Menu terloops
In Wat om te kyk [2 Mei 2022]

Wat om te kyk op Showmax in Mei 2022


Wat om te kyk op Showmax vandeesmaand: ‘Troukoors’ loop weer hoog, ‘The North Water’ maak sy debuut, en die skreeusnaakse ‘The Righteous Gemstones’ keer terug.

Wat om te kyk op Showmax in Mei 2022

Brothers and sisters, can we get a Hallelujah?! Die mega-beroemde televangelist-familie, die Gemstones, is terug. Hulle preek en bid en doen liefdadigheidswerk like it’s nobody’s business…als terwyl hulle eintlik hul bediening gebruik om hulself te verryk en geraamtes in die kas te hou. Nee, dié mense ken beslis nie van practice what you preach nie. Dis als ontsettend snaaks, terwyl dit ook dien as sosiale kommentaar op die berugte verskynsel van TV-predikers. 

Oscar-benoemde Eric Roberts (The Expendables) sluit hierdie seisoen by die rolverdeling aan, terwyl die veelbekroonde Danny McBride (ook die reeks se skepper, skrywer en uitvoerende vervaardiger), Emmy-wenner John Goodman, Edi Patterson, Adam Devine, Skyler Gisondo en Walton Goggins terugkeer na wat Collider as “een van die beste ensembles in TV-komedie” beskryf.

Seisoen 2 het ’n 88% kritici-gradering op Rotten Tomatoes en die reeks is reeds vir ’n derde seisoen hernu. 

Beide seisoene is nou op Showmax.

The Girl From Plainville

The Girl From Plainville, gegrond op ware gebeure, vertel die verhaal van Michelle Carter, ’n tiener wat vir haar kêrel, Conrad Roy, per SMS aangepor het om sy eie lewe te neem. Elle Fanning (The Great) vertolk die rol van Michelle. 

“Dit slaag daarin om ’n menslike element aan ’n raaiselagtige misdaad te gee sonder om dit opspraakwekkend te maak,” lui die AV Club se resensie. 

Kyk ook die HBO-dokumentêr oor dié saak, I Love You, Now Die: The Commonwealth v. Michelle Carter, op Showmax.

Vanaf 23 Mei. 

The North Water 

The North Water is gegrond op Ian McGuire se bekroonde 2016-roman. Dit speel in 1859 af en volg die oud-weermagchirurg Patrick Sumner (Jack O’Connell), wat as skeepsdokter op ’n walvis-ekspedisie na die Noordpool gaan. Die felheid van die elemente word deur die geweld van sy skeepsmaats, hoofsaaklik Colin Farrell se Drax, geëwenaar. Soos die ware doel van die ekspedisie duidelik word, neem die konflik tussen die twee mans hulle op ’n reis ver van vaste grond af.

Die reeks het ’n 95% kritici-gradering op Rotten Tomatoes, met Globe and Mail wat sê: “Dit is dalk Farrell se beste werk nog. Sy Drax is ’n geloofwaardige monster van ’n man, onbeskaafd in denke en optrede.”

Vanaf 1 Mei. 

The Pembrokeshire Murders

Die BBC-misdaaddrama The Pembrokeshire Murders dramatiseer die werklike 2006-ondersoek na twee onopgeloste moordsake wat met ’n reeks inbrake in die 1980’s verband gehou het. Teen Choice Award-wenner, Luke Evans (The Alienist), vertolk die nuut bevorderde speursuperintendent Steve Wilkins, wat alles insit om die ondersoek te heropen terwyl sy hoofverdagte op vrylating uit die tronk wag.

Die reeks het ’n 82% kritici-gradering op Rotten Tomatoes, met The Guardian wat sê: “The Pembrokeshire Murders is ’n perfekte voorbeeld van hoe om dit goed te doen. Dit is sensitief wanneer dit moet wees, en verloor nooit uit die oog wie gely het nie.”

Vanaf 1 Mei.

Cheaters

Die BBC romantiese komedie-drama, Cheaters, is ’n sexy, morsige komedie oor liefde, moraliteit, monogamie… En hoe die hart, brein en liggaam idiote is wat nooit op dieselfde bladsy is nie.

In hul vierster-resensie beskryf die Financial Times vir Cheaters as “sjarmant…’n oneerbiedige blik op ontrouheid…” met “genoeg geestigheid en onsentimentele teerheid om te verhoed dat jou oë dwaal.”

Vanaf 1 Mei.

National Lampoon Vacation-fliekreeks

Die National Lampoon Vacation-franchise is ’n cult classic wat komedieflieks betref. Die volle reeks is nou op Showmax beskikbaar. Dit sluit in: National Lampoon’s Vacation (1983), National Lampoon’s European Vacation (1985), National Lampoon’s Christmas Vacation (1989), National Lampoon’s Loaded Weapon 1 (1993), National Lampoon’s Vegas Vacation (1997), and Vacation (2015).

Onder die verskillende rolverdelings tel Chevy Chase (Community), Eugene Levy, John Candy, Christie Brinkley, Jane Krakowski, Ed Helms, Christina Applegate, Leslie Mann, Chris Hemsworth, Emilio Estevez, Samuel L. Jackson, Tim Curry and William Shatner. 

Beskikbaar vanaf 23 Mei. 

Troukoors S2

In Showmax se eerste oorspronklike romkom speel Ilse-Lee van Niekerk ’n trouebeplanner, Jessica, wat tussendeur ander se liefdesvieringe ook ’n pasmaat soek.

Blyde Smit (7de Laan) speel Jessica se suster Luca, ’n sagteware-ontwikkelaar wat meer vlot is in die Star Trek-taal, Klingon, as flirt, met Bianca Flanders (Nêrens, Noord-Kaap) as Jessica se biseksuele beste vriendin Abi, ’n professionele bakker.

Ná afloop van die eerste seisoen probeer Luca haar langafstandverhouding met Stefan (Evan Hengst) aan die gang hou, terwyl Jessica en lipafleklekker-sjef, Liam (Christiaan Schoombie) steeds soos duifies koer. Abi is, glo dit of nie, op ’n seks-vas.

Troukoors is deur die kreatiewe duo Louis Pretorius en Albert Snyman van Infinity Films geskep, met Nina Swart as regisseur. 

Binge die tweede seisoen vanaf Donderdag, 5 Mei op Showmax. Seisoen een is ook op Showmax beskikbaar. 

Barakat

Barakat volg die verhaal van die weduwee, Aisha Davids (vertolk deur Vinette Ebrahim), in die rol van die matriarg van ’n Moslem-familie soos haar vier seuns steeds sukkel om die dood van hul pa twee jaar vantevore te verwerk. Zunaid, Zaid, Yaseen en Nur keer terug huis toe om Eid-ul-Fitr te vier (of Labarang soos wat dit in Kaapstad genoem word). Die seuns het nog nie vrede met hulle pa se dood gemaak nie en daar heers konstante konflik tussen hulle. Midde Aisha se pogings om haar gebroke familie te herenig, leer haar seuns ook van haar nuwe verhouding – en verlowing.

In die rolle van die vier seuns is Joey Rasdien (Material), Mortimer Williams (Erfsondes), Keeno-Lee Hector (The Riviera) en Danny Ross (Number 37/Nommer 37). 

Barakat het wel nié die Oscars-kortlys gehaal soos gehoop nie, maar dié verhaal is ses keer oor by die 2022 Silwerskermfees bekroon, waaronder vir beste draaiboek, beste oorspronklike klankbaan, beste aktrise (Ebrahim) en beste vroulike byspeler (June van Merch). 

Jephta het saam met Ephraim Gordon die draaiboek geskryf. Jephta ook die draaiboek van nog ’n veelbekroonde prent, Ellen: The Story of Ellen Pakkies (nou op Showmax), behartig. 

Vanaf 2 Mei. 

Fried Barry

Barry is ’n dwelmverslaafde niksnut wat – ná nog ’n bender – deur aliens ontvoer word. Dan word sy liggaam boonop deur ’n alien beset en dié besluit om op ’n joyride deur Kaapstad te gaan. Wat volg is ’n chaotiese aanslag van dwelms, seks en geweld soos dié buiteruimtelike toeris die vreemdheid van die mensdom ervaar.  

Fried Barry het ’n punt van 80% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes. Den of Geek noem dit “die harde, R-rated weergawe van ET.” Dít terwyl CBR.com voorspel dat “Fried Barry is bestem om ’n kultusfliek te word.”

Dié komedie-gruwelfliek het al talle internasionale pryse gewen, waaronder beste visuele effekte by die Africa Movie Academy-toekennings, asook die gehoorprys by die South African Horrorfest. 

Stroom vanaf 19 Mei. 

New Material  

Tien jaar ná die vrystelling van die SAFTA-bekroonde komedie, Material, is die komediant Riaad Moosa terug in New Material

Spelers soos Moosa, Vincent Ebrahim (The Kumars at No. 42), Joey Rasdien (Barakat, Bunny Chow), Carishma Basday (Tali’s Baby Diary en Denise Newman (Shirley Adams, Suidooster) neem weer hul rolle soos in die eerste fliek op. Schalk Bezuidenhout (Hotel, Kanarie) en Rajesh Gopie (Keeping Up with the Kandasamys) is nuwe toevoegings tot die rolverdeling.

Stroom vanaf 5 Mei. 

Killing Patient Zero 

Killing Patient Zero vertel die verhaal van Gaëtan Dugas, die Kanadese man wat die “gesig van vigs” geword het en verkeerdelik vir die ontstaan van die epidemie geblameer is.

Gaëtan Dugas, ’n openlike gay man, is in die vroeë 1980’s met wat destyds as “gay kanker” bekendgestaan het, gediagnoseer. Só was Dugas ook een van die eerste pasiënte in Noord-Amerika wat met MIV gediagnoseer is. Dugas is egter – nadat hy onder meer bloedmonsters en die identiteite van sy eks-bedmaats verskaf het – verkeerdelik as “patient zero” gebrandmerk met die gevolg dat hy vir die verspreiding van die virus geblameer en vir sy sogenaamde promiskuïteit gedemoniseer is. 

Killing Patient Zero het ’n 100% kritici-gradering op Rotten Tomatoes.

Stroom vanaf 6 Mei. 

Ook nuut op Showmax in Mei:

1 Mei

2 Mei

  • The Corruptor
  • Cradle 2: The Grave
  • Point of No Return
  • Seun
  • I Blew It S4
  • Mzali S2
  • Strangers You Know S1-2 
  • The Bodyguard
  • Till Death

4 Mei

  • Living The Dream With Somizi S5

5 Mei

  • #WeAreDyingHere
  • The Bridges of Madison Country
  • Action Jackson
  • The God Committee
  • Mpho
  • The Woman Who Lives
  • Nights in Rodhanthe
  • Scooby-Doo! The Sword and the Scoob!
  • Split
  • Moominvalley S3

6 Mei

  • Girl Powered: The Spice Girls Story
  • Inside the Mind
  • Lennon’s Last Weekend 
  • Yusuf Hawkins: Storm Over Brooklyn
  • The Real Housewives of Durban S2 Reunion (6 & 13 Mei)
  • Rita Moreno: Just a Girl Who Decided to Go for It (Ed’s choice)

9 Mei

  • Swan Song
  • Eintlik Nogal Baie
  • Gold
  • Murder By Numbers
  • My Kitchen Rules S3
  • Not Everything is Black & White
  • Ready to Rumble
  • She Ball
  • Somer Son
  • Ubizo


12 Mei

  • Every Breath You Take
  • Lights Out
  • Murder at 1600
  • Nexus
  • The Other Side
  • Straight Outta Nowhere: Scooby Doo! Meets Courage the Cowardly Dog
  • The Conjuring (2013) & The Conjuring 2 (2016) 

16 Mei

  • Charming the Hearts of Men
  • The Devil’s Advocate
  • Dumb and Dumberer
  • Forgetting Sarah Marshall
  • Hier Gaan ons Alweer S20
  • An Imperfect Murder
  • Mpali S4
  • A Perfect Murder
  • Prime Circle – Music in Empty Spaces
  • The Ranakas S5
  • American Gangster 

19 Mei

  • A Cinderella Story: Starstruck
  • Finding You
  • Fracture
  • Going the Distance
  • The Intern
  • Silk Road
  • Sonskyn Beperk
  • Van der Merwe
  • The Virtuoso
  • White Wedding

23 Mei

  • Around the World in 80 Days
  • Inspector Sunshine
  • Paradise Cove
  • Spasie S1
  • The Paper Tigers

26 Mei

  • Gran Torino
  • Sully
  • Mad Max: Fury Road (Ed’s Choice)
  • Father’s Day
  • The Incredible Burt Wonderstone
  • The Island
  • Lucky You
  • Mortal Kombat Legends: Battle of the Realms
  • Send it
  • Son of the South 

30 Mei

  • The Avengers
  • Into the Storm
  • The Losers
  • Mortal Kombat
  • The Boss Baby: Family Business

Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer

Redakteurskeuse vir Augustus 2024: ’n ‘Eksie Perfeksie’-romkom, beste seisoen nog van ‘Fargo’, en meer

Wat om te kyk: Die tweede seisoen van die epiese TV-vertelling van 'Lord of the Rings', heerlike humor in 'JACKPOT!', die Afrikaanse romkom, 'Eksie Perfeksie' en die ongelooflike historiese drama, 'The Tattooist of Auschwitz', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies