Menu terloops
In Wat om te kyk [1 Mar 2023]

Wat om te kyk op Showmax in Maart 2023


Wat om te kyk op Showmax vandeesmaand: ‘The English’ met Emily Blunt, ‘Stella Murders’, ’n nuwe Showmax-misdaaddokumentêr, die vierdie seisoen van die TV-juweel ‘Succession’, en nog.

Wat om te kyk op Showmax in Maart 2023

Wat om te kyk op Showmax in Maart – hier is ons top-keuses.

Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.

Stella Murders

Stella Murders is ’n nuwe Showmax-misdaaddokumentêr wat die moorde van hoërskoolleerders Sharnelle Hough en Marna Engelbrecht ondersoek.

Die tragedie rondom die dood van Sharnelle (17) en Marna (16), albei leerders aan die Hoërskool Stella in Noordwes, ontvou hier as ’n 90-minute lange vertelling. Die twee meisies is op Saterdagoggend, 26 Mei 2018, dood in hul koshuis aangetref. Terwyl Marna in ’n badkamer gevind is, is Sharnelle opgehang by die trap gevind. 

Stella Murders se regie is deur David Enright en die vervaardiging deur IdeaCandy – dieselfde span wat die trefferreeks Devilsdorp geskep het. Devilsdorp het in 2022 die SAFTA vir beste TV-dokumentêr gewen en is ná sy plaaslike sukses ook internasionaal versprei. 

Stella Murders sluit onderhoude met Ronnie en Sonja Hough, Sharnelle se ouers, in. Só ook met Stefaans, Rianet, en Riané Engelbrecht, Marna se pa, ma en suster. Kapt. Zagaries Human, die stasiebevelvoerder van die Stella-polisiekantoor, kapt. Markus Ferreira, die ondersoekbeampte, private speurder Chris Saunders en die voormalige staatsadvokaat Johan Smit vertel ook oor hul rol in die ondersoek. Die joernalis Marizka Coetzer wat ons ook in Devilsdorp gesien het, praat oor haar beriggewing oor die saak vir Huisgenoot.

Stroom vanaf 17 Maart op Showmax. 

Sex & Pleasure S1

“Almal het seks,” sê Coconut Kelz aan die begin van Sex & Pleasure se lokprent. “Selfs jou mees konserwatiewe ouma het agt kinders gehad. So kom ons praat daaroor.”

Sex & Pleasure is ’n nuwe Showmax Original-dokkiereeks en aangebied deur die joernalis Romantha Botha, en skrywer, Kim Windvogel. Dié twee het kragte saamgespan om ’n reeks te skep met elke episode wat om ’n ander faset van seks draai, hetsy ouerskap, orgasmes, ouderdom, gestremdheid, sekswerks, romanse, dwelms, en so meer. Die regie is deur Ayanda Duma, wat ook ’n vervaardiger op die Suid-Afrikaanse been van Cara Delevigne se Planet Sex was.

IdeaCandy (Steinheist, Devilsdorp) het die reeks van agt episodes vervaardig.

Stroom weeklikse episodes vanaf Woensdag, 8 Maart 2023, op Showmax. 

Succession S4 

Succession keer terug vir ’n vierde seisoen as die wenner van 13 Emmy-toekennings, waaronder vir beste dramareeks in beide 2020 en 2022. Die nuwe seisoen begin met Waystar Royco amper in die hande van die tech visionary, Lukas Matsson (Alexander Skarsgård). Dís ’n vooruitsig wat eksistensiële angs en verdeeldheid onder die Roys aanvuur – veral omdat hulle heelwat minder belangrik gaan wees as dié deal eers deur is. 

Succession het ’n algehele punt van 97% op Rotten Tomatoes met Buzzfeed wat na die reeks as “die toppunt van televisie” verwys. 

Onder die rolverdeling tel Brian Cox, Jeremy Strong, Kieran Culkin, Hiam Abbass en Sarah Snook. 

Stroom weekliks nuwe episodes vanaf Maandag, 27 Maart. Kyk ook die vorige drie seisoene op Showmax. 

The English 


Die Telegraph het The English, met Emily Blunt in die hoofrol, as die beste reeks van 2022 bestempel. Blunt (A Quiet Place) vertolk die rol van Cornelia Locke, ’n Engelse vrou wat ná haar seun se dood deur wraaksug gedryf word. Op haar reis kruis haar paaie met dié van Eli Whipp (Chaske Spencer). Eli is onderweg na Nebraska om die grond te eis wat hy vir sy diens in die Amerikaanse weermag verskuldig is 

Dié minireeks het ’n punt van 82% op Rotten Tomatoes, met Empire Magazine wat dit beskryf as ’n “grootse, ambisieuse en oorspronklike benadering tot die Western-genre wat die buitengewone skryf- en regievaardighede van die TV-outeur, Hugo Blick, onderskraag terwyl dit ook een van Emily Blunt se beste vertonings nog is.”

Binge vanaf 6 Maart op Showmax. 

Quantum Leap S1

Die kultusreeks Quantum Leap, wat tussen 1989 en 1993 uitgesaai is, word herleef as ’n nuwe span die raaisel rondom dr. Sam Beckett (destyds deur Scott Bakula vertolk) se verdwyning 30 jaar gelede probeer ontsluit. Dr. Ben Song (Raymond Lee) is ’n fisikus wat die taak opgelê word om Beckett se time travel-projek te hervat. Maar dan maak Ben sy eie sprong terug in tyd en, soos Beckett destyds, verander hy die verloop van geskiedenis – en die wêreld – soos hy poog om na die hede terug te keer. 

Dié nuwe iterasie van Quantum Leap is reeds vir ’n tweede seisoen hernu. 

Vanaf 24 Maart beskikbaar om te stroom. 

The Capture S2 

Dis nie aldag wat ’n reeks 100% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes kry nie, maar The Capture se tweede seisoen is een van min TV-juwele wat dit al reggekry het. 

Soos met die eerste seisoen, draai die spil in The Capture se nuwe seisoen om of ons regtig kan glo wat ons sien. Brittanje is onder beleg met die media wat gemanipuleer word en grootskaalse politieke inmenging. In die middel van dié storm is Rachel Carey (Holliday Grainger), ’n speurder wat van ’n nuwe komplot moet sin maak. Maar hoe gaan sy die saak oplos as sy nie eens haar naaste kollegas kan vertrou nie?

Vanaf 1 Maart beskikbaar om te stroom. 

Swimming With Sharks

Die sielkundige drama Swimming with Sharks is geïnspireer deur die gelyknamige 1994-rolprent. Die storie draai om Lou Simms, ’n jong assistent by Fountain Pictures, ’n Hollywood-studio met monsterbase, manipuleerders, skelms en intriges.

Onder die spelers tel Kiernan Shipka (The Chilling Adventures of Sabrina) en Diane Kruger (Inglourious Basterds), Donald Sutherland (The Undoing) en Erika Alexander (Shining Girls). 

AIPT verwys na die reeks as “sexy, skokkend, televisie wat jy nie kan misloop nie.”

Kyk vanaf 10 Maart.

Rise: The Siya Kolisi Story

Rise: The Siya Kolisi Story is ’n diepe, persoonlike nuwe dokumentêr. Dit onthul as’t ware  ’n ander kant van die Springbokke se eerste swart kaptein, wat Suid-Afrika ook tot oorwinning in die rugbywêreldbekertoernooi in 2019 gelei het.

Kolisi sê hy wou so “eg” as moontlik in dié vertelling wees. “Ek wou Suid-Afrika ten toon stel omdat dit so ’n pragtige land is, maar ek wou ook vir kykers wys hoe die township lyk en hoe meer mense in hierdie gebiede moet kom belê. Van my beste herinneringe is uit die township, en dit is die mense in my gemeenskap wat my daagliks motiveer.”

Vanaf 1 Maart op Showmax Pro beskikbaar en vanaf 6 Maart op Showmax. 

Stiekyt 

’n Akteur (Paul du Toit) wat in die geheim by ’n sukkelende fopdosserklub werk, moet veg vir die behoud van sy huwelik nadat sy vrou (Cintaine Schutte)  hom daar betrap. Hy moet ook die optrede van sy lewe gee om agterdog oor die dood van sy kollega uit die weg te ruim.

Rolprentresensente het dié plaaslike fliek beskryf as “Hitchcock ontmoet Almodóvar in ’n Suid-Afrikaanse drag club” en “ ’n film wat dit waag om onbeskaamd eg, in al sy oordrewe, glinsterende glorie, te wees.”

Ook onder die spelers tel Ilse Roos, Jacques Bessenger, Albert Pretorius, Carla Smith en Roberto Kyle. 

Vanaf 31 Maart beskikbaar om te stroom. 

Die Byl S4 

Speurder Piet van der Bijl (Waldemar Schultz) en sy span maak jag op reeksmoordenaars in die briljante senutergende misdaaddrama, Die Byl

Die reeks is geskoei op die ware loopbaan van sekerlik die bekendste speurder in Suid-Afrika, Piet Byleveld. Byleveld het glo ’n 99%-sukseskoers oor sy 38 jaar diens in die Suid-Afrikaanse polisiediens gehad. In Die Byl word die titelkarakter as ’n ewe suksesvolle, selfs briljante, speurder uitgebeeld. 

Die derde seisoen se skokkende finale het kykers van die gewilde kykNET-drama naels laat kou en met ’n helse cliffhanger geëindig.

In die vierde seisoen het ons weer gesien hoe Van Bijl, oftewel Die Byl, hoëprofielsake ondersoek om reeksmoordenaars te laat boet. (Kyk hier na ons lys van die boosaardigste, gruwelikste moordenaars op die reeks.)

Buiten Schultz, sluit die rolverdeling ook vir Lika Berning, Marvin-Lee Beukes, Tertius Meintjies, Eric Nobbs, en Milan Murray in. Deon Lotz, Marius Weyers en Sean Cameron Michael is onder die akteurs wat in gasrolle verskyn. 

Die vierde seisoen is vanaf 2 Maart beskikbaar om te stroom, met die ander drie seisoene ook op Showmax beskikbaar. 

Ook nuut op Showmax in Maart 2023

1 Maart 2023

  • I Love You, You Hate Me
  • My Kitchen Rules S4
  • My Name Is Reeva 

2 Maart 2023

  • Survivor SA S9: Return of the Outcasts
  • 3AM – The Campus 
  • Fierce Cop 
  • Hansel and Gretel: Witch Hunters 
  • Jerry & Marge Go Large 
  • Fireman Sam S14
  • King Tweety 
  • Mntase S2 
  • P.S. I Love You: Phumeza and Shota Wedding Special
  • See for Me 
  • UNEFA S2
  • The Billionaire’s Wife S1 (Showmax Original)

3 Maart 2023

  • Om en Om
  • Leopard Skin S1

6 Maart 2023

  • 30 Greatest Moments – Adele
  • Inside Man
  • Invincible Dragon
  • Munitions Hijacking Case
  • VR Fighter
  • The Batman
  • Ted K
  • Anne Boleyn S1

8 Maart 2023 

  • This Body Works For Me S1 Reunion (Showmax Original)

9 Maart 2023

  • Spencer
  • Dolla 
  • Halloween
  • Teen Titans Go! & DC Super Hero Girls: Mayhem in the Multiverse 

10 Maart 2023

  • Chucky S2

13 Maart 2023

  • Crawlspace
  • Identity Thief
  • Our Perfect Wedding S12 
  • Moja Love classics
  • The Flight Attendant S2

15 Maart 2023

  • The Elon Musk Show 

16 Maart 2023

  • Death Race
  • Schemers
  • The Pebble and the Boy
  • Trick or Treat
  • Scooby-Doo!
  • Sunday Sexy Love S1
  • Take The Night

17 Maart 2023

  • Geduld Is ’n Virtue
  • The Good Fight S6

20 Maart 2023

  • Injustice
  • Miami Vice
  • Bullet Train
  • Adulting (Showmax Original)
  • Monarch S1

22 Maart 2023

  • The Bachelorette S19 
  • Love, Lizzo 

23 Maart 2023 

  • Smile
  • Dangerous
  • Hop
  • Respect the Jux

24 Maart 2023

  • Indemnity

27 Maart 2023

  • Fantastic Beasts: The Secrets of Dumbledore
  • Best Birthday Ever
  • The Royal
  • Mzali Wami S2

29 Maart 2023

  • The Rock and Roll Hall of Fame 2022 Inductions 

30 Maart 2023

  • Spirit: Stallion of the Cimarron
  • Tom & Jerry: Cowboy Up!

31 Maart 2023

  • Glastonbury at 50

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies