Hacks S1
Die komedie-dramareeks draai om die legendariese Las Vegas-komediant Deborah Vance en die arrogante, maar down-on-her-luck Gen Z-komedieskrywer wat sy aanstel in ’n poging om relevant te bly as haar gewildheid afneem.
Hacks is vanjaar vir 15 Emmys benoem, onder meer vir beste komediereeks, en Jean Smart (Mare of Easttown) is as beste aktrise vir haar rol as Deborah aangewys. Hacks is reeds vir ’n tweede seisoen hernu en het – wag vir dit – ’n gesamentlike punt van 100% onder kritici op Rotten Tomatoes gekry. Hul konsensus lui: “’n Prikkelende debuut wat nie terughou nie – Hacks balanseer met sorg sy skerp kritiek op die komediewereld met meer intieme oomblikke, terwyl dit die onvergelykbare Jean Smart ’n rol gee wat haar talente waardig is.”
Binge vanaf 1 November.
Domina S1
Domina handel oor die lewe van Livia Drusilla (Kasia Smutniak, Devils), die invloedryke, magtige vrou van die Romeinse heerser Augustus Caesar.
Binge vanaf 1 November.
Palm Springs
Wat ’n wonderlike romantiese komedie om jou hart te vermurwe terwyl jy ook lekker lag. Palm Springs draai om twee vreemdelinge wat by ’n troue in Palm Springs, Florida ontmoet. Die kinkel? Die twee is vas in ’n time loop en die troudag herhaal ad infinitum. Die fliek en sy akteurs – Andy Samberg (Brooklyn Nine-Nine se Jake) and Cristin Milioti (Fargo, How I Met Your Mother) – het ’n hele paar toekennings ingepalm. Lieflik.
Vanaf 15 November.
Alone
Jules Willcox (10,000 Days) is ’n weduwee wat deur ’n bloeddorstige moordenaar in die wildernis gejag word. Alone is ’n meevoerende oorlewingsriller en spog met 90% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes. Die konsensus onder kritici is dat die fliek se “minimalistiese benadering maak die riller ’n aangrpyende, senutergende ervaring.”
Vanaf 1 November.
The Wife S1
Showmax stel sy eerste oorspronklike telenovela bekend: The Wife.
Die storie is geïnspireer deur Dudu Busani-Dube se topverkoper-boek, Hlomu the Wife, en draai om ’n joernalis (Skeem Saam se Mbalenhle Mavimbela) wat op ’n taxibestuurder (Necktie Youth se Bonko Khoza) verlief raak. Sy besef, ongelukkig te laat, dat sy nie nét met hom getrou het nie, maar ook sy geheime.
Op Showmax vanaf 11 November met drie nuwe episodes elke Donderdag om 19:00.
The Edge of Existence
Dié dokumentêre prent is oor die loop van drie jaar in Tanzanië verfilm en neem die konflik tussen mens en dier in die Serengeti onder die loep. Die bekroonde storie se regie is deur die Suid-Afrikaners James Suter en Charlie Luckock behartig.
Terwyl daar deesdae al meer op die dringende behoefte aan natuurbewaring gefokus word, is daar veel minder bekend oor die impak van bewaringspogings op gemeenskappe soos dié in Tanzanië. Hier word plase se oeste deur groot olifantpote platgetrap; andersyds sterf plaasvee, en soms selfs mense, in roofdier-aanvalle.
Die invalshoek is interessant en ryp vir debat. Vanaf 12 November.
Elders: Namibië S1
Die bekroonde joernalis en skrywer, Erns Grundling, neem ons saam op sy reis na die epiese landskappe van Namibië.
Vanaf 29 November.
The United Way
Manchester United is een van die mees ikoniese sportspanne ter wêreld. Tog is hul storie en impak nie tot die sportveld beperk nie. The United Way is ’n storie van beide tragedie en oorwinning – dit vertel immers die verhaal van ’n gemeenskap wat deur ’n gedeelde droom én doel bymekaargebring word.
Die dokkie volg die storie van die klub vanaf sy ontstaan, tot sy hedendaagse bestaan. Die verteller is die sokkerlegende Eric Canton en buiten eksklusiewe beeldmateriaal is daar ook in-diepte, en prontuit gesprekke met spelers soos David Beckham en Ryan Giggs.
Vanaf 20 November.
Influence
Wie besluit wat jy dink? Wie besluit vir wie jy stem? Die dokkie draai om die berugte Bell Pottinger-skandaal, wat gesien het hoe die wêreld se voorste skakelmaatskappy in duie stort nadat sy vuilwerk vir die Gupta-broers in Suid-Afrika op die lappe gekom het.
Die beeldpoetsers se sogenaamde “witmonopoliekapitaal”-veldtog vir die Guptas is wyd veroordeel as oneties en gemik daarop om rasseverdeeldheid te saai. Dis die tipe storie wat jou noop om ondersoek in te stel na die verskeie invloede in jou lewe, veral ten opsigte van jou sosiale media-blootstelling.
Dis ’n ontnugterende oefening, maar soos dié storie dit duidelik maak, bitter nodig.
Vanaf 18 November.
Nog hoogtepunte:
1 November
- The Pursuit of Love
- I hate Suzie S1
- Die Uitnodiging S2
4 November
- Survivor SA: Immunity Island (binge vanaf 4 November)
- Made in Italy
- My Kitchen Party S4
8 November
- The Bang Bang Club
- Once Upon a Time in London
11 November
- The Adderall Diaries
- Monster In My Kas
- Horrible Bosses
15 November
- Between Friends
- Verskietende Ster
- Love Life S2
22 November
- Becoming
25 November
- Duisend Woorde
- In Die Middel Van Nêrens
- The Stand In
29 November
- Dierepraters S1
- The Marksman
Kyk ook dié top-reekse op Showmax
Die handskoene kom af in Succession S3
Die goue reël is: Die man met die goud maak die reëls. Maar eers, die grootse stryd vir dáái goud.
MeerArendsvlei, Egoli en nog: Dié Afrikaanse sepies op Showmax
Dis nou een ding van Afrikaanse sepies – daar is wraggies nooit ‘n tekort aan drama óf skandaal nie.
MeerVier jaar, 11 moorde, een affair
Tarren-Lee Habelgaarn vertel hoe die Showmax-dokkiereeks ‘Devilsdorp’ haar teruggeneem het na haar dae as joernalis toe sy oor die Krugersdorp-moorde berig en die gevoellose getuienis van die beskuldiges uit die hofbanke aanskou het.
Meer