suid-Afrika besoek om mense met ’n plan om hul gemeenskap te verbeter te vind – en dan met daardie droom by te staan. Wanneer Leah, wat ook ’n voormalige Boer Soek ’n Vrou-aanbieder is, die gekose dorpe besoek, lei sy hulle aanvanklik om die bos… Terwyl die betrokke organiseerders dink hulle is deel van die oudisie-rondes, is hulle eintlik reeds gekies om deel van Lottoland help ’n dorp
te wees.

kykNET Storiefilms

Saterdae vanaf 20:00 op kykNET en DStv Stream (kanaal 144).

In Oktober is daar nie net herhalings van die gewildste Storiefilms nie, maar ook van die beste kortfilms en dokumentêre wat vanjaar by die Silwerskermfees te sien was.

Vandeesweek, op 14 Oktober, lyk die line-up só: 

Nommer 5, ’n komedie oor ’n familie wat elke jaar op dieselfde plek kamp. Met Marion Holm, Chris van Niekerk, Ludwig Binge en Amalia Uys. Om 20:00.

’n Gids vir Louzanne, ’n inspirerende dokumentêre film oor die paralimpiese-atleet Louzanne Coetzee en die gidse wat deur die jare saam met haar gehardloop het. Om 20:45.

’n Doop om stilte, ’n kortfilm oor Joshua, ’n graad 8-leerling en die aand van sy ontgroening by ’n seunshoërskool. Met Tiaan Luyt, Darren Cloete en Jan Combrink. Dit is as die beste kortfilm by vanjaar se Silwerskermfees aangewys. Om 21:30.

Lessons in Chemistry 

Vanaf 13 Oktober 2023 op Apple TV+ beskikbaar om te stroom. 

Dié reeks, gegrond op die gelyknamige boek deur die skrywer Bonnie Garmus. Die boek, wat in 2022 gepubliseer is, is reeds in sowat 40 verskillende tale beskikbaar. Die gewildheid van die boek, wat etlike weke bo-aan die New York Times se topverkoperlys geboer het, het gou gelei tot die skep van ’n TV-reeks waarin die Oscar-wenner Brie Larson (Room, Captain Marvel) die hoofrol vertolk. 

Die storie speel af in die vroeë 1950’s en volg Elizabeth Zott (Larson), wie se droom om ’n wetenskaplike te wees danksy ’n stifling patriargale samelewing aan skerwe lê. As sy dan van haar werk by ’n lab afgedank word, begin sy ’n nuwe rol as die aanbieder van ’n kookprogram op televisie. Dit word gou veel groter as net ’n “kookprogram” as sy dan vir kykers – vroue én mans – oor meer as net resepte leer. 

Ook in die rolverdeling tel Lewis Pullman (Top Gun: Maverick), Aja Naomi King (How to Get Away with Murder), Stephanie Koenig (The Flight Attendant), en Thomas Mann (Me and Earl and the Dying Girl).

The Fall of the House of Usher

Vanaf 12 Oktober 2023 op Netflix. 

Dié gotiese gruweldrama deur Mike Flanagan is losweg gegrond op die gelyknamige kortverhaal, asook ander werke, deur Edgar Allan Poe. Flanagan is wyd bekend vir sy eiesoortige take op die horror genre en sy vermoë om met min moeite en geweldige gesag, angswekkende stories te skep. Onder sy top-skeppings is die gruwelike treffer Midnight Mass, The Haunting of Hill House en The Haunting of Bly Manor

Met The Fall of the House of Usher het Flanagan weereens iets goddeloos geskep. In sy weergawe van Poe se skrywe draai die storie om die gewetenlose broer en suster Roderick en Madeline Usher. Dié twee het oor die jare ’n reuse-sakeryk gebou. Fortunato Pharmaceuticals is ’n drukkoker van massiewe rykdom en mag,  maar dit als begin verkrummel as verborge geheime aan die lig kom en hul erfgename een ná die ander sterf…

Big Vape: The Rise and Fall of Juul 

Vanaf 11 Oktober 2023 op Netflix.

Juul was op ’n tyd die maatskappy wat die vinnigste groei ter wêreld en in die geskiedenis ervaar het. Deesdae is dit eerder ’n cautionary tale

Netflix se dokkiereeks is gegrond op die boek Big Vape: The Incendiary Rise of Juul deur die TIME-joernalis, Jamie Ducharme. Dit lê oor vier episodes die gebeure bloot wat tot die opgang en sukses van die kleine vaping-toestel gelei het – en ook tot sy ewe vinnige val.

Ook nuut hierdie week:

Vanaf 9 Oktober 2023: 

Chocolate City, Showmax

Daddy’s Home 1 & 2, Showmax

Jan Braai Vir Erfenis S13, Showmax

Oppiestoep S8, Showmax

Shutter Island, Showmax

Stranded with my Mother-in-Law, Netflix 

Vanaf 10 Oktober 2023:

DI4RIES: S2 Deel 1, Netflix 

Last One Standing S2, Netflix

Vanaf 11 Oktober 2023:

Blacklist S10, Woensdae om 21:00 op M-Net en DStv Stream (kanaal 101)

Pact of Silence, Netflix

Once Upon a Star, Netflix 

Vanaf 12 Oktober 2023: 

Angry Neighbours, Showmax

Game of Love, Showmax

Gemini Man, Showmax

Hostel, Showmax

The Hotwives of Las Vegas, Showmax

Op Reis Met My Beste Vriend S1, Showmax

The Visitor, Showmax

GOOD NIGHT WORLD, Netflix

Vanaf 13 Oktober 2023:

Magnum PI S5, Vrydae om 19:00 op M-Net en DStv Stream (kanaal 101)

Ijogbon, Netflix

The Conference, Netflix

Everybody Loves Diamonds S1, Prime Video

Vanaf 15 Oktober 2023:

Camp Courage, Netflix 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies