Menu terloops
In Lysie-lysie [11 Nov 2021]

‘Dexter’: Ons gunsteling-oomblikke uit seisoen 1 tot 8


Televisie se koelbloedige reeksmoordenaar is terug in ’n nuwe, bloederige reeks in Dexter: New Blood. Hier is ons gunstelinge-oomblikke uit die vorige agt reekse. Nou op Showmax.

Deur TVPlus

Kyk nou

‘Dexter’: Ons gunsteling-oomblikke uit seisoen 1 tot 8
Kyk lokprent

Dexter is terug. Met baie bloed op sy hande.

In Dexter: New Blood, wat op die oomblik op DStv stroom, is Michael C. Hall weer te sien as die forensiese deskundige, Dexter Morgan. Dit is tien jaar ná die finale tonele van seisoen 8 en in die nuwe reeks het Dexter vir hom ’n nuwe naam én ’n nuwe lewe in New York gemaak. Maar gaan hy sy moordenaar-drange kan onderdruk? Nuwe episodes van Dexter: New Blood word blitsvinnig weekliks uit Amerika gekry en die reeks sal tot 7 Februarie 2022 beskikbaar wees om te kyk.

Spoiler alert! Moenie ons ses gunsteling-oomblikke uit die vorige agt reekse lees voordat jy nie elkeen van die reekse al gekyk het nie!

1

Glimlag vir die kamera! (Seisoen 1, episode 4)

As daar een ding is wat Dexter (Michael C Hall) baie goed kan doen, is dit om geen emosie te wys nie. Of hy nou kwaad, gelukkig of hartseer is, dit sal nooit op sy emosielose gesig wys nie. Hierdie episode is dus belangrik omdat dit ’n kant van Dexter wys wat hy gewoonlik diep, diep binne homself wegsteek.

’n Terugblik wys hoe sy siek pa vir hom vra om ’n foto van die twee van hulle voor ’n hospitaal te neem. Dexter het nie eintlik enige belangstelling om dit te doen nie, maar hy besef sy pa is besig om te sterf en dat dit moontlik die laaste geleentheid is om ’n foto saam te kry. Hy glimlag effens, die kyker weet dit is aansit, maar dit maak sy pa baie gelukkig.

2

Emosionele IK (Seisoen 1, episode 10)

Dexter het dit reggekry om vir jare as ’n vigilante die reg in eie hande te neem en diegene dood te maak wat hy glo dit verdien. Daar is een rede hoekom hy dit regkry om nie gevang nie te word nie: hy is über-versigtig. Hy laat geen spoor agter nie, hy maak niemand dood sonder om dit haarfyn te beplan nie, en hy doen alles met ’n rede. Wanneer hy Paul (Mark Pellegrino) met ’n pan bewusteloos slaan omdat omdat hy nie hou van hoe Paul sy vrou, Rita (Julie Benz), hanteer nie, is dit buite karakter. Dexter wys sy menslike kant en hoewel hy gruwelike dinge doen, het hy tog ’n sagte hart, veral vir Rita.

3

Hy’s ook maar mens (Seisoen 1, episode 10)

Hierdie seisoen is ’n treffer vir twee redes: Dexter wat vir Rita red en Dexter wat wys hy is tog ’n mens. Terwyl hy op ’n misdaadtoneel werk wat met die Ice Truck Killer (Christian Camargo) te doen het, kry Dexter visioene van ’n baba wat in ’n kamer vol bloed vasgebind is. Dis so erg, dat hy uit die vertrek moet loop. Dit laat ’n kollega opmerk: “It’s nice to see that you’re human after all”.

4

Bruilof-vreugde (Seisoen 3, episode 12)

Dexter is dalk ’n kenner op bloedspatsels in die dag en ’n reeksmoordenaar in die nag, maar hy het ’n hart. Wie beter om hom gelukkig te maak as die vrou wat hom sien vir wie hy wil wees – die gawe ou langsaan? Dexter en Rita trou in hierdie episode en dit is ’n riem onder die hart om hom gelukkig te sien – al is dit net vir ’n wyle. Dit dra ook by tot Dexter se menslikheid. Hy is nou ’n man en pa vir Rita se kinders en Rita is die enigste mens wat hy vertrou om hom die een ding te gee wat hy die heel meeste in die lewe wil hê: ’n biologiese seun.

5

Stil die honger (Seisoen 4, episode 9)

Dexter kom van aangesig tot aangesig met die Trinity Killer (uitstekend vertolk deur John Lithgow wat ons weer in New Blood sal sien) tydens ’n Dankseggingsdag-ete. Dexter was al maande op die Trinity Killer, regte naam Arthur Mitchell, se spoor en ná hy die beeld wat hy versigtig oor 30 jaar gebou het, geanaliseer het, sê hy kil vir hom: “I should’ve killed you when I had the chance”.

Dit is nie sommer dat Dexter sulke gesprekke met sy teikens het nie, wat nog te sê van so ’n sjarmante een soos Arthur. Hoe draai dit uit? Wel, al wat ons kan sê is dat dit snyerig raak…

6

Die waarheid kom uit (Seisoen 6, episode 12)

Dexter se geheim was nog altyd sy eie, maar in hierdie episode vertel hy uiteindelik die waarheid vir die een persoon wat die naaste aan hom is: sy aangenome suster Deb (Jennifer Carpenter). Dit is vir haar ’n skok – sy is immers in die polisie. Sy het nog altyd misdadigers aangekeer het en gesorg het dat hulle kry wat hulle toekom. Deb probeer verstaan hoekom Dexter doen wat hy doen, maar sy bekentenis dryf hulle uitmekaar. As sy nou net die moed gehad het om hom op te sluit…

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies