Menu terloops

Midnight Mass

Op Netflix [Gepubliseer op 4 Nov 2021]


‘Midnight Mass’ is een van 2021 se angswekkendste riller-reekse.

Kyk nou

Midnight Mass
Kyk lokprent

In hierdie minireeks van sewe episodes, vertel Mike Flanagan ‘n verhaal van geloof, geesdrif en gemeenskap met ’n goeie skeut ware vrees.

In Midnight Mass kry ’n kwynende dorpie op Crockette Island nuwe lewe wanneer ’n nuwe priester opdaag en nie net wonderwerke bring nie, maar ook oplossings vir geheime wat al jare reeds by die gemeenskap spook. Maar die dorpsmense besef ook die wonderwerke kom met skrikwekkende voorspellings en tragiese ontdekkings.

In die vrees en terreur wat volg, neem ’n groep dorpsmense hande om ’n einde aan die terreur te maak.

Rolling Stone het geskryf: “Op sy beste, maak Midnight Mass plek vir die bangmaak en die sublieme, die perverse en die persoonlike en die diepsinnige.” Rotten Tomatoes het dit eens dat dit ’n ambisieuse meditasie oor rou en geloof is en dat dit so beeldskoon as wat dit onrusbarend is.

Kyk dit op Netflix.

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer
Sien alle opsies